Idees May/June 2020

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

Llegir Més
País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

3 min.
van die redakteur

Dis selde nodig dat ek my hele brief aan julle moet oorskryf. En totaal ongehoord om te sien hoe ons drukkers se deure sluit voordat ons ons nuutste Idees in hulle bekwame hande kan aflewer. Hoe die verspreiders se groot lorries geparkeer staan eerder as om ons wyd en syd voor die winkels af te laai. Dit is twee dae voordat ons ons almal moet afsonder en ek sit hier in my tuiskantoor en lees hoe almal voorberei vir WFH (Work From Home). Nuwe stelsels, nuwe maniere van kommunikeer en vergader, en glo ’n moeilike ding vir die millenniërs wat mos maar kuddediere is en nie graag op hulle eie wil wees nie. Aanvanklik het ons span normaalweg voortgegaan. Ons werk immers al ’n hele paar jaar lank elkeen van sy…

f0006-01
8 min.
nuwe dinge

💮 NUWE WINKELS, DEKOR EN HANDWERK dala@ideasfactory.co.za 💮 KOS EN RESTAURANTE ideasmagazinefood@gmail.com NUWE KLEURE UIT ITALIË Die Italiaanse RVB-velsorg-en-grimeerreeks is bekend daarvoor dat dit besonder velvriendelik en veilig is. Dit bevat geen parabene, swaar metale, dierprodukte of gluten nie en is boonop vegan-vriendelik. Die reeks bestaan onder meer uit die RVB Into The Woods Eyeshadow Palette (R595) met vier poeieroogskadu’s in ’n mat en pêrelglans-afwerking in natuurlike kleure; die RVB Infinite Nature Highlighter (R570), ’n 3D-verligter wat die gesig ophelder en stralend met ’n gesonde gloed laat vertoon; die RVB Eye Pencil (R250) met ’n sagte tekstuur wat nie die ooglid sal verrek nie; en die RVB Velvet Matt Liquid Lipstick (R310) met ’n mat afwerking en intense kleur wat tot 12 uur kan hou. BRAAI & BROU Die nuwe Patiala Brew & Q-konseprestaurant is…

f0010-07
5 min.
blomtuin vir binne

Een ding omtrent Laurence Amélie staan soos ’n paal bo water: Sy is mal oor die natuur, wat ook die hoofbron van inspirasie vir haar kuns is. Laurence se leefvertrek lyk kompleet soos ’n tuin in volle blom danksy haar reeks lieflike skilderye wat óf teen die mure hang of nonchalant op die vloer teen die muur ‘rus’. Boonop het dié huis in die landelike buitewyke van Parys ’n menigte stories om te vertel omdat dit al vir meer as ’n halfeeu in haar familie se besit is. ‘My ouers was jong skilders toe hulle die eiendom in 1958 gekoop het. Die opstal was ’n ou plaashuis met dik klipmure en hulle het gedink die ander geboue in die tuin sou perfek wees om as ateljees in te rig. Natuurlik sou…

f0018-01
2 min.
nie-so-perfek perfek

LOS STOELOORTREKSEL Niks nooi jou hartliker om te kom sit as ’n groot, sagte leunstoel nie. Ons het ons oortreksel oor die stoel getrek met die rafelrande aan die buitekant om tekstuur te gee, maar jy kan dit ook met die nate na binne oortrek. MOEILIKHEIDSGRAAD: gevorderd TYD: ’n dag Gebruik ’n ou laken of ander goedkoop materiaal, of doodgewoon papier, om eers ’n proefoortreksel te maak. Plaas dit op die stoel, pas dit oor die verskillende dele en knip dit soos jy aangaan. Speld die dele ook so aan mekaar vas. Wanneer jy tevrede is dat die oortreksel pas, gebruik die geknipte dele as jou patroon om die oortrekseldele uit stewige linne- of katoenmateriaal te knip en aan mekaar te stik. Stoeloortreksel deur Terena le Roux BÊRESAK Hou al jou naaldwerkgoed byderhand met ’n sak…

f0029-01
1 min.
onegalige teëls

MOEILIKHEIDSGRAAD: redelik gevorderd TYD: ’n dag JY BENODIG ♥ terracottateëls (ons s’n is 250 x 250 mm) ♥ krytverf in die kleur van jou keuse (ons het wit gebruik) ♥ onderlaag (opsioneel) ♥ verfkwas ♥ teëlsnyer 1 Verf die teëls met krytverf. As jy die teëls gaan aanbring op ’n plek wat dikwels gebruik word, wend dan liefs eers ’n onderlaag aan. Laat die teëls vir omtrent 24 uur droog word voordat met die volgende stap begin word. 2 Wanneer die teëls goed droog is, sit ’n teël in die teëlsnyer en keep al met die middel af ’n snylyn in. Druk die teëlsnyer af om die teël op die ingekeepte lyn te breek. 3 Neem een helfte van die teël, draai dit sywaarts en sit dit in die teëlsnyer. Keep dit in en sny…

f0032-01
4 min.
koel kaskenades

FRANSE SJIEK Met nuwe pote met mooi kurwes en ’n laag blinkswart lakvernis kan jy binne dae nuwe lewe blaas in ’n ou winkelkas. Ons kas was ’n ligbruin melamien-nommer sonder pote toe ons hom in ’n tweedehandswinkel raakgeloop het. Net die spieël agterin en die art deco-styl groewe langs die deur het ’n mens nader gelok. MOEILIKHEIDSGRAAD: gevorderd TYD: 2-3 dae Maak eers die nuwe pote aan die kas vas en skuur dan die kas en pote af voor jy dit met ’n laag onderlaag verf. Wag tot dit behoorlik droog is voordat jy ’n eerste laag swart drupvrye sproeivernis oor die onderlaag aanspuit. Laat dit staan om heeltemal droog te word en spuit dan nog ’n laag aan. Herhaal die proses tot die kleur eenvormig solied is. Onthou, met dié kas…

f0035-01