Kamp en Karavaan December 2019

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

2 min.
welkom

Daardie feestyd waarheen ons almal heeljaar werk, het aangebreek. Dis die tyd wanneer ons toerygwerkskoene verruil vir aanglipplakkies, gestrykte chino's vir koeler, sorgvrye kortbroeke en T-hemde. Ons pak die noodsaaklike vakansietoerusting in en kies koers na ons gunsteling-vakansiebestemmings oor die lengte en breedte van Suid-Afrika. Dis 'n tyd wanneer ons nuwe vriende maak en ou vriendskappe hernu, 'n tyd wanneer ons saans om die kampvuur sit, baie lag en gehaltetyd geniet. Om nie eens te praat van die interessante liegstories wat rondom 'n knetterende kampvuur vertel word nie – die beste buitelugomgewing om jou kinders bewus te maak van wat eintlik in tel. Dit kan slegs gebeur in die wonderlike wêreld daar buite. Ek wil graag die geleentheid gebruik om julle te bedank vir jul ondersteuning van hierdie tydskrif, sy personeel en…

kamkarza1912_article_001_01_01
1 min.
reisredakteur

Dis vir my snaaks dat party mense nie die Kaapse Weskus beskou as 'n kampbestemming wat die moeite werd is om te besoek nie. Hulle verlies is jou wins, sê ek. Soos die diamante wat hier onder die sand en water begrawe lê, sal jy ook tyd nodig hê om dié geheimsinnige streek te ontdek. Sluit in hierdie uitgawe by my aan wanneer ek ontdek dat die Weskus oor baie, baie meer gaan as net vissersbote, snoek, bokkems, kreef, mossels en calamari, om van seekat nie te vergeet nie. Hier sal jy lang, skoon, wit sandstrande vind waarop 'n mens ure lank kan stap met die geluide van die branders, seemeeue en die sout reuk van die Atlantiese Oseaan om jou te vergesel. Die Weskus is 'n uiters uiteenlopende gebied wat wingerde het…

kamkarza1912_article_001_02_01
1 min.
nuusredakteur

Vandeesmaand het ek die geleentheid gehad om Fynbos Guest Farm & Animal Sanctuary net buite Wolseley te besoek. Wat 'n wonderlike ervaring! Die gasteplaas en bewaringsoord is 'n ideale wegbreekplek met 'n stil en rustige atmosfeer in die skadu van die skilderagtige Witzenberge. Nadat ek die veteraan-Isuzu D-Max met sy harde daktent en afdak, wat talle toebehore insluit gebruik het, kan ek eerlikwaar sê dat ons naweekervaring baie besonders was. Een les wat ek tydens my reise geleer het, is dat dit baie belangrik is om gemaklik te slaap. Kamp en die buitelewe vereis totale toewyding, maar dit lei dikwels tot 'n verslawing (die begeerte om nuwe toerusting te koop). Jy het skaars die nuutste kampstoele op die mark aangeskaf, dan besef jy dat jy weer beter koplampe, 'n nuwe…

kamkarza1912_article_001_03_01
6 min.
kampvuur praatjies

DIE GOGGA HET GEBYT Ons, die Tawana-gesin van Kimberley, het besluit om in 'n XT160-veldkaravaan te belê om die wonderlike wêreld daar buite ten volle te begin geniet. Gedurende die Erfenisdag-langnaweek in September het ons die eerste keer gaan kamp. Baie opgewonde het ons ons karavaan begin pak: ons klere, lamstjops, lamsribbetjie, wors en vis om te braai, en daarna hout, drinkwater, ys– alles onder die son wat ons êrens kon indruk. Ons het die veldkaravaan aan ons Toyota Land Cruiser-bakkie gehaak en koers gekies op die N12-Noord na die Noordwes-dorpie Bloemhof waar ons plek bespreek het by die Sandveld Natuurreservaat, aan die Vrystaatkant van die Bloemhofdam. Ons is deur vriendelike personeellede verwelkom wat ons aanwysings gegee het na die geëlektrifiseerde staanplekke. Hulle het vir ons gesê dat die oord nie water het nie…

kamkarza1912_article_006_01_01
3 min.
kamp toerusting

Teleskopiese pale Die Crestline Telescopic Pole is 'n oplossing wat uit slegs een stuk bestaan. Dit het 'n eenvoudige draaislotmeganisme wat jou in staat stel om jou tentafdak op 'n aantal verskillende hoogtes te stel. 'n 200 mm- (1,8 m-paal) en 300 mm- (2,7m-paal) interne oorvleueling verseker dat dit rigied is en voorkom dat die buis in sterk wind kink. Die pale word van roesvrye geanodiseerde aluminium gemaak. Die waterdigte verseëlkraag voorkom dat die sluittoestel aan die binnekant roes, en daar is 'n 'n dekstuk of getande beslagring (ferrule) om die pale onder te beskerm. R175 (1.8 M lengte) R265 (2.7 m lengte) Vir meer inligting en handelsnavrae, kontak Crestline (Pty) Ltd by 012 666 7191 of e-pos orders@crestline.co.za. Pen dit vas Die Kit Awning-penne is baie sterk skroefpenne, ideaal vir afdakke, afgekampte ruimtes en…

kamkarza1912_article_008_01_01
4 min.
bedryfsnuus

MOBI LODGE STEL 6 NUWE KENMERKE BEKEND Mobi Lodge, daardie innoverende handelsmerk wat die uitskuifslaapkamer op 'n pad/veldkaravaan bekendgestel het, is baie opgewonde oor hul nuwe 2020-spec-Mobi Lodge- en Mobi X0-modelle. Hulle is nie mense wat ooit ophou om kreatief te wees nie, en die fabriek het uitgebreide opgraderings, asook 'n wye verskeidenheid nuwe geriewe bekendgestel. Die nuwe 2020-spesifikasies sluit nou 'n nuwe tentereeks vir Mobi Lodge en Mobi X, 'n nuwe daktent vir die Mobi X, 'n nuwe kombuismodule op alle modelle, 'n nuwe lugdak, nuwe venster-konfigurasies en 'n nuwe kleuropsie (wit) in. Dit het voor die wind gegaan met Mobi Lodge, soveel so dat hulle 'n nuwe produksielyn moes aanbring. Dit is nou in volle gang, en Mobi kan 'n karavaan per dag lewer ten einde afleweringstye so kort moontlik te…

kamkarza1912_article_010_01_01