Kamp en Karavaan November 2019

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

Llegir Més
País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

1 min.
welkom

Toe ek met 'n vervaardiger gesels het wat anoniem wil bly, het hy sy kommer uitgespreek oor die groeiende hoeveelheid fopnuus in ons kamp-en-karavaanbedryf, en my gevra om kampeerders te waarsku om nie altyd te glo wat hulle op die internet lees nie. Enigiemand met 'n selfoon kan inligting op verskeie sosiale media plaas, goed of sleg, selfs inligting wat heeltemal onwaar is. Daar is nie veel wat ons hieraan kan doen nie. 'n Voorbeeld hiervan is wraaksugtige kampeerders wat tot laat in die nag baie geraas het, en deur die oord se bestuurder berispe is, - die bestuurder en die oord word daarna oorweldig deur 'n duisternis negatiewe kommentaar op die internet. Of, byvoorbeeld, vervaardigers gee die BVM van hul produkte foutief as ver te laag aan, en dit…

kamkarza1911_article_001_01_01
1 min.
reisredakteur

Tydens my jongste besoek aan 'n nóg skilderagtige plek, Bivane Dam, is my liefde vir alles wat Suid-Afrikaans is net versterk, veral my begeerte om die wêreld daar buite te beleef. Soos die kraai vlieg, is die Bivane Dam-kampterrein slegs 15 kilometer vanaf Gooderson Natal Spa. Albei hierdie oorde is langs die Bivane-rivier geleë; tog is hulle so verskillend dat hulle net so wel in verskillende lande kon gewees het. Bivane Dam gaan oor berge, omring van ongerepte KwaZulu-Natal-bosveld. Bivane Dam bied talle aktiwiteite, soos stap, kanovaarte, vierwielfietsritte, en berfietsry. Die dam is ook 'n baie bekende hengelplek, met sowat 700 hektaar water in die hoofdam. Die vrugbare grond en gematigde klimaat is die tuiste van 'n groot verskeidenheid plante en diere. Daar is meer as 800 plantspesies, en besoekers vind…

kamkarza1911_article_001_02_01
1 min.
nuusredakteur

Sluit by ons aan vir 'n herbesoek aan Tamboti Vreugdevakansieoord, geleë in die pragtige Dinokeng-wildtuin. Hoewel water skaars en reën broodnodig is, bied hierdie oord iets vir die hele gesin – weg van die dolle gejaag in die stad. Die roete na die pragtige Fynbos-gasteplaas en die dierebeskermingsoord in Wolseley, in die hart van die Kaapse Wynland, was skilderagtig, met die oorvloedige flora en fauna in die gebied. Hierdie oord is 'n plek wat jy ongetwyfeld tydens jou vakansie of 'n wegbreeknaweek moet besoek. In hierdie uitgawe kry ons ook die geleentheid om naby kennis te maak met die nuwe Stealth Evo 6 XHR – 594. Die H staan vir hibried, wat beslis nuut is in Suid-Afrikaanse karavaanbedryftaal. Wat bied die nuwe Stealth-hibridiese voertuig? Hoe verskil dit van standaardpadkaravane? Vind meer…

kamkarza1911_article_001_03_01
5 min.
kampvuur praatjies

PRIVAAT HUUR? Ander mense is seker in dieselfde bootjie (of liewer karavaan), maar die feit is dat ek 'n pensioenaris is, en nie kan bekostig om 'n klein karavaan te koop of 'n ryhuis te huur nie. Ek en my vrou wil as 'n soort grand finale deur die land reis in 'n ryhuis, want ons wil nie 'n karavaan sleep nie, maar ek het daaraan gedink dat daar mos mense moet wees wat sleepeenhede het wat nie gebruik word nie, en wat dalk bereid sal wees om dit te verhuur, en dan 'n opbrengs te verdien uit hul belegging. Ek wil graag iemand soek wat bereid is om 'n VW Villeria (Autovilla?) of iets dergeliks wat in 'n goeie toestand is vir 'n maand of twee teen 'n redelike prys…

kamkarza1911_article_006_01_01
2 min.
raad oor klein karavaan en sleepvoertuig

Kommentaar Callie Theron: As 'n ouer egpaar, dink ons daaraan om ons Bakkie Mate te verruil vir 'n klein een-, twee- of drieslaapplek-grondpadkaravaan. Enige voorstelle? Ons sal ook voorstelle oor 'n sleepvoertuig wat nie te groot is nie verwelkom – ons wil regtig nie enigiets so groot as 'n dubbelkajuit hê nie. Enige voorstelle sal waardeer word. Gerd Kopanski: Ek veronderstel julle beoog 'n grondpadwa en nie 'n veldkaravaan of 4×4 nie, want die meeste hiervan is geneig om taamlik swaar te wees. Ek veronderstel ook julle wil nie 'n enkelkajuitbakkie met 'n daktent hê nie. Dan bly net die grondpadmodelle oor. Die twee- en drieslaapplekmodelle is taamlik lig, met ander woorde, vanaf 800 kg tot 1 100 kg BVM, maar die soorte modelle wat beskikbaar is, is nogal skaars in vergelyking met die…

kamkarza1911_article_008_01_01
4 min.
kamp toerusting

Superstabiel Hierdie Corner Steady van LeisureWorld is van gegalvaniseerde staal gemaak, en dit kan gewigte van tot 1 250 kg dra. Gebruik vier op 'n slag, en jy kan 'n gewig van 5 000 kg daarop plaas! Elke eenheid het 'n reikwydte van 48.75 cm en dit verskaf uitstekende steun in kritieke areas. Kontak vir prys Beskikbaar by alle LeisureWorld-handelaars. Vir meer inligting, gaan na www.leisureworldsa.co.za. Noodsaaklik vir herwinning Geharde sleepeenhede vereis gereedskap wat strawwe toestande kan weerstaan. Dis hoekom jy nêrens moet ry sonder 'n Mac-Afric-hoëlig-domkrag nie. Adendorff het 48”- en 60”-modelle van die swaargewigeenhede wat 'n sperrataksie het, en dus enige taak sal vergemaklik. Soms is daar mos niks soos outydse tegnologie nie, of hoe? Vanaf R795 Vir meer inligting, kontak 0861 23 36 36, e-pos info@adendorff.co.za, of besoek www.adendorff.co.za. Yskoud Die National Luna NL12 Ice Maker…

kamkarza1911_article_010_01_01