Idees January 2017

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
totsiens

Ek het nog altyd geglo as daar een gegewe in die lewe is, is dit dat dinge verander. In ons wêreld van tydskrifte behoort dit in vet letters bo-aan jou lysie van persoonlikheidseienskappe te staan: ‘Ek hanteer verandering goed.’ Of dalk selfs: ‘Ek verwelkom verandering met ope arms.’ Want hier verander dinge vinnig. Binne net tien jaar moes ons leer klaarkom met minder as ’n kwart van die mense as wat ons voorheen gehad het, ons hou markte, maak selfdoenvideo’s, gee ’n weeklikse digitale nuusbrief uit, bly daagliks in kontak op sosiale media én ons het onlangs ons eie televisiereeks, ’n Ster vir my bed, getakel. En ek kla nie, want dis alles opwindend en nuut en hoofsaaklik heerlik. Niks soos ’n uitdaging om ’n mens jonk en op jou tone…

ideesza1701_article_004_01_01
4 min.
jou kalender vir januarie

WES-KAAP 6-7 Januarie Die L’Ormarins Queen’s Plate word by die Kenilworth-renbaan in Kaapstad gehou. Tof jou op in blou en wit en neem deel aan die kompetisie vir die besgeklede paartjie of die beste hoed. Geniet heerlike wyn en kos asook ’n partytjie ná al die perdepret. Kaartjies by Computicket, of besoek lqp.co.za vir meer inligting. 10, 17, 20 & 31 Januarie Begin die nuwe jaar op ’n kreatiewe noot en skryf in vir een van Ginger & Lime in Fresnaye se kookkursusse, wat insluit Mediterreense cuisine, seisoenale somerkos, maklike onthaalkos en Thaise geregte. Die kursusse kos R650 per persoon en sluit resepte en drankies in. Meer inligting: gingerandlime.co.za. 12 & 13 Januarie Leer om brood te bak saam met die sjef Pieter de Jager by Leopard’s Leap buite Franschhoek – van rogbrood,…

ideesza1701_article_008_01_01
1 min.
dís in seisoen in januarie

GROENTE: Aartappels, aspersies, beet, blaarslaai, botterskorsie, eiervrug, groenboontjies, groenmielies, knoffel, komkommers, mangetout-ertjies, murgpampoentjies, pampoen, pietersielie, radyse, sampioene, seldery, spinasie, soetrissies, tamaties, uie, wortels. VRUGTE: Appelkose, bessies, druiwe, grenadellas, kiwivrug, lietsjies, mango’s, nektariens, pere, perskes, piesangs, pruime, pynappel, spanspek, suurlemoene, turksvye, vye, waatlemoen. KRUIE: Basilie, dille, grasuie, marjolein, ment, origanum, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, tiemie. BLOMME BESKIKBAAR IN JANUARIE: Agapante, amarante, angeliere, anthuriums, asters, barbertonse madeliefies, calla-lelies, hanekamme, inkalelies, kantblomme, krisante, laventel, madeliefies, Oosterse lelies, rose, sewejaartjies, sonneblomme, swaardlelies.…

ideesza1701_article_010_01_01
2 min.
leesgoed vir januarie

HANDWERK & LEEFSTYL One ball of wool (DK, R198) Met net een bol wol, katoen of sy kan jy enige van die magdom modieuse breien hekelpatrone in hierdie boek voltooi – van hoede, serpe, kopbande en handskoene tot sakke, speelgoed en bykomstighede soos mandjies en oorgooidekens. Omdat jy vir elke projek net een bol wol nodig het, en danksy die duidelike aanwysings én ’n spesiale seksie oor tegnieke, sal selfs beginners die projekte binne ’n paar uur kan kafdraf. Makliker kan dit nie. Dekoratiewe kuns – Angie Franke en Monique Day-Wilde (Metz Press, R210) Dié boek bevat die gewildste projekte uit Kitskuns, Slimkuns en Blitskuns en verduidelik tegnieke wat enigeen kan baasraak om oorspronklike kunswerke te skep. Leer hoe om op verskeie oppervlakke met van akriel- en olieverf tot kraakvuller, sement en sand moderne…

ideesza1701_article_012_01_01
2 min.
blogs van die maand

chocolateforbasil.com ‘As die titel van Jerrelle Guy se blog nie klaar jou mond laat water nie, sal die kosfoto’s beslis daarin slaag,’ skryf The Improper Bostonian. Jerrelle se lewensmaat, eric Harrison, is ’n vegetariër en sy gebruik die blog om haar kosavonture en -eksperimente soos patatsamoesas en rou suurlemoenmeringuetert met borrie aan te teken. ‘Voeg daarby haar foto’s en jy het die perfekte bestanddele vir die versameling watertand resepte op haar blog en elektroniese nuusbrief.’ theshabbycreekcottage.com Jy sal Gina Luker gewoonlik met ’n boor in die een hand en ’n skemerkelkie in die ander aantref terwyl sy tussendeur blog. Sy is verslaaf aan koffie, polkakolle, rocksterre, Instagram en akwa in al sy gedaantes. Gina en haar man is sedert 2009 besig om die huis waarin sy grootgeword het, oor te doen. Vanweë ’n…

ideesza1701_article_013_01_01
5 min.
nuwe dinge

Trap mooi Ons kan nie ophou staar na dié pragtige skoene nie! Chocolaticas word ontwerp deur die Venezolane Carolina Aguerrevere en Pablo Martinez en word gemaak van ‘geheueskuim’ (memory foam), wat beteken dis duursaam én wasbaar. Tilla & Jacob, ’n dekorwinkel in Kroonstad, is die alleenverspreider in Suid-Afrika. • Maak ’n draai by Hillstraat 20 of besoek tillaenjacob.co.za om jou gunstelingpaar te koop. BEPLAN JOU JAAR Hierdie jaarbeplanner-cumnotaboek wat jy enige jaar kan gebruik, sal jou help om jou lewe in orde te kry, en danksy die 12 maande sonder spesifieke datums kan jy dit letterlik enige tyd van die jaar begin gebruik. Die binneblaaie is ontwerp om minimalisties en elegant te wees met hope ruimte waar jy kan skryf, teken of in detail beplan. Die blommekunswerk op die voorblad is ontwerp deur…

ideesza1701_article_014_01_01