EXPLORARBIBLIOTECAREVISTES
CATEGORIES
DESTACATS
EXPLORARBIBLIOTECA
Famosos i Xafardeig
Huisgenoot One Direction

Huisgenoot One Direction

Huisgenoot One Direction

One Direction-koors het Suid-Afrika getref! In Maart en April kom Harry, Liam, Louis, Zayn en Niall al die pad Suid-Afrika toe om drie konserte te hou – en vir volbloed-Directioners is daar nou Huisgenoot se fantastiese One Direction-tydskrif! Lees hoe die groep begin het, alles oor hul liedjies, albums, toere, tatoes, die fliek en natuurlik hope inligting en pretfeite oor elke lid. Daar’s ook ’n 1D-vasvra, pragtige foto’s van die ouens én 24 gratis plakkate!

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
Media 24 Ltd
Llegir Més

En aquest número

7 min.
die one direction storie

WOW! KAARTJIES VIR HUL WHERE WE ARE-TOER IS BINNE VYF MINUTE UITVERKOOP! DIS moeilik om ons ’n wêreld sonder One Direction voor te stel. ’n Wêreld sonder die video vir Best Song Ever, waar jy nie Story of My Life hoor wanneer jy radio luister nie, of waar jy ’n stapel CD’s sien wat nie hul musiek insluit nie. Dit klink aaklig! Maar al wil ons ons nie ’n lewe sonder hulle indink nie, sou One Direction nooit bestaan het sonder die 2010-reeks van The X Factor nie. Die sewende reeks van The X Factor in Engeland is daardie jaar uitgesaai en Niall, Zayn, Liam, Harry en Louis het elkeen op sy eie daarvoor ingeskryf. Hoewel nie al die beoordelaars aanvanklik van die ouens se talent oortuig was nie, het al vyf hul…

2 min.
so lyk die tydlyn

DESEMBER 1991 LOUIS WORD GEBORE. AUGUSTUS 1993 LIAM WORD GEBORE. FEBRUARIE 1994 HARRY WORD GEBORE. JANUARIE 1993 ZAYN WORD GEBORE. SEPTEMBER 1993 NIALL WORD GEBORE. NOVEMBER 2010 DIE OUENS IS DIE EFRSTE KEER NO.1 OP TREFFERLYSTEAS DEFLNEMERS AAN IE X FACTORFINAISTE SE ENKELSNIT HERO. DECEMBER 2010 1D EINDIG DERDE IN THE X FACTOR, MAAR HUL LIEDJIE LEK OP DIE INTERNET UIT. FEBRUARIE 2011 ONE DIRECTION. FOREVER YOUNG (OUR OFFICIAL XFACTORY STORY) VERSKYNE EN DIE OUENS SKOP AF MET DIE X FACTOR LIVE-TOER. JANUARIE 2011 1D TEKEN’N PLATEKONTRAK MET SIMON COWELL EN BEGIN OM UP ALL NIGHT OP TE NEEM. SEPTEMBER 2011 WHAT MAKES YOU BEAUTIFUL, HUL EERSTE ENKELSNIT, WORD UITGEREIK EN GAAN REGUIT NO.1 TOE. NOVEMBER 2011 UP ALL NIGHT, HUL EERSTE ALBUM, WORD UITGEREIK EN 10 TEKEN'N KONTRAK MET COLUMBIA RECORDS. DESEMBER 2011 DIEUPALL NIGHT-TOERBEGIN IN WATFORD, ENGELAND. JUNIE 2012 DIEUPALL NIGHT-TOEREINDIGINORLANDO, AMERIKA. NOVEMBER 2012 TAKE ME HOME, HUL TWEEDEALBUM, WORD UITGEREIK. 23 NOVEMBER WORD TOT…

