Idees July/Aug 2018

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
van die redakteur

Die winterkoue het inderdaad sy tande begin inslaan hier in die Kaap en dis met redelike stywe vingers dat ek hier skryf. Ou huise is vol sjarme wat ek net nog nooit kon weerstaan nie, maar glo my – die dik mure hou elke bietjie son en hitte buite. Om hier ’n snoesige hawe te skep moet ek beslis gaan vuurmaakhout koop. Maar dit doen ek met graagte, want ons lang artikel oor die huis as ’n hawe op bladsy 34 het direk aan my siel kom raak. Ek was nog altyd een wat tevrede in my omgewing moet voel om my beste voet voor te kan sit vir die wêreld daarbuite. As die huis omgekrap is, voel ek omgekrap en as daar ’n vuurtjie knetter en my mense en hondjies…

f0006-01
5 min.
teken dít aan

creativecalendarideas@gmail.com Julie 17 Julie Skole heropen 18 Julie Nelson Mandela-dag WES-KAAP 24 Junie-26 Augustus Die wynplaas Delheim buite Stellenbosch hou elke Sondag ’n Jazz-enkaasfonduedag. Kaartjies kos R450. Bespreek by Webtickets. 29 Junie-1 Julie & 6-8 Julie Gordonsbaai hou sy Winter Wonderland Festival of Lights oor twee opeenvolgende naweke. Op die program is ’n straatparade, kermis, kostrokke en kuns-en-handwerkstalletjies. Besoek winterwonderland.co.za. 29 Junie-8 Julie Die Knysna Oesterfees spog met meer as 100 sport-, leefstyl- en vermaakitems vir die hele gesin. Besoek oysterfestival.co.za. 9 Julie-5 Augustus Die Jive Cape Town Funny Festival by die Baxter-teater is ’n toonvenster vir die heel beste plaaslike en internasionale komedietalent. Soek ‘Jive Cape Town Funny Festival’ op Facebook vir die jongste inligting. 14-15 Julie Franschhoek vier weer Bastilledag met wyn en kos, musiek en markte. Meer inligting: franschhoekbastille.co.za. 20-21 Julie Vat die winterkoue vas by die Soetes & Sop-fees wat by wynkelders…

f0009-01
1 min.
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Kruie Grasuie, kappertjies, laventel, lourierblare, marjolein, meerjarige basiliekruid, ment, origanum, perdeblom, pietersielie, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, tiemie, vinkel. Groente Aartappels, aspersies, beet, blaarslaai, blomkool, boer-boontjies, broccoli, brusselse spruite, ertjies, komkommer, kool, krulkool, lemoenpampoentjies, pampoen, patat, preie, radyse, rape, sampioene, seldery, soetrissies, spinasiebeet, sprietuie, tamaties, uie, witwortels, wortels. Vrugte Appelliefies, appels, avokadopere, grenadellas, kiwivrug, koejawels, koemkwats, lemmetjies, lemoene, lukwarte, nartjies, papajas, piesangs, pomelo’s, pynappel, suurlemoene. Blomme Affodille, anemone, angeliere, aronskelke, banksias, barbertonse madeliefies, bergbruidjies, dwerg-barbertonse madeliefies, erikas, freesias, gipskruid, goueroede, gousblomme, heide, inkalelies, irisse, kangaroepote, kardinaalproteas, koningsproteas, krisante, leeubekkies, Leucadendrons, mundiproteas, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkertjies, pronkridderspore, ranonkels, ridderspore, sintjosefslelies, soetemaling, speldekussings, stokrose, strelitzias, tjienkerientjees, tulpe.…

f0010-01
5 min.
op jou leeslys vir julie/augustus

diana@ideasfactory.co.za Fiksie Dors – Marinda van Zyl (Tafelberg, R280) In die loop van 1876 kom verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Maricoriviere aan met die idee om na Damaraland te trek – ’n land wat hulle net uit die stories van jagters ken. Om daar te kom moet hulle ’n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek. Die magstryd tussen die voormanne van elke groep om die hoofleier te wees laat die trek op ’n ramp afstuur, lank voor hulle die Dorsland binnegaan. Aan die ander kant wag ’n land vir mense wat uit hardekool se hout gesny is. ’n Land vir mense wat die dood kan vat en kan doodmaak sonder om ’n oog te knip. Selma en Louise – Susan Coetzer (H&R, R295) Selma Barnard staan in ’n…

f0013-01
1 min.
mooi   op instagram

@CORNEL_STRYDOM Pretoria, Suid-Afrika Cornel Strydom, kreatiewe siel, Idees-medewerker en vrou van eindelose talente, inspireer duisende op haar Instagram-blad. Sy het ’n groot liefde vir hekel, en deesdae ook permakultuur op hul nuwe Karooplaas. @NOSTALGIETEXTILES Centurion, Suid-Afrika Letitia du Toit se mooi gedrukte lap laat jou terugverlang na volksliedjies, kinderspeelgoed en TV-helde uit vervloë dae. Nostalgie, ’n liefde vir kleurryke patrone en woorde vind alles uiting in haar ontwerpe. @DONNASMITHDESIGNS Shetland, Skotland Die breiliefhebber Donna Smith wissel foto’s van die beeldskone (koue!) landskap af met dié van hoe sy haar wêreld snoesig brei. Sy kleur haar eie wol in die mooiste skakerings en ontwerp al haar patrone self.…

f0015-01
4 min.
maksi-mooi

www.bureaux.co.za ‘Ontwerp is ’n voortdurende uitdaging om ’n balans te vind tussen gemak en luuksheid, en prakties en begeerlik,’ het die Amerikaanse modeontwerper Donna Karan op ’n keer gesê. En dié wonderskone woonstel in Seepunt, Kaapstad, is die ideale voorbeeld van hoe ’n mens dié balans eksieperfeksie kry. Met ’n vloeroppervlak van slegs 138 m² is dit beslis nie ’n grootte wat enigiemand wat ’n gesinshuis soek, ernstig sal oorweeg nie – laat staan nog dit gaan besigtig of koop! Maar natuurlik is Michael Udell, uitvoerende hoof van die digitale advertensieagentskap Punk, en die entrepreneur Carin Dean-Wales nie wat ’n mens ‘gemiddeld’ sal noem nie… Vir hulle was die fisieke grootte van die woonstel nie naastenby so belangrik nie soos die natuurlike lig wat die blyplek binnevloei danksy vensters wat noord, wes en…

f0022-01