Idees December 2016

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
van die redakteur

Mense gebruik graag die uitdrukking dat iets soos kindergeboorte is – ongeag jou vaste voorneme om dit nooit weer te herhaal nie, vergeet jy mettertyd daarvan en voor jy jou oë uitvee, doen jy dit weer. Vir my was die twee jaar sedert my vorige Kers-huismooimaaksessie saam met my peetkind Anelle nog nie heeltemal ver genoeg in die verlede om te vergeet nie en ek het sommer vroeg al laat weet: Kom ons hou dit dié keer eenvoudig en kuier net rustig saam. En om dit so maklik as moontlik te hou, voeg ek toe by die tema vanjaar is sommer net wit. Wel, fout nommer een was om die woord ‘tema’ te gebruik. Vir ’n kan-niestilsit-nie-selfdoenfanatikus is hierdie woord soos ’n rooi lap vir ’n bul. Of wit lap in dié…

ideesza1612_article_004_01_01
4 min.
jou kalender vir desember

GEREELDE MARKTE • FRESH2U-BOEREMARK Maak ’n draai by dié mark in Modderfontein, Gauteng, wat op die eerste en laaste Saterdag van die maand van 8 vm. tot 2 nm. gehou word. Vir die feestyd is hulle ook op 3 en 10 Desember oop. By die meer as 80 stalletjies kan jy enigiets van ontbyte, vars produkte en handgemaakte kase tot keramiek, plante en dekor koop. Die kleingoed kan ook kuns- en handwerkprojekte probeer. Soek ‘Fresh2U Farmer’s Market’ op Facebook. • CENTURION FAMILY MARKET Vat ’n piekniekkombers saam of voer die eende terwyl die kinders die treinritte, springkasteel en sandkuns geniet. Die mark spog met sjiek artisan-kos en uitgesoekte plaaslik vervaardigde handwerk. Loer in van 10 vm. tot 3 nm. op die eerste en derde Sondag van die maand. Gedurende die feestyd word daar op…

ideesza1612_article_006_01_01
1 min.
dís in seisoen in desember

GROENTE: Aartappels, artisjokke, blaarslaai, eiervrug, groenbone, knoffel, komkommers, mielies, murgpampoentjies, pampoen, patat, pietersielie, radyse, sampioene, skorsies, soetrissies, spinasie, tamaties, uie, wortels. KRUIE: Basilie, dille, grasuie, lourierblaar, marjolein, ment, origanum, roosmaryn, salie, tiemie, vinkel. VRUGTE: Kersies, lietsjies, mango’s, nektariens, papaja, perskes, piesangs, pruime, pynappel, rabarber, spanspek, suurlemoene, vye, waatlemoen. BLOMME BESKIKBAAR IN DESEMBER: Agapante, amarante, angeliere, anthuriums, barbertonse madeliefies, calla-lelies, hanekamme, inkalelies, keelkruid, krisante, laventel, Oosterse lelies, oranjebolle, (sekere) protea- en fynbossoorte, ridderspore, rose, seehuls, sewejaartjies, sonneblomme, swaardlelies, tjienkerientjees, uieblomme.…

ideesza1612_article_008_01_01
3 min.
leesgoed vir desember

Dekor, koS & LeefStyL Annie Sloan paints everything (Cico, R299) Met verf kan jy enige oppervlak in jou huis totaal verander. Dié boek sal jou nie net wys hoe om nuwe lewe in mure en meubels te blaas nie, maar jou ook tegnieke leer om vloere, lap, beligting en nog baie meer op te kikker. Leer meer oor druk-, stensil-, verguldings- en oordragwerk, hoe om materiaal te kleur, die meeste uit die Annie’s Chalk Paint-reeks te put, kleure te kombineer vir verskillende style en patrone met die vrye hand te teken. Die koekiefles – Lisa Clark (Struik Leefstyl, R200) Dié resepte vir beskuitjies, koekies en beskuit is op tuisbakkers gemik en daar is iets vir almal – van ou gunstelinge soos sjokoladesplinterkoekies, spoggerige tuiles en soutbeskuitjies tot glutenvrye en vegan-opsies. Jy hoef nie ’n…

ideesza1612_article_010_01_01
4 min.
nuwe dinge

IETS MOOIS VIR DIE KAGGEL Hou die kleingoed gelukkig met prettige Kersversierings soos dié Kersvader-Adventkalender (R229,99) en takbok met serp (R399,99), albei beskikbaar by MRP Home-winkels landwyd. BLOMVARS Charlotte Rhys se groot reeks produkte –van lyfsorg-, bad- en mansprodukte tot geursproei vir die huis – is die ideale Kersgeskenke. Dié bottel Atmosphere-kamersproei in die geur Spring Flowers kos R211,50 en is beskikbaar by Charlotte Rhys-winkels of aanlyn by charlotterhys.co.za. Vrolike styl Kikker jou klerekas op met die spatsels helder kleur en vrolike patrone wat deel vorm van Lou Harvey se somerreeks. Dit sluit in dié nuwe JoJo-handsakke van R869 elk asook ’n veelsydige grimeersak met kurwes, ’n grimeersak met twee ritssluiters en ’n Long Tom-koelsak – net mooi betyds vir al frescosomeretes en kuiersessies in die son. • Doen aanlyn inkopies by louharvey.co.za. BORRELENDE KERSFEES Probeer een…

ideesza1612_article_012_01_01
4 min.
prentjiemooi

‘Ons het getrou vir ’n huis,’ vertel Amanda Swanepoel en sy en Francois lag uit hulle maag. ‘Die plataanbome wat hier so oor die pad groei, het my só na Stellenbosch laat verlang dat ek aanmekaar moes terugkom. En toe verras Francois my en sit ’n aanbod in Ons moes toe blits-… vinnig trou om te kan intrek! ‘Om dinge nóg doller te maak het ons ’n redelike groot berekeningsfout gemaak en hou toe net R3 000 van ons troubegroting oor. Met die gevolg dat ons sommer in die dominee se huis getrou het, net ons ouers gaan groet het en toe saam met die pelle gaan partytjie hou het.’ Die huis is die spookhuis genoem, vertel hulle. Dit was omtrent heeltemal toegegroei. Gelukkig is die twee nie bang vir werk nie en…

ideesza1612_article_016_01_01