2 min.
toekennings

2010 The X Factor Derde plek 2011 4Music-pryse Beste Groep, Beste Deurbraak, Beste Video J-14 Teen Icon-prys Icon of Tomorrow 2012 Aria-prys Best Internasionale Kunstenaar BBC Radio 1 Teen-pryse Beste Britse Album, Beste Britse Musiekgroep, Beste Britse Enkelsnit Brit-prys Britse Enkelsnit van die Jaar MTV Kunstenaar van die Jaar MTV Europa-pryse Beste Nuwe Kunstenaar, Beste Groep in die Verenigde Koninkryk & Ierland, Meeste Aanhangers MTV-musiekvideopryse Beste Nuwe Kunstenaar, Beste Popvideo, Video wat die Meeste Verdien om Gedeel te word Nickelodeon VK Kids’ Choice-pryse Gunsteling-nuweling in die Verenigde Koninkryk, Gunsteling-groep in die Verenigde Koninkryk VK-musiekvideoprys People’s Choice-prys 2013 Amerikaanse Musiekpryse Gunsteling-pop/rockalbum, Gunsteling-pop/rockgroep Australiese Opnamebedryf-prys Beste Internasionale Kunstenaar BBC Radio 1 Teen-pryse Beste Britse Groep, Beste Britse Enkelsnit Billboard-musiekpryse Topgroep, Nuwe Kunstenaar van die Jaar, Toppopkunstenaar Brit-prys Global Success MTV Europa-pryse Beste Groep in Noord-Europa, Beste Popkunstenaar, Beste Groep in die VK & Ierland MTV-musiekvideoprys Beste Liedjie van die Somer Nickelodeon Kids’…

2 min.
die ouens vat oor

HET JY GEWEET? One Direction is al benoem vir pryse in so te sê elkeland op die planeet, soos Amerika, Argentinië, Australië, België, Brasilië, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Mexiko, die Filippyne, Singapoer, Spanje en Swede. Daar is beslis meer as genoeg One Directionaanhangers op die aardbol! BRITSE popgroepe smaak nie altyd sukses in ander lande nie. Die popgeskiedenis is besaai met die name van sterre wat ondanks ’n lojale aanhangersbasis in hul eie land dit nooit kon regkry om in Amerika, Australië of waar hulle ook al wou toer goed te vaar nie. En One Direction? Wel, niemand op die planeet kan hulle weerstaan nie! Dit het alles met die Up All Night-toer begin. Nadat hulle vroeg in 2012 vir ’n paar maande deur Engeland en Ierland getoer het, het Simon Cowell…

4 min.
liam payne

KITSFEITE KITSFEITE LIAM JAMES PAYNE GEBORE: 29 AUGUSTUS 1993 GEBOORTESTAD: WOLVERHAMPTON, MIDDELENGELAND SUSTERS: NICOLA EN RUTH HOU VAN: BOKS, DIE FLIEK TOY STORY EN SKILPAAIE WOW! AS LIAM NIE IN ’N MUSIEKGROEP WASNIE, SOU HY ’N BRANDWEERMAN GEWORD HET WA NT HY WOUGRAAG LEWENS RED. ONS HELD! LIAM OP TWITTER: ‘EK KAN NIE GLO HOE GOED DIE ALBUM VAAR NIE. EK DINK NIE EK WAS AL OOIT IN MY LEWE SO TROTS OP IETS NIE. DANKIE ALMAL’ HY IS dalk lid van die gewildste musiekgroep ter wêreld, maar Liam (21) het baie deurgemaak om dit te bereik. Hy is drie weke te vroeg gebore en het baie tyd in hospitale deurgebring, veral nadat dokters ontdek het een van sy niere werk nie behoorlik nie. Hy moes tot 32 inspuitings per dag in sy arm kry. Eina!…

4 min.
zain malik

KITSFEITE ZAIN “ZAYN” JAVADD MALIK GEBORE: 12 JANUARIE 1993 GEBOORTEDORP: BRADFORD IN NOORD-ENGELAND SUSTERS: DONIYA, WALIYHA EN SAFAA HOU VAN: STROKIESPRENTE, TEKEN EN HARRY POTTER ZAYN (22) het vir ’n bietjie verwarring gesorg toe hy die eerste keer op The X Factor verskyn. Nie omdat hy nie briljant was nie (natuurlik was hy!), maar omdat hy besluit het om die spelling van sy naam te verander! Hy het gereken dis oorspronkliker om “Zain”, wat in Arabies “pragtig” beteken, met ’n “y” te spel, wat algehele verwarring veroorsaak het toe koerante en tydskrifte moes uitpluis hoe dit gespel moet word. Maar daar het darem nou al ’n paar jaar verloop en dit lyk of die “y” hier is om te bly. Hy het ook stresvolle kinderjare beleef – hy sê hy was ’n hiperaktiewe kind…