Idees June 2016

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
van die redakteur

Ons het die laaste maande meer as een keer verwys na die tendens om minder besittings te hê, maar meer ondervindings. Ook hoe dit belangriker raak dat die min goed wat ons wel het, meer betekenis vir ons het én hoe daar agter alles ’n storie skuil. Ek kon nooit so vinnig uitgooi soos wat Marie Kondo in haar blitsverkoper The life­changing magic of tidying up aanraai nie. Met my gaan dit een dag flink en die volgende teen ’n slakkepas ­ gewoonlik omdat ek iets raakloop waaroor ek stroperig sentimenteel voel. Toe ek ’n ruk gelede my klerekas takel, was ek so begeester dat ek nou nog na stukke soek wat duidelik óók in die liefdadigheidstas beland het. Wat my uiteindelik tot stilstand gebring het, was ’n fyn sy­nagrokkie wat ek…

ideesza1606_001_001_004_VanDieRedakteur_0
4 min.
jou kalender vir junie

creativecalendarideas@gmail.com 1-5 Junie Kamers, ’n toonvenster vir unieke handgemaakte produkte, word by die Kasteel in Kaapstad gehou. Meer inligting: kamersvol.com of facebook.com/kamersvol. GEWILDE MARKTE • Walkerville Farmer’s Market Maak Saterdae tussen 9 vm. en 3 nm. ’n draai by Hoofweg 112 in Walkerville (tussen Southgate en Vereeniging) om heerlike vars produkte te koop – van eiers, heuning, biltong, kaas en boetiekbier tot juweliersware, kuns, handwerk, boeke, plante en nog meer. Kinders en honde is welkom! Soek ‘Walkerville Farmers Market’ op Facebook vir meer inligting. • Harties-mark Dié sjarmante ouwêreldse mark word elke Saterdag tussen 9 vm. en 3 nm. aan die voet van die Magaliesberg gehou. Lê weg aan lekkernye soos gerookte varklies, Marokkaanse geregte, vetkoek en calamari, of koop mooi handwerk en kuns. Dit is ook ’n lieflike plek om saam met vriende en familie…

ideesza1606_001_004_008_JouKalenderEnLe_0
1 min.
dís in seisoen in junie

Kruie: Knoffelgrasuie, lourierblaar, marjolein, origanum, pietersielie, roket, roosmaryn, sitroengras, vinkel. Groente: Aartappels, artisjokke, aspersies, beet, blaarkool, blomkool, broccoli, ertjies, kool, murgpampoentjies, pampoen, preie, sampioene, seldery, spinasie, witwortels, wortels. Vrugte: Appelliefies, appels, avokado’s, koejawels, lemmetjies, lemoene, nartjies, papajas, pere, pomelo’s suurlemoene. BLOMME BESKIKBAAR IN JUNIE Affodille, angeliere, aronskelke, baardangeliere, barbertonse madeliefies, goueroede, gousblomme, Ierse klokkies, inkalelies, irisse, krisante, leeubekkies, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkertjies, pronkridderspore, protea- en fynbossoorte soos speldekussings, heide en erikas, ridderspore, sintjanskruid, sintjosefslelies, strelitzias, stokrose, tjienkerientjees, tuberose, tulpe.…

ideesza1606_001_005_010_DsInSeisoenInJu_0
3 min.
leesgoedvir junie

Diana.Procter@media24.com HANDWERK & LEEFSTYL Hekel vir my huis – Emma Lamb (Struik Leefstyl, R260) Span speelse kleurkombinasies, patrone en teksture kreatief in om iets pragtigs te skep en só ’n huis met warmte en sjarme te vul. Emma se 20 splinternuwe hekelartikels weerspieël ’n vermenging van retro-styl en Skandinawiese eenvoud. Kies uit van dekens en kussings tot vatlappe en blomversierings. Elke ontwerp sluit duidelike patroonaanwysings en kleurkaarte in, en basiese tegnieke word stap vir stap met foto’s uitgebeeld. ’n Tafel vir elke geleentheid – Fransie Snyman, Katrien van Zyl en Wilsia Metz (Metz Press, R275) Dié boek wys jou hoe om tafels vir 25 verskillende geleenthede te dek. Dit bevat nie net planne vir versierings, blomme en alles anders wat nodig is vir ’n pragtige tafel nie, maar gee ook meer as 50 resepte en…

ideesza1606_001_007_012_LeesgoedvirJuni_0
2 min.
blogs van die maand

melkkos-merlot.co.za Die Kapenaar Lizet Hartley het ‘’n obsessie met kos en wyn’ en Merlot is haar kat. Sy het níks van kosmaak geweet nie en leer kook deur self agter die kospotte in te skuif, te proe, kookklasse te neem en natuurlik baie na te lees. ‘Ek maak sielskos, trooskos en … goedkoop kos.’ Pro-beer haar ouma se hoenderpastei, souskluitjies of roomys met ingedampte melk, of eksperimenteer met maklike Franse ‘blitsgeregte’ wat proe of jy jou heeldag afgesloof het. Die blog kan in Afrikaans of Engels gelees word. simplygrove.com Die interieurstilis Kirsten Grove het op nege haar hart verloor op interieurontwerp toe sy haar slaapkamer na hartelus kon versier. Destyds het sy ’n palet van reënboë, polkakolle en strepe gekies, maar vandag is haar Simply Grove-blog ’n kreatiewe uitlaatklep vir enigiets wat vir…

ideesza1606_001_008_013_BlogsVanDieMaan_0
5 min.
nuwe dinge

DEEL JOU NUUS! Nuwe winkels & handwerk: Dala Watts (dwatts@media24.com) Kosnuus: Louisa Holst (ideasmagazinefood@gmail.com) Dekor- en modenuus: Carin Smith (carin.smith@media24.com) LIKEUR IN ’N NUWE JAS Bederf jou pa op Vadersdag met ’n bottel likeur. Hy sal mal wees oor The Four Cousins Marula Flavoured Cream Liqueur met sy eg Suid-Afrikaanse smaak danksy die vrugte van die inheemse Afrikamaroelaboom. Daar is ook ’n lipleklekker Strawberry Flavoured Cream Liqueur en albei spog met ’n vrolike nuwe shwe-shwegeïnspireerde verpakking. • Die likeurs is beskikbaar by drankwinkels en kos sowat R90 per bottel. MODERNISME IN DIE BO-KAAP The New Modernist in die Urban Hub in die Bo-Kaap is ’n kruising tussen ’n galery en vintage-winkel wat fokus op pragtig gerestoureerde modernistiese versamelmeubels en Skandinawiese retro-stukke. Emma de Crespigny, ’n kenner van modernistiese ontwerp, herskep klassieke stukke met kontemporêre stoffeerstowwe en afwerkings.…

ideesza1606_001_009_014_NuweMooiEnLekke_0