Kamp en Karavaan July 2019

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

2 min.
woestyn se roepstem

Mens vergeet nooit jou eerste reis in Namibië nie. Ek het ons noordelike buurland baie jare gelede besoek toe ek in graad 7 (toe standerd 5) was). Dit was tydens die Junieskoolvakansie – 'n baie goeie tyd om Namibië te besoek, want die woestyn is dan nie ondraaglik warm nie, maar 'n mens ontsnap steeds die Kaapse winter. Ons was vier gesinne wat saamgetoer het, elk met twee of drie kinders. Soos die geval is met enige avontuur, het die drie weke lange reis ongelooflike herinneringe geskep wat ons almal altyd sal bybly Wanneer ek terugdink aan daardie eerste reis na Namibië, vind ek dat dit nie slegs die ongelooflike dinge is wat ek gesien het wat ek onthou nie. Dis ook die unieke klein aktiwiteite en ondervindings wat vir my uitstaan. Ek sien nie…

kamkarza1907_article_006_01_01
8 min.
kampvuur praatjies

KAMPAVONTURE GESLAG NA GESLAG Ons het die redakteursbriewe gelees oor hoe voordelig dit vir kinders is om van kleins af bekendgestel te word aan kamp- en ander buitelugaktiwiteite. Ek en my broer en ons maats het in Bergvliet grootgeword toe daardie deel van Kaapstad begin ontwikkel het. Ons het in die vyftiger- en sestigerjare baiekeer in die woude en op die berge van die Kaapse Skiereiland gekamp en het baie gelukkige herinneringe aan daardie tye. Toe hulle nog baie klein was, het ons ons drie kinders ook bekendgestel aan kampervarings en staptogte. Ons 1983-Jurgens Magnificent moes in 1990 "aftree" en ons het hom toe na die plaas Driehoek in die Sederberge geneem. Ons gesinne geniet nou steeds ons heerlike private kampplek op die plaas. Gelukkig vir ons almal het ons kinders en hul onderskeie huweliksmaats hul…

kamkarza1907_article_008_01_01
1 min.
wil jy jou storie deel? het jy iets op die hart?

Daar is niks wat lekkerder is as om rondom 'n kampvuur te sit en kampstories te vertel nie. Maar wat as die hele land jou kampvuur is en jy jou avonture met duisende ander buiteleweliefhebbers kan deel? Dis wat Kamp & Karavaan vir ons lesers is. Ons tydskrif en webwerf bring die kampgemeenskap bymekaar en dit is 'n fantastiese plek waar jy ander mense van jou reise kan vertel, raad kan vra, jou stem kan laat hoor, of sommer net nuus kan deel. Trek dus 'n stoel nader en skryf aan ons! Die maklikste is om ons te kontak per e-pos: redakteur@caravansa.co.za Indien jy verkies om 'n brief te skryf: Redakteur p.a Kamp & Karvaan Posbus 31062, Tokai, 7966 @caravanoutdoorlife Sluit aan by die besprekings, of kry die jongste nuus op ons forum: www.caravansa.co.za…

kamkarza1907_article_011_01_01
2 min.
geen kinders in die oord toegelaat?

Ons het taamlik baie reaksie ontvang op onlangse stories, en ons redakteur se briewe oor kinders en kamp. Die meeste lesers se kommentaar was dat dit goed is vir kinders om tyd buite deur te bring, terwyl sommige mense herinneringe van hul kampervarings tydens hul kinderdae gedeel het. Daar was ook 'n leser wat ons vertel het dat hy baie geskok was om te lees dat daar oorde is wat nie mense jonger as 18 toelaat nie. Ons wil graag weet hoe julle oor oorde voel wat nie kinders toelaat nie. Sou jy so 'n kampterrein vermy of maak dit glad nie vir jou saak nie? Comments Caroline Marais Louw En hoe kan daar in die toekoms natuurliefhebbers wees as jy hulle nie van kleins af leer wat 'n mens in die lewe behoort te waardeer…

kamkarza1907_article_012_01_01
3 min.
kamp toerusting

Opkikker vir jou battery Hierdie draagbare oorleistel van Mac-Afric vereis geen onderhoud nie en dis klein genoeg om in jou paneelkassie te pas, maar dit sal jou kar, bakkie of boot se battery uit die dood uit opwek met ultraskapasitor-tegnologie. Die toestel sal sy kant bring, selfs in uiterste omstandighede. Beskikbaar in 300 A- en 800 A-variante. Vanaf R1 995 Vir meer inligting, contact Adendorf by 0861 23 36 36, stuur 'n e-pos na info@adendorff.co.za, of besoek www.adendorff.co.za. Bepaal die hoogte Crestline se HD Pole Adjusters is vinnig, maklik en doeltreffend. Skuif hulle net tot op die regte plek en druk die handklem om dit te sluit. Om dit te verstel, is al wat jy moet doen om die klamp los te maak, die paal tot op die vereiste lengte te skuif en dit dan…

kamkarza1907_article_014_01_01
6 min.
nuus in die bedryf

KAMP & KARAVAAN VAT HANDE MET SA SE VERNAAMSTE BEDRYFSKOU Begin om die dae af te tel na die Pretoria FM Karavaan, Kamp- en Bestemmingskou, want ons is reeds amptelik deel van die skou! Die 2020-skou sal in vennootskap met Kamp & Karavaan aangebied word, en ons sal 'n meer aktiewe rol speel in die opbou tot en dekking van die gebeurtenis. By hierdie skou, wat die lanseerblad van die bedryf genoem word, is vroeër vanjaar meer as 20 nuwe karavane, sleepwaens en ryhuise bekendgestel. Die Pretoria FM Karavaan-, Kamp- en Bestemmingskou (nou in samewerking met Kamp & Karavaan) is die skou in Suider-Afrika met die grootste getal binnenshuise uitstalruimtes. Tans neem die skou sowat 17 000 m2 van die Gallagher Konvensiesentrum in beslag, met meer as 450 produkte wat vertoon word en gemiddeld…

kamkarza1907_article_016_01_01