Idees March 2016

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
van die redakteur

Laas Kersfees (wat klaar weer soos ’n leeftyd gelede voel) was die eerste keer dat ek nié my Kerstafel op Instagram gesit het nie – iets wat ek nogal graag doen. Die rede was dat my inspirasie uit hierdie uitgawe gekom het en dus nog hoogs geheim was. Toe Hannes vroeg in Desember by die kantoor instap met die kunsblikkies wat vandeesmaand op ons voorblad pryk, het ek net geweet: Hiér is die vonk waarvoor ek gewag het. Dit was die inspirasie wat my lus gemaak het vir tafeldek en pakkies toedraai en sommer kook ook! Kort voor lank het die blikkies, wat my seun, Anton, en sy vriende met groot entoesiasme vir my leeggemaak het, die bottel modge podge en die kunsfotostate die hele eetkamertafel vol gestaan vir een van…

ideesza1603_001_001_004_VanDieRedakteur_0
1 min.
koopgids

@home 0860 576 576 Abode 072 261 3540 Ackermans 0860 900 100 Call it Spring 021 551 1527, 031 584 7431 Coppélia 084 580 1145 Edgars 0860 334 277 Exclusive Books 011 798 0000 Havaianas 021 425 2521, 031 584 7828, 011 783 0733 Lulu Belle 012 346 6424, 021 671 5728 Mango 011 783 7907 Mimco 0860 022 002 Old Khaki 021 464 5893 Onsite Gallery 021 462 1357 Poppi se Shoppi 083 774 3251 Quirky Me 082 417 1885 Studio W 0860 022 002 The Space 011 783 1935, 021 674 6643 Typo 021 552 2635 Witchery 0860 022 002 Zara 011 302 1500, 021 446 8700…

ideesza1603_001_003_006_Koopgids_0
5 min.
jou kalender vir maart

creativecalendarideas@gmail.com GEWILDE MARKET • Die Riversands Farm Village Market word elke Sondag van 9 vm. tot 4 nm. net buite Fourways in Johannesburg gehou. Loer in vir vars produkte, deli- en kosstalletjies, boetiekbier, handwerk, klere, juweliersware, antiekware, kuns en lekker musiek. Honde aan leibande is welkom. • Besoek die web› werf riversandsfarm.co.za vir inligting. • Die Mill Country Fair word Saterdae tussen 10 vm. en 2 nm. in Hopefield in die Wes-Kaap aangebied. Die stalletjies verkoop vars produkte, plaaslike kuns en handwerk, antiek- en vintage-ware, boeke, gebak en veel meer. Stap deur die tuin of geniet die kos, wyn en musiek. • Vir meer inligting besoek facebook.com/mill.country.fair. Mpumalanga 26 Maart Die Tonteldoos Highlands Festival is ’n Skotse fees wat naby Dullstroom aangebied word met stalletjies, ’n bier- en whiskytent, doedelsakspelers, tradisionele dansers en speletjies, ’n…

ideesza1603_001_005_008_JouKalenderEnLe_0
3 min.
leesgoed vir maart

Diana.Procter@media24.com HANDWERK & LEEFSTYL Skep ’n tuiste – Germarie Bruwer en Margaux Tait (Struik, R220) Die skrywers neem alledaagse items en gee dit ’n kinkel in projekte wat geskik is vir alle handwerken dekor-entoesiaste – van beginners tot dié wat meer bedrewe is. Daar is iets vir almal: Of jy verkies om projekte aan te pak met ’n saag en boor, papier en skêr of met ’n naald, daar is bêreoplossings, gebreide matte, gestoffeerde sitplekke, gestempelde teëls, buitesitplekke en nog vele meer. Druktegnieke – Angie Franke (Metz Press, R210) Dié boek bied ’n verskeidenheid projekte waarvoor jy nie ’n pers of spesiale vaardighede nodig het nie. Die skrywer gee aanwysings vir alles van stempel- en stensilwerk, reliëfdrukwerkmetodes soos lino-, tekstuurplaat- en kollagraafdrukwerk asook vier soorte skermdrukwerk en son- en sianotipe drukwerk. Jy leer ook roes…

ideesza1603_001_007_012_LeesgoedVirMaar_0
2 min.
blogs van die maad

flamingotoes.com Bev Mccullough het grootgeword in ’n familie vol kunstenaars en naaldwerkers en het reeds as tiener haar eie klere en selfs dekor vir haar kamer begin maak. Dié liefde vir selfdoenprojekte en hand- en naaldwerk het al hoe sterker geword en deesdae maak sy selfs juweliersware en kikker meubels op. Haar styl is ’n mengsel van modern en vintage – sy hou daarvan om ou style nuut aan te bied. Die kategorieë op haar blog sluit in hekelwerk, borduurwerk, klere en dekor. travelingmama.net Tina Fussell is die stigter van die blog Flying House by Traveling Mama. Sy is ’n fotograaf, skrywer en stilis wat daarvan hou om die wêreld te verken saam met haar man (ook ’n fotograaf) en hul drie kinders. Die Fussells is Amerikaans, maar woon in Kopenhagen. ‘Ons verblyf…

ideesza1603_001_008_013_BlogsVanDieMaad_0
3 min.
nuwe ding

DEEL JOU NUUS! Nuwe winkels & handwerk: Dala Watts (dwatts@media24.com) Kosnuus: Louisa Holst (ideasmagazinefood@gmail.com) Dekor- en modenuus: Carin Smith (carin.smith@media24.com) PURE PLAASLIK Loer gerus in by die lieflike winkel The Trading Company by Spice Route wanneer jy jou weer in die Paarl-omgewing bevind. Die winkel is tjokkenblok met kleurryke plaaslik vervaardigde produkte met ’n Europese kinkel en is die breinkind van Abigail Bisogno, wat elke item met die hand uitsoek. Baie van F die artikels is slegs hier te kry. Gaan na spiceroute.co.za vir meer inligting of volg @SpiceRoutePaarl op Twitter en Facebook vir die jongste nuus oor die winkel. TOM FORD-GRIMERING IN SA Ons ken reeds Tom Ford se reeks parfuums, maar die groot nuus is dat sy grimeerreeks ook nou in Suid-Afrika beskikbaar is. Soos alles waaraan hierdie super-ontwerper sy hand waag, is sy…

ideesza1603_001_009_014_NuweMooiEnLekke_0