Kamp en Karavaan January 2019

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

2 min.
leef die droom

Wat 'n ongelooflike manier om die jaar mee af te skop! In hierdie tydskrif, die eerste van 2019, sien ek dinge wat die siel van die buitelewe en bedryf weerspieël. Kom ons begin met die goeie nuus: Daar is 'n menigte splinternuwe karavane en ryhuise wat vanjaar op die toneel gaan verskyn. Voor die einde van 2018 het ek by die bedryf navraag gedoen om uit te vind wat almal vir die toekoms beplan. En hoewel nie almal wat ek gekontak het, hulle nie die moeite getroos het om te reageer nie, het ek steeds gehoor dat minstens 20 nuwe karavane en ryhuise in die volgende paar maande na Suid-Afrika kom! Lees op bladsy 16 van hierdie opwindende ontwikkelings. "Sonder verbeeldingspronge of om te droom, verloor ons die opwindendheid van moontlikhede. Droom is immers…

kamkarza1901_article_004_01_01
2 min.
the heart of a true caravanner

Ek kon nie help om te lag toe ek Denzil Gouws se brief in julle November 2018-uitgawe lees nie. Kom ek sê reguit vir jou, Denzil: Ons karavaanmense is almal 'n bietjie van lotjie getik; jy sal goed by inpas! Jou ouderdom maak nie saak nie, begin nou (durf ek sê voor jy dalk vergeet)! Jou wonderlike brief is goed in jou kop uitgewerk en lys al die punte wat oorweeg moet word en jy vra ook raad oor wat om te koop. Dan eindig dit met jou hart wat oorneem en jy onthul jy het reeds 'n Invader Duo gekoop, en niemand se raad sou dus help nie (jy is egter te goedgemanierd om die laaste stukkie in te sit)! Ons het dit al almal oorgekom – jy gaan om iets te koop en…

kamkarza1901_article_006_02_01
8 min.
kampvuur praatjies

MOEILIKE REIS Ek was besig om die jongste tydskrif deur te lees en na al die goed gekyk wat ek nie kan bekostig nie. Selfs die blokkiesraaisel gedoen (Ek probeer om nie te kul nie en het dit suksesvol voltooi.) Ek en my vrou is nie meer so jonk nie en het ons Gypsey Royale geadverteer om dit te verkoop, maar na 'n paar weke het ons dit te veel gemis en ons dink nou daaraan om dit van die mark af te haal. Toe ek na ou goed kyk wat ek lank gelede geskryf het (ek was besig om 'n boek te skryf) het ek afgekom op iets wat ek geskryf het, meer vir myself as vir ander, oor die meer uitdagende kant van die karavaanleefstyl. Hier is my storie… Toe ons van die…

kamkarza1901_article_006_01_01
1 min.
op die forum

HELP ASSEBLIEF, HOE VOU EK MY TENT OP? John Wylie Ek het 'n Sprite Scout – hoe vou 'n mens die tent op om te pas wanneer jy agter toemaak? Quicksilver Die kuns is om jou tent terug te kry in 'n reghoekige vorm (soos 'n staaf sjokolade), eerder as vierkantig. Jammer, dis die beste raad wat ek het! Maar as ek nie weet nie, vra my vrou ... blykbaar het sy meer antwoorde as Google! Ek dink dit sal die beste wees om met Brian of Woody van Loftus Caravan City te praat (011 792 1456). As ek reg onthou, het hulle in die Scout-eenhede gespesialiseer. 'n Ruk gelede het hulle baie Scout Nomads verkoop. TENTSLEEPWA VS. KLEIN KARAVAAN Dave Pineo Ons gebruik 'n Sherpa Tiny Rough Roader in Namibië (met modifikasies soos aluminiumdiefwering voor alle…

2 min.
kamp toerusting

Soos in die ou dae 'n Jaffle-yster is noodsaaklik in 'n kampkombuis. Hierdie een bespaar tyd, want dit kan drie geroosterde lekkernye tegelyk maak en almal gelukkig hou. Dit kan op 'n oop vuur, gasstoof, of selfs 'n gewone elektriese stoof gebruik word, en is maklik om te gebruik en skoon te maak. Jy kan selfs jou naam op die houthandvatsels laat aanbring! R250 Vir meer inligting, kontak HV Casting op 083 378 5305, e-pos herman@hvcasting.co.za, of besoek www.hvcasting.co.za. Wen dit op Vervolmaak jou bosgereedskap met die Ironman 4x4 12 000 lbs 12 V Monster Winch. Hierdie wenas is heeltemal herontwerp en opgegradeer, en het nou 'n sterker enjin, 'n stewiger omhulsel en kompetisiestyl-solenoïedes. Dit is ook die enigste wenas op die mark met 'n motor-asemhaler! Vanaf R14 295 Vir meer inligting, kontak Ironman 4x4 op 011…

kamkarza1901_article_010_01_01
8 min.
bly nuus-kierig

CONQUEROR SPAN SAAM MET RECCE VIR SPESIALE REEKS KARAVANE Conqueror Off-Road Trailer het weer eens hul "military tough"- reputasie gestand gedoen deur saam met Recce Incorporated met 'n reeks beperkte uitgawemodelle vorendag te kom. Recce Inc is 'n maatskappy wie se doel is om die RECCEhandelsnaam te kommersialiseer, tot voordeel van lede van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spesiale Magte (Sasfa), 'n organisasie sonder winsoogmerk vir oorlogsveterane wat oop is vir alle afgetrede en diensdoende lede van die Spesiale Magte. Hierdie maatskappy span nie met sommer met enige handelsmerk saam nie – hulle kies slegs die beste om mee saam te werk, en hulle het vir Kamp & Karavaan gesê dat toe dit kom om 'n boswavervaardiger te kies om mee geassosieer te word, was die keuse ongetwyfeld Conqueror. Kamp & Karavaan het die bekendstellingsaand…

kamkarza1901_article_012_01_01