Kamp en Karavaan December 2018

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

2 min.
dis vakansie, vier fees

Is alles ingepak? Het jy die bande nagegaan? Besprekings bevestig en die deposito's betaal? En wat van die spyskaart ... braai elke aand, nè? Hier is ons al weer aan die einde van nog 'n jaar, en alhoewel ons terugkyk en dink,"hoe is dit moontlik", is daar ook baie om na uit te sien. Ons sien nie net uit na die 12 maande van die nuwe jaar wat voorlê nie, maar ook eers die lekker somervakansie. Desember is spitstyd in die kamp-en-karavaanwêreld! In my huis is die planne vir ons vakansie weke gelede gefinaliseer – die roete is beplan, kampbesprekings is gedoen en items word afgemerk op die paklys. Dit lyk of ek nie die enigste is wat opgewonde voel oor 'n lekker lang wegbreek nie; die Schoeman-gesin (bladsy 8) is ook al sedert…

kamkarza1812_article_004_01_01
2 min.
stadiger vir veiligheid

Met verwysing na jul forum-artikel oor die beste spoed vir sleep. Ek kamp sedert 1983 toe ek my eerste karavaan, 'n Jurgens Aero, gekoop het. Onlangs het ons 4 000 km afgelê toe ons van Johannesburg af Kaap toe gery het vir 'n karavaanvakansie. Oorde wat ons besoek het, was Steenbokkie privaat natuurreservaat in Beaufort-Wes, Mountain Breeze buite Stellenbosch, Yzerfontein-karavaanpark aan die Weskus, Citrusdal Creek-karavaanpark in Citrusdal, Silwerstrandkaravaanpark buite Robertson, terug na Mountain Breeze en laastens Gariep A Forever Resort. My sleepspoed is 100 km/h en hoewel dit nogal vervelig is op sommige paaie (veral deur die Karoo), vind ek dit ontspannend en as 'n mens by jou bestemming aankom, voel jy glad nie uitgeput nie. Ek dink die spoed waarteen 'n mens ry moet bepaal word deur hoe vinnig jy in 'n noodsituasie…

kamkarza1812_article_006_02_01
3 min.
kampvuur praatjies

POLISIELEDE IS NIE INGELIG OOR DIE WETGEWING Ons het al verskeie kere ervaar dat polisielede die wet wat gaan oor ryhuise met 'n tarra van 3 500 kg en hoër ignoreer. Net buite Piet Retief is ons die dag voor die Paasnaweek in 2018 by 'n padblokkade beveel om van die pad af te trek en daarvan beskuldig dat ons nie 'n Professional Driving Permit PDP-permit vir die voertuig het nie. Ons het Alta Swanepoel se brief aan vervaardigers en 'n afskrif van die wet oor voertuigvereistes gehad waarin duidelik staan dat 'n Spesiale Voertuig – Motorwoonwa – nie binne die bestek van die PDP val nie. Ons het uiters vriendelik opgetree en het probeer om die dokumente vir die verkeersbeampte te gee om te lees, maar hy het botweg geweier en wou nie…

kamkarza1812_article_006_01_01
2 min.
lisensieverwarring

Goeiedag, Kamp & Karavaan, ek is al lank lid van CCSA en die afgelope paar jaar ook van MCSA; dus is hierdie kwessie van lisensies altyd 'n gewilde onderwerp. Ek dink julle artikel in die Oktober-uitgawe is een van die bestes oor hierdie onderwerp wat ek tot nog toe gesien het. Ongelukkig heers daar steeds baie verwarring en ook misverstand hieroor. My hoofkommentaar het egter te doen met die stelling dat die EB 'n voertuig met 'n tarra van 3 500 kg toelaat. Agterop die rybewyskaart staan egter duidelik BVM van 3 500 kg. Dit het 'n massiewe implikasie, veral vir eienaars van ryhuise. Daar is baie ryhuise met 'n BVM van effens meer as 3 500 kg maar die tarra is veilig onder 3 500 kg. Die meeste mense is onder die indruk dat hulle 'n…

3 min.
op ons forum

KARAVAANSKUIWER Blazer: Hallo almal. Ek dink daaraan om 'n karavaanskuiwer aan my karavaan te installeer. Ek het navorsing gedoen en dit lyk of daar 'n verskeidenheid op ons mark beskikbaar is. Kan enigiemand vir my sê of dit die geld werd is om 'n karavaanskuiwer te installeer? Indien jy 'n skuiwer het, wat is jou ervaring daarvan? Enige leiding sal waardeer word. Dorothy K: Ons het 'n skuiwer laat installeer toe ons die karavaan gekoop het – dit was die beste ding wat ons kon gedoen het! Met ons vorige karavaan het dit tot twee uur geduur om dit op ons erf te kry, dit om te draai en in die parkeerplek in te kry. Deesdae doen ons dit in vyf minute! Ons het die skuiwer selfs gebruik as dit in oorde moeilik was om die…

7 min.
bly nuus-kierig

MATSAPHA CAMPERS & TRAILERS Die liggewig karavaanmark het vanjaar 'n bloeityd beleef, en dit lyk of daar een laaste toetreder tot hierdie opwindende segment is. Matsapha Campers & Trailers het hul eerste eenheid wat inweeg met 'n tarra van tussen 250 en 280 kg, afhangende van kliëntespesifikasies, onthul. Dié interessante ontwerp van Matsapha het 'n agterdeur wat oopmaak na 'n soliede dak vir die tentarea (die deur het gasstutte om oopmaak te vergemaklik). Die wegvoutent is aan die binnekant van die deur. Die ingang het 'n seildeur sodat dit toegerits kan word vir privaatheid sonder om die hoofdeur toe te maak. Dit is dalk klein, maar hierdie karavaan wat B-lisensie gereed is, kan blykbaar selfs slegte gruispad hanteer. Hierdie karavane word van vierkantige pype gemaak wat aanmekaargesweis word voordat die bekleding bo-oor geplaas word. Dit…

kamkarza1812_article_012_01_01