Idees May/June 2019

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
van die redakteur

Reis was nog altyd een van die groot plesiere in my lewe. Of dit nou ’n dag lange (en deesdae al hoe duurder) tog na ’n ver land behels of ’n langpadrit deur die Karoo, reis maak my gelukkig. Dis die uitsien vooraf (blykbaar vir baie mense die beste deel), die reëlings, die pak, die reis én die bestemming – alles vorm deel van ’n pakket wat eenvoudig my hart laat sing. As ek boonop vir ’n opwindende einddoel kan reis – nog beter. So is ek in middel Februarie, met lae klere byderhand om my uit die Kaapse somer die Europese winter in te neem, Duitsland toe. Ná lang onderhandelings het die eerste van twee toetsuitgawes van Idees op 20 Februarie daar op die rakke verskyn, en watter tipe ma…

f0006-01
5 min.
teken dit aan

saamgestel deur LARA FOREMAN creativecalendarideas@gmail.com Mei 1 Mei Werkersdag 8 Mei Stemdag 13 Mei Moedersdag GAUTENG 20-22 en 26-28 April Gee jou oor aan die geure en kleure van Portugal by die Lusito Land Festival in Alewynspoort. Op die spyskaart is onder meer volksdanse, vermaak en heerlike kos. Meer inligting: lusitoassociation.org.za. 24 April-4 Mei Die Suid-Oos-geskenkmark word by die Nederduits Hervormde kerk in Witbank gehou. Maak ’n draai vir handwerk, dekor en kos te kies en te keur. Soek ‘Geskenke Mark’ op Facebook 26 April-1 Mei Die beste trots Suid-Afrikaanse handgemaakte produkte is te koop by Kamers/Makers, wat tussen 9 vm. en 5 nm. by St David’s Marist Inanda in Sandton gehou word. Meer inligting: kamersvol.com. 1 Mei Die Brooklyn Square Rooftop Antique Fair, voorheen bekend as die Melrose Museum Antique Fair, is nét die plek om versamelaarskatte uit te snuffel. Soek ‘Brooklyn…

f0010-01
1 min.
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Kruie: Grasuie, knoffelgrasuie, lourierblare, marjolein, ment, origanum, pietersielie, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, tiemie, vinkel. Groente: Aartappels, artisjokke, aspersies, beet, blaarslaai, blomkool, broccoli, brusselse spruite, ertjies, groenbone, jerusalemartisjokke, komkommer, kool, krulkool, lemoenpampoentjies, murgpampoentjies, pampoen, patats, preie, radyse, rape, sampioene, seldery, skorsies, soetrissies, spinasie, tamaties, uie, witwortels, wortels. Vrugte: Appelliefies, appels, avokado’s, koejawels, lemmetjies, lemoene, nartjies, papajas, pere, piesangs, pomelo’s, pynappel, suurlemoene. Blomme: Affodille, angeliere, aronskelke, asters, barbertonse madeliefies, goudroede, gousblomme, Ierse klokkies, inkalelies, irisse, kangaroepote, konfettiblomme, kreefkloue, krisante, leeubekkies, nerinas, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkertjies, pronkridderspore, (sekere) protea- en fynbosspesies (insluitend speldekussings, heide en erikas), ridderspore, rose, seehuls, sintjanskruid, sintjosefslelies, soetemaling, sonneblomme, strelitzias, tjiekerientjees, tulpe, veronicas, vilette.…

f0012-01
5 min.
op jou leeslys

Handwerk Modern quilting – Michael Caputo (Cico Books, R260) Tallose nuwe en toegewyde liefhebbers van kwiltwerk is deesdae op soek na moderne, innoverende maniere om hul vaardigheid in dié antieke handwerkvorm te oefen en toe te pas. Indien jy nog ’n beginner is, wys dié boek jou hoe om iets eenvoudigs soos ’n sitplekkussing of plekmatjies aan te pak. Vir diegene wat vir ’n meer uitdagende projek gereed is, is daar volgrootte kwilte waar jy jou kreatiwiteit kan uitleef met die keuse van materiale en kleure. Dan die skrywer se spesialiteit: ’n kwilt wat aan die verkeerde kant net so asemrowend is soos aan die regte kant. Die boek bied al die patrone wat jy nodig het, met ’n afdeling oor tegnieke asook stap-virstap-illustrasies om jou deur die proses te neem. Kos Duinhuis…

f0013-01
1 min.
mooi op instagram

@WOODLUCKER Minneapolis, VSA @SAMMYSHEPPARD_ART Mosselbaai, Suid-Afrika @ME_AND_SIMONE Nederland…

f0015-01
7 min.
nuwe dinge

Eendag op ’n reëndag Kikker die eerste reënerige herfsdag op met hierdie English Country Gardenreënjas van rosehipdesign. co.za. Dit kos wel R990, maar dit is heeltemal waterdig en jy gaan soos ’n elegante blomtuin lyk! ONSKULDIGE DRANKIES Drankies wat geen (of baie min) alkohol bevat nie, word al hoe gewilder omdat verbruikers toenemend hulle gesondheid en welstand eerste stel. As jy jou gewig dophou of net ’n laealkohol- alternatief soek, is Van Loveren se Almost Zero die perfekte keuse. Dié tintelvars, smaaklike sauvignon blanc spog met appel-, lietsjie- en ligte sitrusgeure en bevat 75% minder kilojoules as ’n normale glas wyn. Almost Zero kos R65 per bottel en is beskikbaar by handelaars landwyd. GESONDE VEL = MOOI VEL Debbie Wolfendale, wat reeds meer as 30 jaar in die kosmetiekbedryf werk saam met die beste kenners…

f0016-01