Kamp en Karavaan February 2020

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

Llegir Més
País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

1 min.
welkom

Die grootste Karavaanskou vind vandeesmaand van 21 tot 23 Februarie by die Gallagher Convention Centre in Midrand plaas en vir mense wat in die omgewing woon, gaan dit iets besonders wees, met hope nuwe produkte en interessante toerusting om te sien. Diegene wat nie in Gauteng woon nie, hoef egter nie te vrees dat hulle die nuwe en interessante produkte sal mis nie, want Kamp en Karavaan en sy sustertydskrif, Caravan and Outdoor Life, sal die nuwe en werklik interessante dinge uitsoek, en in die Maart-uitgawe daaroor skryf. Ten tye van skrywe het die skouorganiseerder, Hampie de Kock, gesê die meeste vervaardigers bly tjoepstil oor wat hulle op die 21ste gaan onthul. Niemand wil enige van hul innoverende idees aan mededingende vervaardigers laat uitlek nie. Wie van die vervaardigers gaan die interessantste…

kamkarza2002_article_001_01_01
1 min.
digitale redakteur

Wat 'n voorreg was dit nie om die wonderlike Tsitsikammagebied, ons bestemming van die maand, in ons langtermyner Isuzu D-max te verken nie! Dit was my eerste Kamp & Karavaan-reisopdrag. Vir iemand wat fotografie soveel geniet soos ek, was die asemrowende natuurtonele in die Tsitsikamma-gebied en omliggende omgewing, wonderbaarlik. Dit is ook 'n bestemming wat eindelose avonture bied – 'n plek wat die hele gesin sal geniet. Jy sal vir seker nie teleurgestel word deur die hierdie skilderagtige deel van Suid-Afrika nie. Ek wil die geleentheid gebruik om dankie te sê aan ons lesers vir hul interaksie op ons sosialemediaplatforms. Sowel ons Instagram- as Facebook-getalle is aan die groei, dus reken ek ons doen iets reg. Dié van julle wat nog nie by ons Forum aangesluit het nie, of ons nie…

kamkarza2002_article_001_02_01
1 min.
nuusredakteur

Baie van ons soek buitelewe-ervarings om ons lewens opwindend te maak en ons nuwe energie te gee. Soms is dit daardie stil plek langs 'n murmelende stroom, weg van die dolle gejaag van 'n besige stadsbestaan. Ons soek 'n tyd waarin ons ons batterye kan herlaai en onsself kan vind. Dikwels vergeet ons die betekenis van die frase "terug na die natuur". Dis hierdie tekens wat verklap wat skort, dié sagte opwellings van emosie waarvan ons kennis moet neem. Dis so eenvoudig soos jou kaal voete in die welige gras van 'n skilderagtige kampterrein terwyl jy na die dansende die vlamme van die braaivuur staar. Probeer om in die skadu van 'n groot boom te lê, en laat jou gedagtes gaan oor liefde, of dink aan 'n Scrabble-woord wat jy…

kamkarza2002_article_001_03_01
7 min.
kampvuurpraatjies

IETS OM AAN TE DINK Nadat ek 'n paar uur lank lekker deur ou uitgawes van Kamp en Karavaan sit en blaai het, het een van die artikels my aan 'n ondervinding wat ek en my vrou gehad het herinner. Ons het by The Willows, in Port Alfred gebly toe 'n gesin een middag daar aangekom het met die jongste en grootste karavaan ... jy weet mos waarvan ek praaat. Dit lyk asof 100 vierkante meter seil gebruik is, en alles trek uit, druk in, lig op of gly seepglad uit. Die gesin het 'n staanplek naby ons s'n gekies, gegroet, die karavaan afgehaak, en omdat dit liggies gereën het, besluit om in te ry dorp toe en iets daar te eet. Hulle was 'n hele ruk weg voordat ons in…

kamkarza2002_article_006_01_01
2 min.
kamp konneksies

VAN ONS FORUM Elke maand sal die interessantste teks wat na ons Forum gepos is in die tydskrif gepubliseer word. As jy wil hê jou vraag, resensie van 'n bestemming, ens. moet gepubliseer word, sorg dat jy dit na w die Forum op ons webwerf stuur. BESTEMMINGS EN ROETES Ek kan Aan De Vliet, naby Hazyview as kampterrein aanbeveel. Wonderlik stil – die musiek van die rivier sus jou aan die slaap – Anton Engelbrecht DOEN-DIT-SELF-PROJEKTE 1979 BEDFORD OVERHAUL Ons is besig om 'n ryhuis wat my ouma en oupa aan ons geskenk het te restoureer. Ons het raad nodig oor waar om 'n nuwe metaaalraamwerk te kry, en ook materiaal vir die buitekant. Ons benodig hulp om te kies tussen metaal en hout. Help asseblief! – Sarah Mills BESTEMMINGS EN ROETES Ek soek aanbevelings vir lekker, bekostigbare…

kamkarza2002_article_008_01_01
1 min.
facebook

Ria Pieterse Ons het 'n besoeker gehad by ons tent (Touch the Wild) en die ervaringvan 'n leeftyd gehad toe ons in die droë Kalahari-streek in Botswana gekamp het. Sommige van die kommentaar Wilma Kruger Watter verstommende ervaring. Sallie davids Dit raak nie wilder as dit nie! Susan Piennaar Wow, ek sou in die voertuig gespring het! Anette Pretorius Shame, hy was seker dors! Eurika Van Der Walt En toe het die moeilikheid begin… Letitia Willemse O Nee!! Dolly Pienaar Dit lyk soos iets uit 'n gruwelfilm! Chris Rodgers Ek sou moontlik net daar gevries, en aan 'n hartaanval beswyk het! Lance Fenn Deslis nie my laaste kampervaring nie Sommige van die kommentaar Erich Pizer Maak liewer vriende. Voer hom steak. Honger leeu, is gevaarlike leeu. Thomas Meyer Ek sou vir seker nie rondgestaan het om die foto te neem nie, want dit sou…

kamkarza2002_article_009_01_01