Idees Nov/Dec 2018

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
van die redakteur

Hier is ons al weer! Aan die stert-ent van nog ’n jaar en besig om die weke af te tel na ons welverdiende blaaskans. Dis weliswaar vanjaar effe korter vir diegene met kinders op skool, wat my laat wonder of iemand in die onderwysdepartement dieselfde inligting as ek onder oë gehad het oor hoe lank en hoe gereeld ons behoort te rus (bladsy 118). Gaan kyk, dit sal jou sommer ook help om totaal sonder skuldgevoel van werk te vergeet en boonop lekker lank te slaap. Maar eers is daar die jaarlikse beplanning vir Kersfees. Ek skryf hierdie brief aan die einde van September, maar alreeds vanoggend in die gim het ek geluister hoe die middeljarige man op die trapmeul langs my vir sy instrukteur vertel van die drama oor waar…

f0006-01
4 min.
kersmarkte in november & desember

26 OKTOBER-3 NOVEMBER Moenie Eunice High School in Bloemfontein se jaarlikse Kersmark misloop nie: eunice.co.za. 30 OKTOBER-2 NOVEMBER Maak ’n draai by die Delmas-Kersmark, wat in die saal van die Hervormde kerk in Sarel Cilliersstraat gehou word: Soek ‘Delmas Kersmark’ op Facebook. 31 OKTOBER-1 NOVEMBER Die Christmas Country Fair vind plaas by Collisheen Estate in Ballito: thechristmasfairfund.co.za. 31 OKTOBER-10 NOVEMBER Doen jou Kersinkopies by die Crafter’s Fair-Kersmark in Moreleta Park, Pretoria: craftersfair.co.za. ELKE SATERDAG IN NOVEMBER & DESEMBER Die Irene Village-Kersmark word by The Big Red Barn in Olifantsfontein, Midrand, aangebied: irenemarket.co.za. 7-11 NOVEMBER Die Constantia Gift Fair word by die SA Riding for the Disabled Association in Constantia gehou: thegiftfair.co.za. 10, 24, 25 NOVEMBER & 1 DESEMBER Loer in by The Little Field Mouse Market in die Randridge Mall, Randburg: randridgemall.co.za. 20 NOVEMBER-18 DESEMBER Besoek die…

2 min.
teken dit aan

creativecalendarideas@gmail.com November WES-KAAP 27-28 Oktober, 3-4 November Besoek 15 skouspelagtige tuine en koop plante by die jaarlikse Elgin Open Gardens: elginopengardens.co.za. 30 Oktober-4 November Kamers/Makers – ’n fees van ontwerp, handwerk, kuns, musiek, kos en wyn – vind plaas op Blaauwklippen, Stellenbosch: kamersvol.com. 3 November The Colour Splash Festival word op Rawsonville tussen die Paarl en Worcester gehou. Kaartjies: quicket.co.za. 3 November Trek iets pienks aan en geniet vonkelwyn en kos by die Paul René Party by Wonderfontein op Robertson. Kaartjies: webtickets.co.za. 3-4 November The Leisure Isle Festival ten bate van liefdadigheid word op Knysna gehou: leisureislefestival.co.za. 16-18 November Die Greyton Artwalk word by verskeie plekke op Greyton aangebied: greytonartwalk@gmail.com of 082 495 4019. 18 November Die Cape Town Toy Run-motorfietsrit samel geld vir liefdadigheid in: toyrun.co.za. 23-25 November Werksessies en klasse, idees, resepte en lekker inkopies wag by The Dessert Expo by die Kaapstad-stadion: dessertexpo.co.za. OOS-KAAP 26-28 Oktober Port Elizabeth…

1 min.
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Groente Aartappels, artisjokke, aspersies, blaarslaai, blomkool, eiervrug, ertjies, groenbone, knoffel, komkommers, mielies, murgpampoentjies, pampoen, patats, pietersielie, preie, radyse, sampioene, skorsies, snybone, soetrissies, spinasie, tamaties, uie, wortels. Vrugte Aarbeie, appelkose, avokado’s, kersies, koejawels, lietsjies, mango’s, nektariens, papajas, perskes, piesangs, pruime, pynappel, rabarber, spanspek, suurlemoene, vye, waatlemoen. Kruie Basilie, dille, grasuie, lourierblaar, marjolein, ment, origanum, roosmaryn, salie, tiemie, vinkel. Blomme Agapante, angeliere, anthuriums, Barbertonse madeliefies, dwergangeliere, flaminklelies, (sekere) fynbos, geelklokkies, gousblomme, hanekam, inkalelies, klokblomme, kreefkloue, krisante, laventel, lisianthus, madeliefies, nieskruid, papierblomme, (sekere) proteas, ridderspore, rose, satynblomme, sewejaartjies, somerasters, sonneblomme, swaardlelies, tjienkerientjees, veronicas.…

f0012-01
6 min.
op jou leeslys

(diana@ideasfactory.co.za) Fiksie Aankoms en vertrek – Pat Stamatélos (Umuzi, R230) Bailey keer sewe maande nadat haar ouers wreed vermoor is, terug uit Engeland, waar sy al ses jaar woon, na Suid-Afrika. Sy was op wittebrood toe haar ouers dood is en haar opvlieënde broer, Zak, verwyt haar dat sy nie vir die begrafnis teruggekom het nie. By die huis vind sy dat Temperance steeds daar woon en soos altyd getrou na die huis omsien terwyl sy ’n las van haar eie het om te dra. Bailey en haar kinderliefde, Adam, het ook onopgeloste kwessies. En dan is daar die groot vraag: Hoekom het haar pa daardie onheilsnag geweier om die kluis oop te maak? Stamatélos se nuwe boek sal haar lesers nie teleurstel nie. Sy het ’n kenmerkende styl waarmee sy ’n ligte…

f0013-01
1 min.
mooi op instagram

@INGTHINGS Amsterdam, Nederland Ingrid van Willenswaard is ’n liefhebber en beoefenaar van hekel-, brei-en inkleurwerk. Op haar prentjiemooi Instagram-blad deel sy haar kreatiewe wêreld in vrolike pastelkleure. @THEKATETIN Kaapstad, Suid-Afrika Kry ’n glimps van Katelyn Allegra se passie vir soetgebak, koek, lekkers, sjokolade en poeding op haar Instagram-blad. Met haar mooie foto’s verlei sy elke soettand in en om die Kaap. @MARENTHE Den Haag, Nederland Marenthe Otten kombineer haar liefde vir kleurvolle karakters en blomme in haar speelse illustrasies. Haar Instagramblad is pure inspirasie, prentjie vir prentjie.…

f0015-01