Idees Jan/Feb 2018

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
van die redakteur

In die Winter-uitgawe van ‘ons nuwe Idees’ het ek geskryf oor my tien dae van stilte, en hierdie brief is letterlik die laaste ding wat ek doen voordat ek my tassie begin pak om weer te gaan stil word. Party mense begin hulle jaar met nuwe voornemens, projekte en energie, maar ek kan klaarblyklik nie so lank hou nie. Soos ’n Japanse kintsugi-stuk moet ek die krake van tyd tot tyd gaan toemaak. Uit al die Oosterse kunsvorms – en die filosofie daaragter – is dié goue laswerk my gunsteling. Nie net omdat die keramiekstukke mooier is as vóór hulle gebreek het nie, maar ook omdat dit ons herinner ons kan sterker uit elke slegte situasie opstaan. En daardie is vir my ’n heerlike gedagte so op die vooraand van ’n…

ideesza180101_article_006_01_01
2 min.
medewerkers

Swit serse part ytjiemeisie Julie Gallagher, ’n Suid-Afrikaner wat tans saam met haar man, Liam, en twee dogters, Zara en Bailey, in Switserland woon, trakteer ons vanjaar met haar partytjieblaaie. Dié geoktrooieerde rekenmeester het in 2009 die grys korporatiewe wêreld vir kleur verruil toe sy haar partytjiebesigheid, In Good Company, begin het. Wat eens net aanlyn was, het gou uitgebrei tot drie winkels in Suid-Afrika en Switserland. Die besigheid is intussen verkoop, maar Julie werk steeds as ’n stilis en deel in die volgende paar uitgawes haar flair vir mooi partytjies (sien ‘As padda manel dra’ op bladsy 102) met ons. Volg haar op Facebook (soek ‘Julie Gallagher’) of op Instagram by @swissfamilygallagher. VERF DIE DORP HELDER! Jani Augustyn-Goussard is nie net een van dié Paint & Décor-Goussards nie, sy is ook die…

ideesza180101_article_008_01_01
5 min.
teken dít aan

Januarie GAUTENG 1 Januarie: Nuwejaarsdag 11 Desember-8 Januarie Woon die beginnerskursus ‘Painting Made Easy’ by waar jy basiese skildermetodes en -tegnieke sal leer. Dit word by die Pretoriase Nasionale Botaniese Tuin gehou en kos R455 per persoon. Vir meer inligting bel 079 496 5407 of stuur ’n e-pos na gideonslight@gmail.com . 10 Januarie Leer by ’n kursus by die Design Quarter-inkopiesentrum in Sandton hoe om Lindt-sjokoladetruffels te maak. Dit begin om 6 nm. Meer inligting: chocolatestudio.co.za . 13 Januarie Vanilla Bean Cafe in Benoni bied ’n versierkursus aan waar jy stap vir stap sal leer om kleinkoekies te versier. Dit word van 1-4 nm. gehou en kos R450 per persoon. Besoek sensationalsuga.co.za vir meer inligting. 17 Januarie: Skole heropen 20-21 Januarie ’n Magdom produkte en dienste vir jou troue is op die spyskaart by die Memoire Wedding Festival wat by Memoire…

ideesza180101_article_010_01_01
1 min.
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Groente Aartappels, aspersies, beet, blaarslaai, botterskorsie, eiervrug, groenboontjies, knoffel, komkommer, kool, mangetout-ertjies, murgpampoentjies, pampoen, patats, pietersielie, radyse, rape, sampioene, seldery, soetmielies, soetrissies, spinasie, tamaties, uie, wortels. Vrugte Appelkose, appels, bessies, druiwe, granate, grenadellas, kiwivrug, lietsjies, mango’s, nektariens, pere, perskes, piesangs, pruime, pynappel, spanspek, suurlemoene, turksvye, vye. Kruie Basilie, dille, grasuie, marjolein, ment, origanum, pietersielie, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, tiemie, vinkel, witlof. Blomme Affodille, agapante, amarante, angeliere, anthiriums, aronskelke, asters, barbertonse madeliefies, bottelborsels, calalelies, floksies, freesias, gousblomme, hiasinte, inkalelies, irisse, kantblomme, krisante, laventel, madeliefies, Oosterse lelies, (sekere) proteas, pronkridderspore, ranonkels, ridderspore, rose, sewejaartjies, sonneblomme, strelitzias, swaardlelies, tjienkerientjees, tulpe.…

ideesza180101_article_012_01_01
5 min.
op jou leeslys

diana@ideasfactory.co.zaTAKEALOT.COMLOOT.CO.ZA Handwerk 365 days of art – Lorna Scobie (Hardie Grant Books, R245) Dié joernaal is ontwerp om lesers en groentjiekunstenaars te help om hul kreatiwiteit te voed en hul gevoelens deur middel van die kunsmedium te verken. Dit bevat aktiwiteite vir elke dag van die jaar – van eenvoudige opdragte soos om vorms en lyne te teken tot meer uitdagende take soos kalligrafie, skryf en om te teken wat jy sien. Verder bevat die boek inspirerende aanhalings en allerlei positiewe oefeninge wat jou sal help om na te dink oor jou kreatiewe vaardighede én dit uit te brei. Dit is ’n pragtige boek wat jy altyd sal koester en ook ’n kragtige stuk gereedskap om positiewe veranderinge teweeg te bring. Découpage jou tuiste – Fransie Snyman (Metz Press, R225) Découpage is een van die gewildste handwerktegnieke…

ideesza180101_article_015_01_01
1 min.
mooi op instagram

@ELSIEDEAR Suid-Afrika Die kunstenaar en Idees-medewerker Elsbeth Eksteen se kreatiwiteit ken geen einde nie. Sy hekel, borduur, maak klere en speelgoed, teken, skilder én gebruik die mooiste kleurkombinasies in haar handwerk. @NATHALIE_LETE Parys, Frankryk Nathalie Lété se gebreide en lapspeelgoed, klere, juweliersware, keramiekware en poskaarte is ’n absolute inspirasie. Haar ontwerpe kom uit ’n blommewêreld bewoon deur fabelagtige wesens. @CAKEOPERACO Toronto, Kanada Alexandria Pellegrino is ’n koek-kunstenaar. Haar liefde vir die Rococo-era en weelderige versierings kom tot uiting in haar fantasmagoriese troukoeke en ander gebak.…

ideesza180101_article_017_01_01