Idees Nov/Dec 2017

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
van die redakteur

Soos ’n Big Dipper het hy ons saam met hom geneem – stadig om aan die gang te kom, maar toe ons eers op loop is, moes ons omtrent gillend aan ons sitplekke vasklou. Êrens tussen die rand en rugby wat klim en val het ons oë toegeknyp en die politiek het ons na ons hare laat gryp, maar gelukkig het ons vir Kevin en Wayde gehad om ons om daai lekker vinnige draaie te laat jil van plesier. En kreatiwiteit om ons siel te lawe tussenin. Vir die Idees-span was dit ’n jaar van vernuwing – van kanse waag, suksesse vier, en hier is ons nou aan die einde van die jaar en ons druk nog steeds tydskrifte. Om die waarheid te sê druk ons dié keer ’n spesiale, dikker…

ideesza171101_article_006_01_01
5 min.
teken dit aan

KERS- EN ANDER MARKTE 25 OKTOBER-4 NOVEMBER Die Crafters Fair-Kersmark word in Moreletapark, Pretoria, gehou. Besoek craftersfair.co.za vir meer inligting. 27-28 OKTOBER Die Tikva Shabby Sjiek-mark vind plaas by Rhino’s Rest net buite Welkom. Inligting: Soek ‘Tikva Shabby Sjiek Market’ op Facebook. 27 OKTOBER-4 NOVEMBER Die Eunice-Kersmark word by dié hoërskool in Bloemfontein aangebied. Gaan na eunice.co.za vir meer inligting. 31 OKTOBER-3 NOVEMBER Koop jou geskenke by die Delmas-Kersmark by die Hervormde kerk in Sarel Cilliersstraat. Soek ‘Delmas Kersmark’ op Facebook. 31 OKTOBER-3 NOVEMBER Moenie die Markgoed-mark by La Pineta langs die R44 buite Somerset-Wes misloop nie. Soek ‘Markgoed’ op Facebook. 8-12 NOVEMBER Die Constantia Gift Fair word by die South African Riding for the Disabled Association in Constantia gehou. Inligting: thegiftfair.co.za. 17 NOVEMBER Die Msunduzi Artisan Food & Craft Market bied ’n spesiale Kersmark aan in…

1 min.
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Groente AARTAPPELS, ARTISJOKKE, ASPERSIES, BLAARSLAAI, BLOMKOOL, EIERVRUG, ERTJIES, GROENBONE, KNOFFEL, KOMKOMMER, MIELIES, MURGPAMPOENTJIES, PAMPOEN, PATATS, PREIE, RADYSE, SAMPIOENE, SKORSIES, SOETRISSIES, SPINASIE, UIE, WORTELS. Vrugte AARBEIE, APPELKOSE, AVOKADO’S, KERSIES, KOEJAWELS, LIETSJIES, MANGO’S, NEKTARIENS, PAPAJAS, PIESANGS, PRUIME, PYNAPPEL, RABARBER, SPANSPEK, SUURLEMOENE, TAMATIES, VYE, WAATLEMOEN. Kruie BASILIEKRUID, DILLE, GRASUIE, LOURIERBLAAR, MARJOLEIN, MENT, PIETERSIELIE, ROOSMARYN, SALIE, TIEMIE, VINKEL. Blomme AGAPANTE, ALLIUM, AMARANTE, ANGELIERE, ANTHURIUMS, ARONSKELKE EN BONT ARONS-KELKE, ASTERS, BARBERTONSE MADELIEFIES, BLOU KANTBLOMME, GEELKLOKKIES, GODETIA, HANEKAMME, INKALELIES, KREEFKLOUE, KRISANTE, LAVENTEL, LISIANTHUS, MADELIEFIES, NIESKRUID, OOSTERSE LELIES, ORANJEBOLLE, PAPIERBLOMME, RIDDERSPORE, ROSE, SEEHULS, SEWEJAARTJIES, SONNEBLOMME, STERRETJIES (MONTBRETIA), SWAARDLELIES, VERONICAS.…

ideesza171101_article_012_01_01
4 min.
op jou leeslys

diana@ideasfactory.co.za Handwerk Raak hekelslim – Beatrix Snyman (Lapa, R250) As dit by handwerk kom, boer hekel boaan die gewildheidslys onder oud en jonk, maar hoe gemaak as jy nie eens weet hoe om ’n hekelpen reg vas te hou nie? Dié boek is die perfekte bekendstelling aan die hekelkuns wat jou alles sal leer wat jy moet weet – van hekelpengroottes, wat die gewig van hekelgare beteken, hoe om ’n hekelpen vas te hou en hoe gemaak as jy linkshandig is, tot hoe om kleure te kombineer en patrone en diagramme te lees. Daar is selfs ’n volledige lys met Amerikaanse, Britse en Afrikaanse hekelterminologie en -afkortings. Maak jou eie harsjuwele – Sara Naumann (Metz Press, R195) Harsjuwele is maklik én prettig om te maak en die tegniek ongelooflik veelsydig. Dié boek sal jou wys…

ideesza171101_article_014_01_01
6 min.
nuwe dinge

Van aanlyn- tot regte winkel Die gewilde aanlynwinkel Yuppiechef het onlangs sy eerste regte, egte winkel in die Willowbridge-winkelsentrum digby Tygervallei in die noordelike voorstede van Kaapstad geopen. Die winkel is deur die hoogaangeskrewe ateljee ARRCC ontwerp en spog met ’n funksionele toetskombuis en ’n sogenaamde ‘genius bar’ waar verbruikers steeds hulle inkopies aanlyn kan voortsit, as hulle wil, ’n afleweringsadres kan kies of hulle Yuppiechef-profiel kan opdateer. Klante kan ook ’n trouregister opstel of geskenke mooi laat toedraai. Besoek yuppiechef.com vir meer inligting. Spesiaal vir Kersfees VANJAAR SE SISLEY EAU DU SOIR-VERSAMELSTUK IS VERRUKLIK. ELKE JAAR WORD ’N SPESIALE BOTTEL VIR DIE KERSSEISOEN ONTWERP EN DIÉ EEN IS EENVOUDIG PRAGTIG. DIT ROEP ’N NAGHEMEL OP IN ’N BLINKSWART BOTTEL WAT MET GLOEIENDE STERRE EN PLANETE BESPRINKEL IS. SPRING GOU AS JY ’N…

ideesza171101_article_016_01_01
5 min.
stille nag

bureaux.co.zabureaux.co.zathehollowayshop.com Die groot Kerssaamtrek vind in die binnehof plaas. Die gedekte tafel word geanker deur ’n oorgroot Russiese linnetafeldoek. Swart, handgemaakte keramiekbreekware en drinkglase van herwinde glas sorg vir tekstuur, en so ook die growwerand-linneservette wat met tou vasgebind is. Saadpeule wat met goue spuitverf opgekikker is, sorg vir glansryke feesflair. Die sitplekke is ’n kombinasie van kloosterbanke en vintage-tuinmeubels met ’n rustieke gevoel wat die elemente daaraan verleen het. Die prettige krans teen die muur bestaan uit fynbos en ander veldblomme wat met toue en goue handwerkdraad saamgebind is. Die hele toneel is ’n studie in vredige, koel skakerings van groen, grys, beenkleur en wit wat dramaties afgewissel word met tikkies tekstuurryke swart en flitse goud. Plaas ’n toegedraaide geskenk by elke sitplek om die feestelike atmosfeer van die geleentheid…

ideesza171101_article_022_01_01