Kamp en Karavaan April 2019

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

2 min.
vul die gaping

Die gesegde lees “die een se dood is die ander se brood”, en in 'n mate is hierdie 'n baie gepasde beskrywing van die huidige situasie in die karavaanbedryf. Ons kan wel nie sê Jurgens is heeltemal“dood”nie, maar hulle afwesigheid van skoue, verlies aan handelaars, tekort aan bemarking, en algehele verlaging in produksie (of die fabriek wat 'n paar keer al tot stilstand gekom het), het vir seker ander aangevuur om 'n groter aandeel in die mark aan te gryp. 'n Paar jare gelede het Jurgens nog 'n monolopie op die mark in Suid-Afrika gehad, met slegs 'n paar ander handelsname wat 'n handjievol karavane per jaar vervaardig het. Vandag het ons meer keuses as ooit te vore in vervaardigers en ontwerpe. "Dit is nie die sterkste van die spesies wat oorleef nie, ook…

kamkarza1904_article_004_01_01
1 min.
stergradering vir vulstasieruskamers

Tydens die baie ure wat 'n mens agter die stuurwiel deurbring, ontleed jy dikwels jou reiservarings. Die ruskamers langs die pad is belangrik, veral wanneer daar vroue by jou in die voertuig is. Jy wonder hoe die ruskamers langs die pad gaan wees en wonder of dit beter is om eerder êrens langs die pad te stop as om dit in 'n vuil toilet te waag en dalk 'n besmetting daar op te doen. As 'n mens vooraf 'n aanduiding kan kry van die gradering van 'n ruskamer, kan jy dit in ag neem wanneer jy jou reis beplan. Ek is seker dit sal tot voordeel van vulstasies wees as 'n tydskrif hulle kan aanbeveel ten opsigte van geriewe en sindelikheid. Dit kan 'n verskil maak wanneer jy reis. Dit kan 'n vennootskap wees…

kamkarza1904_article_006_02_01
3 min.
kampvuur praatjies

ALMAL IS SEKER NIE DIESELFDE Ek het die artikel "Groot gedroom " in die Januarieuitgawe van Kamp & Karavaan aandagtig gelees en ek moet erken dat dit alles goed en wel is om soveel geld aan 'n 4x4-vragmotor te bestee en 'n ryhuis daarop te laat bou, maar is dit regtig kamp in die ware sin van die woord? Met 'n 4x4 kan 'n mens byna oral gaan. Maar is dit so? Dit kom eintlik neer op "waarheen wil jy gaan." Indien jy waarlik ruwe toestande wil trotseer, dink ek hierdie gevaarte sal maklik omslaan en dan is jy in groot moeilikheid in die wildernis (die kiste tussen die wiele sal ook maklik beskadig word). Kyk net na die Dakarwedren: Daar is niks tussen die asse nie en die terrein daar is ontsettend ru. Ek…

kamkarza1904_article_006_01_01
1 min.
wil jy jou storie deel? het jy iets op die hart?

Daar is niks wat lekkerder is as om rondom 'n kampvuur te sit en kampstories te vertel nie. Maar wat as die hele land jou kampvuur is en jy jou avonture met duisende ander buiteleweliefhebbers kan deel? Dis wat Kamp & Karavaan vir ons lesers is. Ons tydskrif en webwerf bring die kampgemeenskap bymekaar en dit is 'n fantastiese plek waar jy ander mense van jou reise kan vertel, raad kan vra, jou stem kan laat hoor, of sommer net nuus kan deel. Trek dus 'n stoel nader en skryf aan ons! Die maklikste is om ons te kontak per e-pos: redakteur@caravansa.co.za Indien jy verkies om 'n brief te skryf: Redakteur p.a Kamp & Karvaan Posbus 31062, Tokia, 7966 @caravanoutdoorlife Sluit aan by die besprekings, of kry die jongste nuus op ons forum: www.caravansa.co.za…

6 min.
op ons forum

PARKE VIR PENSIOENARIS Joe Robbertse Binne die volgende 18 maande wil ons vir minstens twee jaar op 'n halfpermanente basis die pad vat. Ek kry nie nuttige inligting vir my doel op die internet nie. Die plan is om die land te verken met die oog daarop om ons dan later op 'n plek te vestig waarvan ons hou. Ek kan nie oorde vind wat werklik voorsiening maak vir pensioenarisse wat twee of drie maande op 'n keer daar wil bly nie, in elk geval nie teen redelike tariewe nie. R7 000 per maand is te veel. Ek het gelees dat daar mense is wat verskeie jare so 'n nomadiese leefwyse het. Kan enigiemand my asseblief met inligting help sodat ons met ons beplanning kan begin? Dave & Lauraine Lardner Ons het die afgelope drie jaar met…

kamkarza1904_article_008_01_01
3 min.
kamptoerusting

Afgestof Ons geniet die buitelewe baie, maar dit kan soms te vuil en stowwerig raak. Die C-Gear Multimat los hierdie probleem op deurdat dit vuiligheid en stof laat deurval. Sodoende bly die area binne-in jou afdak netjies en skoon, veral vir kaal voete. Dit is duursaam en omkeerbaar, en kom in 'n drasak waarvan die bopunt met 'n skuifkoord toegetrek kan word. Vanaf R3 500 Vir meer inligting, kontak C-Gear op 084 581 5787, e-pos sales@cgear.co.za, of besoek www.cgear.co.za. Meet jou battery As jy geleidelik dinge by jou voertuig se dubbelbatterystelsel voeg, sal jy moontlik ook daaraan dink om 'n batterymeter aan te skaf, soos dié een van Victron Energy. Dit lei jou battery se laaitoestand deur drie LEDligte, en is versoenbaar met Victron se Blue Smart IP65-en Blue Power IP65-laaiers. Kontak vir prys Vir meer inligting,…

kamkarza1904_article_010_01_01