Kamp en Karavaan January 2020

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

2 min.
welkom

Van ons almal aan julle – beste wense vir 2020. Ons hoop die jaar sal baie gelukkige kampdae in jul gunstelingoorde bring, en dat ons julle deur die bladsye van hierdie tydskrif sal kan aanmoedig om selfs nog meer avontuurlustig te wees, en julle oortuig om nuwe bestemmings te verken. Die voordeel van kamp is dat jy vry is om te kom en gaan wanneer en waarheen jy wil, maar dit weet julle natuurlik al. 'n Bietjie inspirasie van ons en medelesers kan jou moontlik ook net aanmoedig om iets onbekends te probeer. Dis altyd 'n goeie idee om nuwe vakansiebestemming te besoek. Nou-ja, waarheen het jy hierdie somer gegaan? Ons is regtig nuuskierig om te hoor.Vertel ons van die dorpe en oorde waarvan jy hou. Ek is begeesterd deur…

kamkarza2001_article_001_01_01
1 min.
digitale redakteur

Iemand het op 'n dag vir my vertel hoe belagrik dit is om passievol oor jou beroep te wees. As jy nie hou van wat jy doen nie, is jy moontlik in die verkeerde bedryf. Sedert my kinderdae het die buitelewe, Kruger-wildtuin en kampeervakansies 'n belangrike rol gespeel in my gesin se tradisies en herinneringe. Dis vir my 'n groot eer dat ek die geleentheid gebied is om te kon deel word van die Caravan & Outdoor Life en Kamp en Karavaan span! Voorlopig sal ek fokus op alles wat verband hou met sosiale media, en seker maak ons bly in verbinding met julle, ons lesers. Ek wil julle net weer daaraan herinner dat ons 'n forum op ons webwerf het waar kampeerliefhebbers met mekaar en met ons kan gesels.…

kamkarza2001_article_001_02_01
1 min.
nuusredakteur

Vandeesmaand het ek 'n nuwe kampervaring gehad toe ek 'n paar Kaapse karavaanparke besoek het, en 'n bossleepwa met 'n daktent gesleep het. Ons het 'n Howling Moon-daktent op ons Bushy Ranger sleepwa geïnstalleer. Die gereedskap wat nodig is om dit aan die karavaan vas te sit, kom saam met die tent – behalwe 'n elektriese boor en 13-mm-moersleutel. Dis al wat jy nodig het om die Howling Moon-daktent op te sit. Dis doodmaklik! Ses boute vir drie dakrakke, dis vas, en jy's reg om die pad te vat. Dan het jy nie net 'n massiewe dubbelbed in die sleepeenheid, maar jy het ook 'n tent met oprolmure en gaasvensters vir sirkulasie. Plus, 'n vaste grondseil om goggas uit te hou! Daarbenewens is daar 'n plek waar jy jou tafel…

kamkarza2001_article_001_03_01
4 min.
kampvuurpraatjies

MOOIWEER OF REËN, DIE BUITELEWE BLY DIE BESTE Miskien is Spanje 'n geografiese oordrywing ten opsigte van die weer: The rain in Spain falls always on the plain. Nee, nie altyd nie! Tydens 'n onlangse reis in daardie land saam met my gesin, het ek en my vrou een middag op die kampterrein onder die afdak van ons karavaan gesit terwyl die reën in strome neergegiet het. Maar dit was steeds warm en die humiditeit taamlik hoog. Ons kinders het buite rondgehardloop en dit gate uit geniet. Hulle het soos twee verdrinkte rotte gelyk na hul kaperjolle in die reën. Terwyl ons daar sit en kyk het hoe hulle dit geniet, het ons net weer besef watter positiewe uitwerking die buitelewe op 'n mens het, selfs wanneer gietende reën tydens 'n…

kamkarza2001_article_006_01_01
3 min.
kamptoerusting

Verlig jou lewe Halo, die wêreldleier in gespesialiseerde LED-strookbeligting het die ideale oplossing om die wêreld daar buite te verlig. Hierdie nuttige beligting kom in 220 VWS of 12 VGS, en in lengtes van 2,5 m, 5 m, en 10 m. Individuele lengtes kan verbind word wanneer ekstra lig nodig is. 'n Groot pluspunt is dat dit op 'n gerieflike katrol is – wat dit 'n lang lewensduur gee, en maklik weggepak kan word. Halo kan in ook op plekke waar water is, gebruik word (swembaddens, bote en ander vaartuie, 'n hawehoof, akwarium, visdamme, en natuurlik jou kampstaanplek. Volgens die vervaardiger is Halo ontwerp om selfs in die mees vernietigende omgewing te funksioneer – naamlik die mynmark. Hulle stel die produk nou aan die algemene publiek beskikbaar, en dit verskaf werklik…

kamkarza2001_article_008_01_01
5 min.
bedryfsnuus

2020-KARAVAANSKOU – MOET DIT NIE MIS NIE! Die vernaamste karavaanskou, die 2020-Karavaanskou, vind vanaf 21-23 Februarie by die Gallagher Estate, Midrand, Gauteng plaas. In samewerking met Pretoria FM en Kamp en Karavaan/ Caravan and Outdoor Life is die skou die vertoonvenster vir die jongste karavane, ryhuise, bossleepwaens, kamptoerusting en bestemmings. Op die skou sal meer modelle te sien wees as wat in 2018 bekendgestel is, daardie jaar die meeste as ooit tevore, terwyl op 2019 se skou die meeste vervaardigers as ooit tevore in Suid-Afrika hul produkte ten toon gestel het. Wat beloof die 2020-skou om te onthul? Skouorganiseerder, Hampie de Kock, wil niks laat blyk nie, want hy wil die hoofattraksies geheim hou tot die bekendstellingsdatum. Laat ons dus so 'n entjie teruggaan in tyd en sommige van die hoogtepunte noem: Die…

kamkarza2001_article_010_01_01