Idees Sept/Oct 2017

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
van die redakteur

Wát is dit met Idees en die blomme?’ het iemand my eenmaal gevra. Ek het nie geweet waar om te begin antwoord nie. ‘Want ons is lief vir blomme en dis ongelooflik mooi en spesiaal en dit maak ons gelukkig. Vir ons én vir ons lesers. Want ons is almal eende van dieselfde dam wat net eenvoudig hóú van mooi goed. En as dit nog boonop pienk ook is … ’ Nou ja, dan moet julle weet hoe gelukkig ons almal was om hierdie uitgawe bymekaar te sit en om die blaaie een vir een te sien inkom en bymekaarkom. Van die Suid-Afrikaner Carolyn Gavin se voorblad-Frida uit Kanada tot Georgianna Lane se asemrowende foto’s op ons openingsblaaie. Vir háár het ons op Instagram raakgeloop toe sy foto’s uit haar boek…

ideesza170901_article_006_01_01
2 min.
medewerkers

Teken, bak, deel Volg jy Alice Toich op Instagram (@alice_toich), sien jy iemand wat die lewe by die horings pak en voluit lewe. Sy teken, skilder, bak én werk haarself graag in as deel van die prentjie. Toe ons haar bakwerk, versier met die mooiste blomblare, sien, het ons besluit om haar te vra om dit met ons te deel. Wel, dít en so ietsie van haar lewe waar sy vanjaar by die Akademie vir Skone Kunste in Florence, Italië, studeer. Lees op bladsy 100 oor Alice in blommeland. Mooi raad Toe ons Elsa Krüger baie jare gelede ontmoet het as ’n geharde koerantjoernalis, het sy reeds ’n onwrikbare geloof gehad in die wonders wat uit botteltjies kan kom. Nou, as ons skoonheidskrywer en eienaar van die webtuiste Mooipraatjies met Elsa, sien ons…

ideesza170901_article_007_01_01
5 min.
teken dít aan

September NOORD-KAAP 31 Augustus-3 September GENIET MUSIEK EN TEATER BY DIE GARIEP-KUNSTEFEES BY DIE HARRY OPPENHEIMER-TUINE OP KIMBERLEY. BESOEK GARIEPFEES.CO.ZA. LIMPOPO 23 September-1 Oktober VIER DIE KOMS VAN DIE LENTE BY DIE MAGOEBASKLOOF & HAENERTSBURG-LENTEFEES. MEER INLIGTING: SPRINGFESTIVAL.CO.ZA. WES-KAAP 31 Augustus-3 September MOENIE DIE CAPE HOMEMAKERS FAIR BY KIKS MISLOOP NIE. MEER INLIGTING: HOMEMAKERSONLINE.CO.ZA. 31 Augustus-3 September DIE CAPE FLORAL KINGDOM EXPO WORD AANGEBIED BY DIE KLEINPLASIE-MEGAPARK OP WORCESTER. BEL 021 863 1803. 1-3 September WYN, KOS EN PURE PLAASPRET WAG BY DIE OVER THE RAINBOW-LENTENAWEEK OP BOTRIVIER. KAARTJIES: QUICKET.CO.ZA. 2 September LEER NUWE TRUUKS MET JOU BREIPENNE BY DIE KNIT AND BREATHE-EENDAGWEGBREEK BY DIE CELLARS-HOHENHORT-HOTEL IN CONSTANTIA. MEER INLIGTING: INFO@NATURALYARNS.CO.ZAOF 021 783 5250. 2-3 September INNOVERENDE STRAATKOS IS OP DIE SPYSKAART BY DIE STREET FOOD FESTIVAL BY SIDE STREET STUDIOS IN WOODSTOCK. KAARTJIES: WEBTICKETS.CO.ZAOF BY DIE DEUR. MEER INLIGTING: STREETFOODFESTIVAL.CO.ZA. 6-10 September DIE OPEN BOOK FESTIVAL WORD GEHOU…

ideesza170901_article_010_01_01
1 min.
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Groente Aartappels, artisjokke, aspersies, beet, blaarslaai, blomkool, boerboontjies, broccoli, ertjies, groenbone, jong aartappels, knoffel, komkommer, kool, mielies, murgpampoentjies, pampoen, patats, preie, rabarber, radyse, rape, sampioene, seldery, skorsies, spinasie, spinasiebeet, sprietuie, tamaties, uie, waterblommetjies, witwortels, wortels. Vrugte Aarbeie, appelkose, appelliefies, avokado’s, kiwi’s, koejawels, lemmetjies, lemoene, moerbeie, nartjies, papajas, piesangs, pomelo’s, pynappel, suurlemoene. Kruie Basiliekruid, brandnetels, dille, dragon, gousblomme, grasuie, kappertjies, knoffel, knoffelgrasuie, laventel, lourierblaar, marjolein, meerjarige basiliekruid, meerjarige bonekruid, ment, origanum, perdeblom, pietersielie, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, suring, tiemie, vinkel. Blomme Agapante, anemone, angeliere, anthuriums, barbertonse dwergmadeliefies, barbertonse madeliefies, erikas, freesias, goueroede, hanekamme, heide, inkalelies, irisse, kangaroepote, kerriebos, konfettibos, koringblomme, kreefkloue, krisante, leeubekkies, Lisianthus, Oosterse lelies, oranjebolle, orgideë, papierblomme, pronkridderspore, (sekere) protea- en speldekussingsoorte, ridderspore, rose, sewejaartjies, soetemaling, stokrose, swaardlelies, tjienkerientjee, tulpe, watsonias.…

ideesza170901_article_012_01_01
4 min.
op jou leeslys

diana@ideasfactory.co.za Handwerk Eenvorm-kwilte – Carolyn Foster (Metz Press, R95) Hierdie is nou wel die eenvoudigste soort kwilte wat jy kan maak, maar deur die regte patrone en kleure te kies is die eindproduk gewaarborg om die asem weg te slaan. Die boek bevat 20 projekte, elk met ’n ander vorm laslappie – van reghoeke, driehoeke en seshoeke tot vierkante en diamante. Die kwilte wissel van dié wat met ’n lukrake verskeidenheid eenkleuren bont lap gemaak word tot ander waar jy net twee of drie kleure saamstik om ’n interessante geometriese ontwerp te vorm. Die skrywer deel ’n magdom idees en inspirasie vir laslapkwilte wat nie net mooi is nie, maar ook blitsig om te maak. Inkleur-tegnieke – Monique Day-Wilde (Metz Press, R225) Inkleurboeke vir grootmense bly ’n groot gier, maar daar is min inligting oor…

ideesza170901_article_015_01_01
2 min.
blogs vir jou lys

potatochipsarenotdinner.com Paulina Farro is half-Filippyns, ’n kultuur waarin kos ’n groot rol speel. Hoewel sy die meeste van haar kookvernuf by haar ouma geleer het, het haar liefde vir kos ’n hupstoot gekry toe sy as lugwaardin 14 uur-dae begin werk het. Daar moes sy dikwels tevrede wees met ’n proteïenstafie of ’n pakkie tjips vir aandete – en dis waar die naam van haar blog vandaan kom. Paulina se wêreldreise het haar geïnspireer om die mense, plekke en kos wat haar pad kruis, met ander te deel. theeffortlesschic.com Jen Pinkston is ’n ma, stilis en stigter van dié leefstylwebwerf. Omdat Jen glo die regte lewe kan morsig wees en selde volmaak, het sy besluit om haar liefde vir modes en ontwerp deur middel van ’n blog uit te leef. Hier deel sy…

ideesza170901_article_017_01_05