Kamp en Karavaan June 2019

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

2 min.
vir jonk en oud

Die afgelope paar maande het die onderwerp van kinders en die kampleefstyl herhaaldelik ter sprake gekom. In ons vorige uitgawe het ons die Marais-gesin gehad wat beplan om hul kinders tuisonderrig te gee terwyl hulle deur die wêreld toer. Ek het ook geskryf oor navorsing wat bevind het dat kinders wat kamp, op skool beter kan vaar. En in ons DigiMag (aanlyn tydskrif) was 'n artikel oor hoe millenniërs nou in sommige wêrelddele meer as die helfte van die kampgemeenskap uitmaak. (As jy nie ons gratis aanlyntydskrif ontvang nie, gaan na ons webwerf en teken in op ons nuusbrief). Hierdie maand maak kinders weer 'n verskyning: Daar is die eindste Maraisgesin wat hul 3 000 km-reis deur Namibië deel (bl. 52), en ons kamp by Eastco Magalies, wat duidelik 'n paradys vir kinders is (bl.…

kamkarza1906_article_004_01_01
1 min.
kalahari-diens is koning

In Maart vanjaar het ons familie 'n reünie by Mata-Mata beplan. Ons oues is gevra om die vleis vir agt dae te organiseer. Ons seun, Kolja, die kampkenner, het daarop aangedring dat die vleis by geen ander slaghuis as Kalahari Vleishuis in Keimoes gekoop moes word nie. Die enigste probleem was dat die winkel toe sou wees op die 21ste, Menseregtedag, die dag waarop ons deur Keimoes sou kom. Al die reëlings is getref met Patricia van der Merwe wat ons verseker het dat alles gereël sou word en dat ons die vleis die oggend sou kon oplaai. Toe ons daar aankom was die plek egter toe! Gelukkig was die vis-entjips-winkel langsaan oop. Die dame daar het 'n paar foonoproepe gemaak, ons koffie aangebied en beloof dat Corrie, die slaghuisbestuurder, tot ons redding sou kom. 'n…

1 min.
voetstukpen & ankertoue

Ek voel dat as ek oor sekere kennis en wenke beskik, ek dit met my medekampeerders moet deel. 'n Eenvoudige patent wat ek al meer as 15 jaar gebruik, het die aandag van sommige kampeerders getrek. Dit is 'n voetstukpen wat verhoed dat jou paal kan skuif/glip as die wind die seil oplig, en dit dien ook as hegting vir jou kantseile. Jy het dus glad nie penne nodig om die kantseile op die grond te anker nie. As jy oppak kan jy die pen met jou 2 vingers uittrek. Die pen kan ook glad nie uittrek as jou tent opgeslaan is nie. Nog 'n wenk vir ouens wat te veel toue het as hulle opslaan. Ek gebruik die V-metode om my tent te anker. Dit is baie stewiger en jy het net een…

kamkarza1906_article_006_03_01
7 min.
kampvuur praatjies

ONS EERSTE KARAVAANVAKANSIE WAS R50! Sedert 1980 en ons eerste karavaan het ek begin om 'n joernaal te skryf waarin ek tot vandag toe ons ervarings tydens elke reis opteken. Dit is interessante leesstof wat wonderlike herinneringe oproep van die heerlike vakansies. My eerste inskrywing was in Augustus 1980 toe ons as nuwe karavaaneienaars van Pietermaritzburg na Scottburgh gegaan het. Wat 'n groot avontuur was dit nie vir ons gesin nie! Ons het laat die dag daar aangekom en moes die tent in die donker opslaan, wat die battery laat pap word het. Ons sleepkombinasie was 'n Ford Cortina 2.0L en 'n Jurgens 440 Deluxe. Die totale koste vir die naweek was die reusebedrag van R23 vir brandstof en R26,16 vir die staanplek (vir twee volwassenes en twee kinders)... totaal R49.18. Later in 1980 het ons die…

kamkarza1906_article_006_01_01
1 min.
wil jy jou storie deel? het jy iets op die hart?

Daar is niks wat lekkerder is as om rondom 'n kampvuur te sit en kampstories te vertel nie. Maar wat as die hele land jou kampvuur is en jy jou avonture met duisende ander buiteleweliefhebbers kan deel? Dis wat Kamp & Karavaan vir ons lesers is. Ons tydskrif en webwerf bring die kampgemeenskap bymekaar en dit is 'n fantastiese plek waar jy ander mense van jou reise kan vertel, raad kan vra, jou stem kan laat hoor, of sommer net nuus kan deel. Trek dus 'n stoel nader en skryf aan ons! Die maklikste is om ons te kontak per e-pos: redakteur@caravansa.co.za Indien jy verkies om 'n brief te skryf: Redakteur p.a Kamp & Karvaan Posbus 31062, Tokai, 7966 @caravanoutdoorlife Sluit aan by die besprekings, of kry die jongste nuus op ons forum: www.caravansa.co.za…

1 min.
wees voorbereid

Ons haak die karavaan en kies koers Drakensberge toe na Dragon Peakskaravaanpark, langs die skool van die Drakensbergseunskoor. Teen skemer was ons kamp gerieflik opgeslaan en het ons klaar koffie gedrink toe ‘n gesin van vier oorkant ons stilhou: pa, ma en twee dogters. Uit die sleepwaentjie is twee boogtente, splinternuut en nog in plastieksakke, op die grond oopgevou. Ons het gegroet en aanstaltes gemaak om die konsert van die Drakies in die skool se ouditorium te gaan bywoon. Toe ons so teen 21:00 terugkeer, staan die bure se tente altwee so lendelamwindskeef daar. Die gesin was toe eers besig met aandete. Een ding is seker: Voordat jy op ‘n kampterrein tent opslaan, moet jy tuis oefen en al jou penne merk (kleurkodes met isoleerband). Die tente moet ook nie in ‘n gat opgeslaan word nie. Hou dreinering…