Kamp en Karavaan May 2019

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

2 min.
gelukkig en gesond

Deur onlangse navorsing is bevind dat kinders wat minstens een keer per jaar kamp, beter vaar op skool, en ook gesonder en gelukkiger sal wees. Ek is seker ons lesers weet dit reeds, maar kan jy glo dat slegs een kampvakansie per jaar so 'n groot uitwerking op 'n kind kan hê? Die navorsing, uitgevoer deur die Institute of Education, verbonde aan die Universiteit van Plymouth, en die Camping and Caravanning Club, toon dat 98% van ouers gesê het dat kampervarings hul kinders die natuur meer laat waardeer; 95% het gesê hul kinders was gelukkiger tydens 'n kampvakansie, en 93% het gevoel dat hul kinders deur te kamp nuttige lewensvaardighede aanleer. As dit nie motivering is om jou kinders meer tyd in die buitelug te laat deurbring nie, weet ek nie wat is…

kamkarza1905_article_004_01_01
3 min.
reisnavigasie

Toe ek met Kamp & Karavaan se Maart-uitgawe op my hospitaalbed lê, is ek baie geamuseer deur die debat oor die GPS-ofkaarte-debat. Dit het soveel vermaaklike gebeurtenisse opgeroep. In die middelsewentigs het ons uit die kanaal van Magaruque-eiland gevaar. Dis 'n bestemming naby Bassas Da India, 'n koraalringeiland, halfpad tussen Madagaskar en Afrika en waarop 27 wrakke was. Ons het net uit die kanaal gekom toe die inligting op die GPS skielik afskakel... die ding was morsdood. Die kaptein van die skip was in die bed met nierstene en is verpleeg deur Helen, 'n opgeleide suster. Skielik het die titel van "alternatiewe kaptein" 'n ernstiger betekenis gekry. Ons het die antennas, kragtoevoer en al die konneksies nagegaan, maar daar het nie die geringste piep uit die "black box": gekom nie. Geeneen van ons was 'n…

kamkarza1905_article_006_02_02
4 min.
kampvuur praatjies

DEEL DIE GOEIE NUUS Hallo Francois, ek glo en vertrou dat dit sommer baie goed gaan met jou en jou span! Jong, ek wil net die goeie nuus met jou deel... Eerstens, baie dankie vir die plasing van my artikel “Laat die wiele (en die balle) rol”. Ek het nooit kon dink dat ons lesers dit só sou geniet het nie. Ek het selfs oproepe van die Swaeltjies ontvang, en van die ATKV. Pieter Botha, welbekende lid van die ATKV, het dit selfs op Facebook geplaas. Kyk, ek kan julle verseker dat die lesers van Kamp & Karavaan net met lof van hierdie buitelewetydskrif praat. Ons is amper op pad Eiland-Spa toe vir 60 dae... dan bietjie toer in die Kruger. Ek het ‘n wonderlike storie geskryf oor Letaba, en ek sal dit graag…

kamkarza1905_article_006_01_01
1 min.
wil jy jou storie deel? het jy iets op die hart?

Daar is niks wat lekkerder is as om rondom 'n kampvuur te sit en kampstories te vertel nie. Maar wat as die hele land jou kampvuur is en jy jou avonture met duisende ander buiteleweliefhebbers kan deel? Dis wat Kamp & Karavaan vir ons lesers is. Ons tydskrif en webwerf bring die kampgemeenskap bymekaar en dit is 'n fantastiese plek waar jy ander mense van jou reise kan vertel, raad kan vra, jou stem kan laat hoor, of sommer net nuus kan deel. Trek dus 'n stoel nader en skryf aan ons! Die maklikste is om ons te kontak per e-pos: redakteur@caravansa.co.za Indien jy verkies om 'n brief te skryf: Redakteur p.a Kamp & Karvaan Posbus 31062, Tokia, 7966 @caravanoutdoorlife Sluit aan by die besprekings, of kry die jongste nuus op ons forum: www.caravansa.co.za…

3 min.
kamptoerusting

Winterwarmte Hou die winterkoue van jou lyf af met 'n ultraligte Mac-in-a-Sac Polar Jacket, geïsoleer met eendedons wat eties verkry word, en bedek word met omgewingsvriendelike stof wat nie nat word nie. Die baadjie is omkeerbaar en kom in 'n verskeidenheid kleure. Die pofferbaadjie kan in 'n klein sakkie opvou en dit is dus 'n uitstekende noodkledingstuk. R1 499 Die Mac-in-a-Sac is slegs beskikbaar by Trappers. Besoek www.trappers.co.za vir meer inligting. Beter nagrus Het jou voumatras pap geword, of is jy nou moeg daarvan om lekplekke in jou lugmatras te herstel? Kry vir jou 'n Tentcokampbed en geniet sorgvrye rus. Hulle is gemaklik, vou op, is draagbaar en hou jou bo die grond, weg van goggas. Tentco bied 'n Standard Deluxe en 'n Basic Large, wat onderskeidelik tot 130 kg en 150 kg kan hanteer. R699…

kamkarza1905_article_010_01_01
5 min.
bly nuus-kierig

SWIFT CARAVANS GROEI VINNIG Sedert die eerste Swiftkaravaan in September 2018 sy opwagting in Suid-Afrika gemaak het, is byna 29 eenhede verkoop. Daarbenewens is die meeste van die volgende groep van 8 karavane wat op pad is na Suid-Afrika ook reeds aan eienaars toegewys. Daar is nog goeie nuus vir karavaaneienaars wat na internasionale kampstandaarde wil opgradeer: Absa en Wesbank het Swift goedgekleur en is bereid om finansiering te verskaf. Swift Caravans, wat eksklusief in Suid-Afrika by Loftus Caravan City in Randurg (Gauteng) en Cara-Camp in Somerset-Wes (Wes-Kaap) verkoop word, is deur die SABS goedgekeur en dit het ook aan dieVK se produkstandaarde voldoen. Dit kom dus met 'n volledige waarborg. Woody Loftus van Loftus Caravan City sê:“Daar is so te sê geen probleme met die Swift-produkte nie. Dis waarskynlik as gevolg van die hoë standaard…

kamkarza1905_article_012_01_01