Idees July 2016

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,58 €(IVA inc.)
19,68 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
van die redakteur

Ek onthou nog kristalhelder die kombuise van my jeug. My ouma Lena se plaaskombuis met sy houtbalie vol koue water en die reuk van suurdeeg wat heeloggend daar gehang het. En ouma Hester se kombuistafel waar ons tot laataand sit en luister het na spookstories tot ons te bang was om te gaan slaap. Ook ons kleintyd-kombuis waar ons in ’n behoorlike produksielyn gestaan het om my ma te help koffiekoekies uitrol. ’n Kombuis moet behoorlik wérk. In my lewe was dit altyd ’n kuierplek, so sitplek is belangrik. Dan is daar ook genoeg ruimte nodig vir opkap, vir deeg uitrol en ’n veilige plekkie vir die kok se wynglas. En dan moet dit natuurlik mooi genoeg wees sodat almal daar wíl wees. Toe ek begin verlede jaar my nuwe kombuis begin…

ideesza1607_001_001_004_VanDieRedakteur_0
3 min.
jou kalender vir julie

MARKTE • Franschhoek Village Market Maak Bastillenaweek (16-17 Julie) ’n draai by die mark onder die historiese eikebome in Franschhoek se hoofstraat. Val weg met speken-eierrolletjies of smoothies vir ontbyt, koop piekels, konfyt, olywe en olyfolie vir die spens, en proe die plaaslike wyne en boetiekbier. Daar is ook plante, kuns en leer- en ander handgemaakte produkte te koop met musiek en vermaak vir die kinders. • Vir nog inligting, soek Franschhoek Village Market op Facebook, bel 082 786 7927 of besoek franschhoek.co.za. • Mingle at Menlo Market Ontspan elke Saterdag vanaf 11 vm. tot 5 nm. saam met vriende en familie onder die akasiabome by die Mingle at Menlo Market in Umgazistraat, Menlopark, Pretoria. Toegang is gratis. Teug aan ’n boetiekbier en lê weg aan roosterkoek, pannekoek en ander heerlike eetgoed. • Vir…

ideesza1607_001_004_008_JouKalenderEnLe_0
1 min.
dís in seisoen in julie

Kruie: Lourierblaar, marjolein, ment, origanum, pietersielie, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, tiemie, vinkel. Groente: Aartappels, beet, beetspinasie (Swiss chard), blaarslaai, blomkool, boerboontjies, broccoli, brusselse spruite, ertjies, kool, lemoenpampoentjies, pampoen, patat, preie, radyse, sampioene, seldery, soetrissies, sprietuie, tamaties, uie, witwortels, wortels. Vrugte: Appelliefies, appels, avokado’s, grenadellas, kiwivrug, koejawels, koemkwat, lemoene, nartjies, papajas, piesangs, pomelo’s, pynappel, suurlemoene. BLOMME BESKIKBAAR IN JULIE: Affodille, anemone, angeliere, barbertonse madeliefies, freesias, gousblomme, inkalelies, irisse, krisante, leeubekkies, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkertjies, pronkridderspore, ranonkels, ridderspore, stokrose, tjiekerientjees, tulpe.…

ideesza1607_001_005_010_DísInSeisoenInJ_0
3 min.
leesgoed vir julie

Diana.Procter@media24.com HANDWERK & LEEFSTYL Maak mooi sakke – Debbie Shore (Metz Press, R200) Volg die maklike aanwysings en die stap-vir-stap-foto’s en maak 12 stylvolle sakke in verskillende groottes en vorms. Al die tegnieke word uitvoerig verduidelik en die projekte kan met ’n basiese naaimasjien gemaak word. Jy kan die ‘ontwerphulp’ gebruik om die projekte volgens jou eie smaak aan te pas en jou eie unieke sakke te maak. Die projekte sluit in ’n inkopiesak met ’n binnesak, ’n gekwilte toetrek-drasak, ’n strandsak en ’n geplooide grimeersakkie. Crochet flowers – Tanya Shliazhko (Struik Leefstyl, R210) Gebruik hekelblomme om sjarme te voeg by gewone artikels soos kussings, handdoeke en servethouers. Daar is ontwerpe vir van groentjies tot ervare naaldwerkers. Die aanwysings, kleurdiagramme en foto’s lei jou stap vir stap deur die proses, en daar is ook inligting…

ideesza1607_001_007_012_LeesgoedVirJuli_0
2 min.
blogs van die maand

confessionsofaserialdiyer.com Christy James is verslaaf aan projekte – van naaldwerk tot verf tot herskep tot afbreek en herbou... met so ’n bietjie handwerk tussendeur. Begin by haar selfdoen-projekgalery (klik op die balkie langs ‘Home’) as jy haar blog vir die eerste keer besoek. Christy is mal daaroor om haar vondste en spesiale aanbiedinge met lesers te deel en hulle op die hoogte te hou oor wat uiteindelik daarvan word. ‘Ek dink ek kan basies enigiets aanpak en is mal daaroor om dit met ander te deel.’ thespicespoon.com Die kosskrywer Shayma Saadat deel resepte uit die lande van haar verlede: Pakistan, Afganistan en Iran, wat sy saam klassifiseer as ‘Syroete-cuisine’. Shayma woon in Toronto en grond haar blog op die kooktradisies van die vroue in haar familie. ‘Ek hoop ek kan jou inspireer om…

ideesza1607_001_008_013_BlogsVanDieMaan_0
2 min.
nuwe dinge

DEEL JOU NUUS! Nuwe winkels & handwerk: Dala Watts (dwatts@media24.com) Kosnuus: Louisa Holst (ideasmagazinefood@gmail.com) Dekor- en modenuus: Carin Smith (carin.smith@media24.com) Oosterse inspirasie Pandora Jewelry het in die Ooste gaan inspirasie soek vir hulle jongste versameling juweliersware wat spog met ikone uit Asië, ryk kleure en lieflike interpretasies van eksotiese blomme, waaiers en antieke motiewe. Die reeks word beskryf as ‘vreugdevol en vredig’. • Besoek pandora.net vir meer inligting, of soek pandorajewelry op Facebook. Salige sitplek Dié Henley-sofa (R11 999) met sy delikate suurlemoen-kerriekleur, eikehoutpote en mooi knoopdetail sal in enige leefvertrek ’n stylvolle fokuspunt vorm. Gebruik dit saam met ’n paar armstoele vir ’n eklektiese voorkoms. • Meer inligting: za.sofacompany.com. Botaniese PRAG Wild Olive African Artisan Apothecary & Artistic Perfumery House in Pepperstraat, Kaapstad, is in 1997 gestig en is ’n toonbeeld van die eindelose moontlikhede wat die Afrika-kontinent…

ideesza1607_001_009_014_NuweMooiEnLekke_0