Kamp en Karavaan March 2019

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

2 min.
vriende en familie

Al hou ek baie daarvan om oor al die nuwe karavaan- en kampprodukte te praat wat deesdae die Suid-Afrikaanse mark tref, gaan ek dit vandag nie weer doen nie. Julle kan weer baie hiervan verwag in volgende maand se uitgawe wanneer ek vir julle‘n volledige verslag oor die Karavaan-, Kamp & Bestemmingskou bring. Ek wil wel noem dat selfs voor die skou het ek 'n kykie gekry na sommige van die produkte wat aan die einde van Februarie bekendgestel is, en dit lyk goed! Met dit gesê, kom ons praat oor reis. Vandeesmaand het ek julle laat saamreis op ons toer om by familie in die Vrystaat te gaan kuier (sien op bl 16). Wat hierdie rit anders gemaak het as ander lang reise wat ek voorheen onderneem het, is dat ons honde…

kamkarza1903_article_004_01_01
2 min.
toltariewe maak my dol

Ek en my vrou is gereelde lesers van jul tydskrif en ons geniet dit. Ons het onlangs die sprong gewaag en 'n ryhuis gekoop wat op 'n Mercedes-Benz Sprinter 413 CDi-onderstel gebou is. Toe ek dit in die Wes-Kaap gaan haal en na die KZN-Middelland waar ons woon teruggebring het, is ek die Klas 1-toltarief gevra (dieselfde as passasiersvoertuie). Tydens ons onlangse reis op die N3, het die Mooirivier-tolhek aangedring dat ek die tolgeld vir 'n Klas 2-voertuig moet betaal. Ek moet byvoeg dat dit taamlik meer is. Ek het vir SANRAL 'n e-pos gestuur en hulle probeer bel (sonder sukses) om duidelikheid te kry oor wat die korrekte bedrag tolgeld is. Die tolgeld word bereken volgens die aantal asse, en nêrens praat hulle van wiele nie. Ons ryhuis het die opsie van óf…

kamkarza1903_article_006_02_01
3 min.
kampvuur praatjies

HET ONS DIE KLUTS KWYTGERAAK? Ons het die opbloei en ontwikkeling van die “nuwe karavaanbedryf” met groot belangstelling gevolg, asook die gesels oor karavaanpryse en kampstaanplekke. Nou-ja, volgens my is ons besig om van ons verstand af te raak! Ons weet almal die karavaanvervaardigers moes 'n bietjie skrikgemaak word, want van die plaaslike ouens was besig om substandaardkaravane teen hoë pryse uit te ryg. Nou kom daar hipermoderne karavane op die mark, met alles wat oop- en toemaak, veselglas om die hout te vervang, reusebadkamers, geisers, lugversorging, oonde, verwarmers, TV en selfs skottelgoedwassers! Dis alles fantasties om na plekke te gaan waar daar baie gratis elektrisiteit, water en ruimte is (soos miskien jou agterplaas), maar hier gaan ek ophou en vra: Hoekom? Wanneer jy kamp, ongeag of jy 'n karavaan het of tent opslaan, beteken dit…

kamkarza1903_article_006_01_01
1 min.
wil jy jou storie deel? het jy iets op die hart?

Daar is niks wat lekkerder is as om rondom 'n kampvuur te sit en kampstories te vertel nie. Maar wat as die hele land jou kampvuur is en jy jou avonture met duisende ander buiteleweliefhebbers kan deel? Dis wat Kamp & Karavaan vir ons lesers is. Ons tydskrif en webwerf bring die kampgemeenskap bymekaar en dit is 'n fantastiese plek waar jy ander mense van jou reise kan vertel, raad kan vra, jou stem kan laat hoor, of sommer net nuus kan deel. Trek dus 'n stoel nader en skryf aan ons! Die maklikste is om ons te kontak per e-pos: redakteur@caravansa.co.za Indien jy verkies om 'n brief te skryf: Redakteur p.a Kamp & Karvaan Posbus 31062, Tokia, 7966 @caravanoutdoorlife Sluit aan by die besprekings, of kry die jongste nuus op ons forum: www.caravansa.co.za…

3 min.
kamptoerusting

Kragtoerusting As jy een van die gelukkige mense is wat 'n Victron Energy-stelsel in jou voertuig geïnstalleer het, sal jy bly wees om te hoor dat daar 'n hele reeks bykomstighede beskikbaar is vir jou komponente. Van battery-indikateurpanele tot rubberbuffers en wielmonterings vir die IP65 Charger. Jy kan jou stelsel veilig en doeltreffend hou met hierdie toerusting. Vir meer inligting, kontak Victron Energy op 036 535 9700, e-pos sales@victronenergy.com, of besoek www.victronenergy.co.za. Plak dit vas Hou jy (soos baie karavaaneienaars) daarvan om soms self herstelwerk moet doen? Dan sal jy Den Braven High Tack baie nuttig vind. Die taai MS-Polymer®-kleefstof kan goed wat tot 25 kg weeg monteer sonder om dit meganiese te steun. Jy kan dit op enigiets, van kaste tot ligte, gebruik om volkome gemoedsrus hê. Vir meer inligting, kontak 011 792 3830,…

kamkarza1903_article_010_01_01
6 min.
bly nuus-kierig

GEMAK, GERIEF EN GEHALTE Freeline Trail Campers het hul eerste produksiekaravaan onthul. Die“Maverick”is aan die einde van Februarie by die Karavaan-, Kamp- & Bestemmingskou bekendgestel, maar Francois Kotzé het ons 'n kykie na die nuwe veldkaravaan gegee voordat dit aan die publiek gewys is. Die Maverick is 'n oorspronlike Freelineontwerp wat slaapplek het vir twee tot vier mense. Die 4,5-meter-monostruktuur word van liggewig, hoëtegnologie-saamgestelde materiaal gemaak wat veroorsaak dat die karavaan minder as 1 000 kg weeg. Die karavaan kom met 'n koningingrootte bed, toilet, stort, buitekombuis (met dubbelwasbak), gaskookblad, 'n 90-L-vrieskas en kruidenierskas buite, asook 'n uitvoutafel. Francois sê vir Kamp & Karavaan: “Mense vra hoekom ek karavane begin bou het... om eerlik te wees, dit was altyd my droom, maar die regte motivering en hulpbronne was nooit daar nie … tot 'n…

kamkarza1903_article_012_01_01