Kamp en Karavaan October 2019

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

1 min.
welkom

Feesvierings – Oor die afgelope drie maande het hierdie tydskrif se sirkulasie van 17 000 tot net oor die 21 000 lesers gegroei, 'n feit wat deur die onafhanklike Ouditburo van Sirkulasie gesertifiseer is. As elke intekenaar dit vir ses lesers gee, sal dit beteken dat 126 000 kampers die tydskrif elke maand lees. Nou-ja, dis 'n nuwe rekord vir hierdie publikasie, en vir my persoonlik. Dankie aan al ons lesers wat die tydskrif moontlik maak. Eenvoudig fantasties! 2019 staan vir my uit as die jaar waarin Suid-Afrikaners werklik die grootste keuse tot nog toe gehad het ten opsigte van karavane, ryhuise en ander sleepeenhede. Dit het alles begin met Mobilodge en hul innoverende uitskuifslaapkamer. En kyk net na die nuwe Destination Wonder – wat sê dit van daardie mense wat…

kamkarza1910_article_001_01_01
1 min.
reisredakteur

Plaas 'n visstok in iemand se hande en dit lyk asof alle stres en bekommernisse met daardie vislyn langs afgly tot in die viswater! Dit maak nie saak of daar aas aan die hoek is of die vis dalk nie byt nie, jou polsslag sal net versnel wanneer jy moet reageer as daar 'n vis aan die hoek is – of jy een van die hoek af moet verwyder! Jy weet mos wat ek bedoel: 'n gevoel van eenheid met die natuur daal oor jou neer, en die wete dat een van die "coolste" karavane net 'n entjie daarvandaan op jou wag (niemand hoef te weet dis nie werklik joue nie). Die lewe is goed. Sluit by my aan op my reis na Gauteng met die M17 langs. Ek gaan my 'n…

kamkarza1910_article_001_02_01
1 min.
nuusredakteur

Op 'n onlangse reis in die Discoverer FunX 4X4-ryhuis, het ek die kans gehad om hom te laat wys waartoe hy in staat is toe ek langs die kus op is waar ek die gebiede rondom Stilbaai, Gourits en George besoek het. Die Discoverer FunX is 'n groot plesier (sien bladsy 42), wat gesorg het vir 'n perfekte vakansie. Die reis het by die George Country Resort geëindig (sien bladsy 46) waar die blouape my meisie, Nathalie, beroof het van 'n brood en 'n bakkie soetrisiedoopsous. Dis duidelik dat sy nie iemand is wat dinge goed kan oppas nie … die rede waarom haar werk is om finansies te kontroleer en sy nie 'n sekerheidswag is nie. Wat sou gebeur het as sy bv. haar dienspistool laat rondlê het, en die…

kamkarza1910_article_001_03_01
2 min.
kampvuur praatjies

OM BUITE TE WEES, IS SALIG Hello, Kamp en Karavaan. Ek en my gesin is mal daaroor om weg te breek uit die dolle gejaag van die stad en tyd in die natuur deur te bring. Daar is niks beters om 'n mens se batterye te herlaai as om jou voete in 'n koel bergstroom te laat sak, kaalvoet deur 'n skaduryke bos te stap en moeg, maar heeltemal tevrede by die kampplek aan te kom nie. Al wat jy verder nodig het, is om die braaivleisvuur aan te steek en tot laat in die aand stories te vertel. Toe ek 'n kind was, het my ouers ons dikwels na die Drakensberge geneem om te gaan kamp. Ek sal daardie tye nooit vergeet nie. Dis waar my liefde vir die buitelewe begin…

kamkarza1910_article_006_01_01
2 min.
wanneer is jou gunstelingtyd van die jaar om te gaan kamp?

Ons het almal ons voorkeure, en nie almal kan 'n bedrywige kampterrein hanteer nie. Ander mense daarenteen, is mal oor die gewoel en gewemel tydens skoolvakansies! Comments Norman Gerald Fick Enige tyd, enige plek is die leuse van 'n kampeerder. Andre van Wyk Ons kamp enige tyd van die jaar, maar Maart en April is ons gunstelingmaande – nie te warm of te koud nie, en ook nie soveel storms, reën en wind nie. Bernadette Marais van Zyl Ons het altyd in Junie of Julie gegaan, maar noudat die kinders groot is, gaan ons voor of na die Junie-Julievakansie. Soms is ons gelukkig om ook ander kampeerders in die oord te hê, en ander kere is ons die enigstes daar. Dis nie altyd lekker nie. Ian van der Vyver Januarie of Februarie wanneer alles groen is, en daar baie…

kamkarza1910_article_008_01_01
3 min.
kamp toerusting

Hou die insekte weg NoBuzz® -sokkies hou insekte weg, en word gemaak deur innoverende Bi-Ko™ tegnologie te gebruik wat die produk lank doeltreffend hou, selfs na 25 wasse. Die sokkies kan ook 8 maande buite gebruik word, en steeds doeltreffend wees. Muskiete is veral lief vir voete en enkels; dus is dit 'n wonderlike manier om hulle weg te hou. Hulle bevat IR3535 wat veilig is, maar net so doeltreffend is as DEET. Kontak vir prys Om die produk te bestel, besoek www.sa4x4.co.za, en gaan na ons Gear-afdeling. Bly blink Hou jou voertuig in 'n puik toestand met die Mac-Africa 180 mm Electric Polisher, wat 1 400 watt vereis. Die spoed kan gestel word, en die handvatsel verstel word om sowel links- as regshandige mense te pas. Gebruik dit om jou voertuig, fiets of boot…

kamkarza1910_article_010_01_01