Idees September 2016

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
IdeesFabriek
Periodicitat:
Bimonthly
3,65 €(IVA inc.)
20,08 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

1 min.
van die redakteur

Sonskyn het nog altyd vir my hand aan hand gegaan met lag en glimlag, hernude energie , lang dae en skemerkelkies. Al was ek in my jeug 'n groot wintermens , het die son my jaar nd jaar al hoe meer verlei na 'n mooi gedekte tafel in die buitelug, 'n handdoek , boek en sonsambreel langs die swembad , laatmiddae in die tuin en ja - na yskoue skemerkelkies vol ment en suurlemoen en ander mooi stukkies vars vrugte. Skemerkelkies herinner aan vakansies , aan ou vriende wat saamkuier en aan hope vieringe van spesiale geleenthede en prestasies. Elke keer as die ment in my posseel-tuintjie dreig om oor to neem , reken my kind die plant weet dit raak somer en die familie kom kuier. In die uitgawe het ons…

ideesza1609_article_004_01_01
4 min.
jou kalender vir september

16-18 September Kaartjies vir die Darling-veldblomskou is te kry by quicket.co.za en sluit toegang in tot die veldblomuitstalling en ’n trekkerrit na die moerasland by Oude Post. • Inligting: darlingwildflowers.co.za. Limpopo 24 September-2 Oktober Moenie die jaarlikse Lentefees in Magoebaskloof misloop nie. Dit word by die Magoebaskloof-hotel en in Haenertsburg gehou. • Besoek springfestival.co.za vir nog inligting. GEREELDE MARKTE • Harkerville-mark Loer elke Saterdag tussen 8 vm. en 12 nm. in by dié mark wat langs die N2 halfpad tussen Plettenbergbaai en Knysna gehou word. Daar is vars brood, organiese groente, plaaslike kaas, pasteie, vars vleis en enigiets van houtwerk tot boeke, plante en juweliersware te koop. • Meer inligting: harkervillemarket.co.za. • Q Square-mark Die beste van die Breedevallei wag by dié gesinsvriendelike mark wat Saterdae tussen 9 vm. en 2 nm. by Q Square…

ideesza1609_article_008_01_01
1 min.
dís in seisoen in september

GROENTE: Aartappels, artisjokke, aspersies, beet, blaarslaai, blomkool, boerbone, broccoli, ertjies, knoffel, komkommer, kool, pampoen, patats, preie, rabarber, radyse, rape, sampioene, seldery, skorsies, spinasiebeet, sprietuie, tamaties, uie, waterblommetjies, witwortels, wortels. VRUGTE: Appelliefies, avokado’s, kiwivrug, koejawels, lemmetjies, lemoene, moerbeie, nartjies, papajas, piesangs, pomelo’s, pynappel, suurlemoene. KRUIE: Brandnetels, gousblomme, kappertjies, knoffelgrasuie, laventel, lourierblaar, meerjarige basilie, meerjarige bonekruid, ment, perdeblom, pietersielie, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, surings, tiemie, vinkel. BLOMME BESKIKBAAR IN SEPTEMBER Anemone, angeliere, anthuriums, barbertonse madeliefies (en die dwergsoort), craspedia, erikas, freesias, (sekere) fynbossoorte, goudroede, hanekamme, heide, heliconia, inkalelies, irisse, konfettibos, koringblomme, krisante, leeubekkies, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkridderspore, (sekere) protea- en speldekussingsoorte, ridderspore, rose, sewejaartjies, sintjanskruid, soetemalings, stokrose, tjienkerientjees, tulpe.…

ideesza1609_article_010_01_01
2 min.
leesgoed vir september

HANDWERK & LEEFSTYL Rame by dosyne – Fransie Snyman (Metz Press, R220) Leer hoe om ou rame te vernuwe, te herwin en te hergebruik en hoe om kaal rame te versier sodat jy jou foto’s, prente en ander items op hulle mooiste kan vertoon. Hierdie boek bevat ook aanwysings vir basiese raamkonstruksie en afwerkingstegnieke. Maak rame van polistireenkroonlyste, polimeerklei, tydskrifblaaie, afvalstukkies leer, karton en watteersel, en versier dit met van gebruikte teesakkies tot bladgoud. The collection – Erika Knight (Quadrille, R469) Hierdie breiprojekte deur ’n top-handwerkontwerper wissel van klassieke slenterdrag tot glansryke klere vir die moderne vrou, met dekorbykomstighede wat ook so ingedeel word. Die boek het vier afdelings: Classic, Classic at Home, Glamour en Glamour at Home. In die Classic-afdeling is basiese stukke soos ’n oortrui in Aran-katoen en ’n ballettrui van kasjmier,…

ideesza1609_article_012_01_01
2 min.
blogs van die maand

tiffinbitesized.com.au Fiona Ryan skryf oor kos, reis en die dinge wat sy geniet (en nie geniet nie). Haar werk as projekbestuurder betaal vir haar reise en gee haar die kans om ‘waansinnige bedrae geld’ op etes en kooktoerusting te blaas. Fiona se man is haar gereelde reismaat en hulle maak altyd tyd om plaaslike markte en spesialiteitswinkels te besoek en geregte en happies te soek wat ander mense vir haar aanbeveel het. ‘Ek het ook nie probleme met ’n massering of skemerkelkie op die strand nie … ’ karenbarbe.com Die materiaalontwerper Karen Barbé woon in Santiago, Chili, en word geïnspireer deur tradisionele handwerk, volksgoed en goedkoop plastiekgoed – kortom: enigiets eenvoudigs en onpretensieus. Só skep sy handgemaakte stukke vir haar handelsmerk, Karen Barbé Textileria, ‘wat ’n vrolike, knus atmosfeer aan enige huis sal…

ideesza1609_article_013_01_01
4 min.
nuwe dinge

DEEL JOU NUUS! Nuwe winkels & handwerk: Dala Watts (dwatts@media24.com) Kos: Louisa Holst (ideasmagazinefood@gmail.com) Dekor & mode: Carin Smith (carin.smith@media24.com) KUNS ONTMOET ontwerp Mariska Botha maak dié mooi eklektiese oorbelle. Dit word met laser uit hout gesny voor sy dit dan verf en kleur. • Stuur ’n e-pos na wooden.envy@gmail.com vir meer inligting, of soek haar by facebook.com/wooden.envy. Skemerkelkietyd Dié lieflike roosgoudbedekte vlekvryestaal-mengfles sal ’n tikkie glans aan enige drankiepartytjie verleen. Die stel bestaan uit drie stukke en kos R699 by takke van @home landwyd. Gebruik ’n sitrusskiller om ’n dun reep suurlemoen- of lemoenskil te sny waarmee jy ’n sitruskrul vir jou skemerkelkie kan maak. Draai die skil om ’n eet- of sosatiestokkie, los dit vir ’n paar minute en verwyder dan die stokkie. HEKELMATERS Sue Bellwood is die skepper van hierdie oulike wolmaats en verkoop ’n hele reeks…

ideesza1609_article_014_01_01