Idees May/June 2017

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
van die redakteur

Wow! So frustrerend soos wat dit is om nie jou tydskrif op die rak te sien as jy weet dis tyd vir hom om daar te wees nie, net so ongelooflik lekker is dit om hom nié daar te sien nie omdat almal uitverkoop is! Veral nou met ons Swaan-uitgawe van Maart/April 2017, want dit was immers ons baba se eerste, versigtige treetjies die grootmenswêreld in. Op 6 Maart, ons eerste dag op die rak, het die grootheid van hierdie onderneming my die eerste keer getref, en dit was al byna vyfuur die middag voordat ek myself sover kon kry om te gaan kyk na die tydskrifrakke in my omgewing. En daar sit ons toe, pienk soos kan kom in sulke lekker hoë stapels. So slaan ek elke dag ’n ander rigting in…

ideesza170501_article_006_01_01
2 min.
medewerkers

SPANUITDAGING Ons naaldwerkspan – Elizabeth Fester, Anneke du Toit en Kevin Swarts – behartig al jare lank die pragtige naaldwerkprojekte in Idees en dié uitgawe is geen uitsondering nie. Hulle was verantwoordelik vir die ‘Dis in die detail’-artikel op bladsy 66. JY KAN ONS DEUR ’N NAALD TREK Nadat ons in die vorige uitgawe aangekondig het Bernina is nou ons amptelike naaldwerkborg en algemene kreatiwiteitsvennoot, het hulle die vennootskap nóg ’n stappie verder gevoer. Toe ons ons oë uitvee, het ons ons eie Bernina 350PE-naaimasjien ter waarde van R27 85O en Bernina 800DLomkapmasjien van R12 100 gehad. Moet dus nie te verras wees as jy in die toekoms ’n magdom mooi naaldwerkprojekte raakloop nie! Aanlyn-aksie EDDIE SWINNEN, DIE SUPERSLIM WEDERHELF VAN ONS MEDEWERKER GRETHA SWINNEN, IS ’N GAWE, VEELSYDIGE KÊREL WAT UIT SY EIE BESLUIT HET…

ideesza170501_article_008_01_01
4 min.
teken dit aan

MEI 1 Mei Werkersdag 6-14 Mei DIE EUROPESE FILMFEES VIND PLAAS BY CINEMA NOUVEAU IN JOHANNESBURG, PRETORIA, KAAPSTAD EN DURBAN. VIR MEER BESONDERHEDE BESOEK EUROFILMFEST.CO.ZA. WES-KAAP 6-7 Mei VIER VANJAAR SE OLYFOES BY DIE RIEBEEKVALLEI-OLYFFEES. MEER INLIGTING EN KAARTJIES: WEBTICKETS.CO.ZA. 11-12 Mei MOENIE DIE STASIEFEES OP WELLINGTON MISLOOP NIE. BESPREEK KAARTJIES VIR DIE SOPAAND OP DIE ELFDE (R120 PER PERSOON) EN VONKELONTBYT OP DIE TWAALFDE (R90) DEUR ’N E-POS TE STUUR NA MARKETING@WELLINGTONWINES.COM, OF GAAN NA QUICKET.CO.ZA. 14 Mei Moedersdag 14 Mei en 1-4 Junie KOOP LIEFLIKE HANDWERK BY DIE MADE IN THE CAPE-MARK WAT IN DIE CAVENDISH SQUARE-WINKELSENTRUM IN CLAREMONT GEHOU WORD. SOEK ‘MADE IN THE CAPE ARTISAN MARKET’ OP FACEBOOK VIR MEER INLIGTING. 19-21 Mei CLASSICS FOR ALL IS ’N FEES VAN KLASSIEKE MUSIEK WAT OP GREYTON EN GENADENDAL AANGEBIED WORD. BESOEK CLASSICSFORALL.CO.ZAVIR MEER INLIGTING OF BESPREEK KAARTJIES BY COMPUTICKET. 19-21 Mei ’N…

ideesza170501_article_010_01_01
1 min.
in seisoen in mei en junie

GROENTE: Aartappels, artisjokke, aspersies, beet, blaarkool, blaarslaai, blomkool, broccoli, brusselse spruite, ertjies, groenbone, jerusalemartisjokke, komkommers, kool, murgpampoentjies, pampoen, patats, preie, radyse, rape, sampioene, seldery, skorsies, soetrissies, spinasie, tamaties, uie, witwortels. VRUgTE: Appelliefies, appels, avokado’s, koejawels, lemmetjies, lemoene, nartjies, papajas, pere, piesangs, pomelo’s, pynappel, suurlemoene. BLOMME: Affodille, angeliere, aronskelke, asters, Barbertonse madeliefies, goueroede, gousblomme, Ierse klokkies, inkalelies, irisse, konfettibos, kreefkloue, krisante, leeubekkies, nerinas, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkertjies, pronkridderspore, (sekere) protea- en fynbosspesies soos speldekussings, heide en erikas, ridderspore, rose, seehuls, sintjosefslelies, sonneblomme, stokrose, tulpe, veronicas.…

ideesza170501_article_012_01_01
5 min.
op jou leeslys

diana@ideasfactory.co.za Fiksie & leefstyl Sirkus – Irma Venter (H&R, R240) Dis die laat 80’s in Johannesburg. Die jong Adriana van der Hoon se aktivis-pa is pas doodgeskiet en die veiligheidspolisie is op haar drumpel met ’n ultimatum. Help sy hulle nie om die ANC se geldspoor van Duitsland na Suid-Afrika te volg nie, sit sy en haar siek ma sonder heenkome en sy sonder studiebeurs. Dis hoe Adriana in Berlyn opeindig. Dis hier waar sy haar talent om messe te gooi vervolmaak en die man ontmoet wat skynbaar haar pa se kontak was vir geldwassery vir die ANC. Hier in die verte leer sy waartoe sy in staat is – en dat niemand ooit heeltemal onskuldig is nie. Eindspel – Wilna Adriaanse (Tafelberg, R270) In dié vervolg op Dubbelspel (2014) hou Ellie van haar nuwe…

ideesza170501_article_015_01_01
2 min.
blogs vir jou lys

onruetatin.com Susan Loomis kombineer haar joernalistieke agtergrond met haar liefde vir kos en die mense wat dit maak. Haar vele reise het haar toegerus met die kennis en waardering vir die magdom tradisies wat om kos wentel – van hoe dit gekweek en geoes word tot hoe dit berei word. Susan glo om oor kosmaak te leer gaan oor veel meer as net resepte en tegnieke. ‘Dis vir my wonderlik om die mense en gebruike agter die cuisines van die wêreld te leer ken en aan my lesers bekend te stel.’ livingstylecolour.com Theoda Solms Iles is ’n Suid-Afrikaner wat deesdae in Kent, Brittanje, woon saam met haar man, dogtertjie en troetelhond. Sy is passievol oor interieurs, kleure, blomme en honde en werk bedags as stilis wat dekorstories vir glanstydskrifte doen. ‘Kleure lig die…

ideesza170501_article_017_01_01