ZINIO Logo
EXPLORARBIBLIOTECA
Kamp en Karavaan

Kamp en Karavaan

June-July 2020

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

Llegir Més
País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,23 €(IVA inc.)
12,91 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

1 min.
aktiwiteite by trennerys

Sononderbootvaart (laat 2 uur toe) Gaan op 'n vreedsame vaart op die Qolorarivier en geniet die skoonheid van die gebied. Langs die rivieroewers is ongelooflik baie voëls, en daar is ook baie diere en plante. Neem julle eie verversings, asook swemklere, kameras en hoede. Kultuurroete (laat 2 uur toe) Hier kan jy ritmiese sang hoor, tradisionele danse sien, en ook tradisionele kos proe. Die kultuurroete eindig met 'n informele gesprek met 'n tradisionele geneser. As jy 'n muntstuk in haar handpalm plaas, sal jy dalk nie meer jou rugpyn voel as jy vanaand gaan slaap nie. 4×4-roete (laat 2 uur toe) Dit is waar 'n mens die oorblyfsels van 'n Sanafvalhoop kan sien. Trevor van Trevor’s Trails sal jou in sy 4×4-voertuig kom haal, en jou na die Khoisan-afvalhoop by Halls Point neem waar ongeveer…

1 min.
volgende maand

ONTSNAP NA DIE KALAHARI Wanneer die verbanning van reis en toerisme finaal opgehef word, sal die Kalahari een van die ideale plekke wees om tyd in vars, skoon lug deur te bring. Die Kalahari Rest Lodge het ruim, omheinde staanplekke wat privaatheid skep van medekampeerders, en elkeen het 'n eie ablusieblok en opwasplek. Hierdie kampterrein is in 'n omheinde kamp van 21›500 hektaar, en daar is baie wild. Ons beveel aan jy gaan op een van hulle oggend- of aandwildritte. MIKROGOLFBEVEILIGING 'n Los voorwerp in 'n karavaan kan 'n gevaarlike projektiel word wanneer jy skielik remme aanslaan.Vanoggend het ons uitgewer, Godfrey Castle, besluit dis noodsaaklik dat hy moet sorg dat die mikrogolfoond in sy karavaan stewig op sy plek bly, en hy het dit in 'n kits geherinstalleer sodat dit nie 'n gevaarlike,…

3 min.
koop en verkoop

Koop en verkoop is 'n gratis diens aan ons lesers wat hul karavaan, ryhuis, sleepwa of kamptoerusting wil verkoop. Om hier te adverteer, stuur 'n e-pos met besonderhede van jou produk aan classifieds@caravansa.co.za. Sluit asseblief 'n beskrywing in van jou item in, sowel as jou naam, kontakbesonderhede en die provinsie waar jy woon. Indien jy 'n foto saam met jou advertensie wil plaas, kan dit vir 'n klein fooi gedoen word. Kontak ons vir meer inligting. Karavane Gesoek – wielvellings Ek soek dringend twee wielvellings vir 'n ou 1970-Spritekaravaan. 5 Boute, 14-duimvellings (middel van bout tot middel van volgende bout = 9 cm). Maytham by 082 9225 378. Te koop Jurgens VW Autovilla R150 000 69 000 km. Enjin oorgedoen, binnekant oorgedoen, nuwe yskas, omkeerder, TV, kroeg, volskermmultimediastelsel met nuwe Pioneerluidsprekers en trukamera. Oor die R250…

3 min.
saligdie by strandmeer

1 EEN DING WAT JY SAL GENIET IS… die kampstaanplekke langs die waterkant wat ideaal is vir visvang en watersport. Toe ek by Morgan Bay aankom, het ek oombliklik besef hoekom hierdie kampterrein so gewild is. Dit is skilderagtig geleë by die Inchara-strandmeer, en daar is groot bome wat baie skadu bied. Hier kan jy jou skoene uittrek, en heeldag kaalvoet loop, want die gras op die kampterrein is groen en welig. Die strand is op jou tent of karavaan se drumpel. Dis hoe naby die water van die strandmeer aan die kamp is. Kampeerders kan op hul stoele voor hul tente sit en visvang. Volgens my is dit die beste van twee wêrelde; 'n mens kan tegelykertyd braai en visvang! As jy gelukkig is, kan jy selfs 'n visbraai hê. Elke…

2 min.
joernalis

"Ouens, vinnig! Dis kobragebied hierdie!" het Johan Marais geskree. Hy was duidelik in sy element. "Waar is die boomstompbreker? En is hier boskobras, voëlslange en mambas? Is dit 'n aaklige nagmerrie? Wel, nee, ek was op pad na een van my geliefkoosde bestemmings op aarde, die pragtige tropiese strande, koraalriwwe en kuswoude van Maputaland, bo naby Kosibaai en die Mosambiekgrens. Toe ek hoor ek kon by 'n span aansluit wat onder andere sou bestaan uit Johan Marais van die Afrika-slangbytinstituut, skrywer van 'n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika en Colin Tilbury, 'n wêreldbekende kenner van verkleurmannetjies, het ek die gedeelte oor slange uit my gedagtes verban! Ek was nie van plan om die ervaring van 'n leeftyd prys te gee omdat ek 'n patologiese vrees vir slange het nie. Al…

3 min.
te huur

SA ROADTRIPPERS FORD RANGER 4X4 S/CAB Toegeruste en ontoegeruste voertuie beskikbaar. Ideaal vir 2 reisigers. Ervaar die heel beste kampeervakansie in die bos in gemak en stylvol. Vanaf R950 gedurende lae seisoen en verder spesiale aanbiedings vir persone ouer as 60 jaar wanneer die promokode CO1118 gebruik word. Besoek saroadtrippers.co.za. vir meer inligting. BRITZ 4X4-TOYOTA-ENKELKAJUIT TOEGERUS Britz 4x4-enkelkajuit toegerus, begin by R975, geldig vir huur totl 31 Desember 2019. Bepalings en voorwaardes geld, afhangende van beskikbaarheid. Kontak Britz 4x4 Rentals om nou te bespreek 011 230 5200 bookings@britz.co.za BOBO CAMPERS DISCOVERER 6 Hierdie sesslaapplek-Iveco Discoverer 6 is die gesinsgeoriënteerde model in ons vloot. Beskikbaar met hand- en outomatiese ratkas. Vanaf R1770 per dag volledig toegerus. Spesiale afslag vir langer huurtydperke. www.bobocampers.co.zainfo@bobocampers.com 011 395 1020 BOBO CAMPERS DISCOVERER FUNX 4X4 Die Discoverer FunX word op ‘n baie sterk Nissan…