Kamp en Karavaan March 2020

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

2 min.
welkom

Verlede maand was dit ons sustertydskrif, Caravan & Outdoor Life, se 60ste verjaarsdag, 'n feit wat ons nie besef het totdat Geoff Courtis van Natal Caravans and Marine gebel en gesê het: “Hey, it’s your 60th!” Caravan and Outdoor Life en Natal Caravans and Marine is in dieselfde jaar gebore, wat hulle – en ons – die oudste in die bedryf maak, en albei steeds aan dieselfde families behoort. Albei maatskappye word bedryf deur derdegenerasie-Courtises en Castles, en hierdie uitgawe is die 696ste wat ons gepubliseer het. Geen ander mediamaatskappy kan ons klop ten opsigte van ervaring of bedryfskennis nie.Vandag bereik ons nie minder as 121 040 mense deur ons gedrukte, digitale en sosiale media nie. Vir 'n bietjie perspektief, in Februarie 1960 toe die eerste uitgawe op die rakke gekom het,…

kamkarza2003_article_001_01_01
7 min.
kampvuurpraatjies

GEBRUIK 'N VUURKLIP Tydens 'n onlangse besoek aan die Ceres-omgewing het ek skoon vergeet om 'n aansteker of vuurhoutjies te bring om my gasstoof aan te steek. Met geen winkel in die nabyheid, of minstens 10 km van die kampplek af nie, was ek in die knyp, want sonder warm koffie kan ek nie klaarkom nie, en ek sou ook nie kon kosmaak nie. Gelukkig het dit my bygeval dat ek 'n ruk gelede 'n vuurklipaansteker gekoop het, en toe probeer onthou waar ek dit gesit het. Ek het begin soek, en dit op 'n goeie plek in die voorste sak van my piekniekrugsak gevind. Ek het dit nooit tevore gebruik nie, en was nie eens seker of ek my gasstoof daarmee sou kon aansteek nie. Wel, geen probleem nie. Ek het…

kamkarza2003_article_006_01_01
4 min.
die wildernis in bespreek die avontuur van 'n leeftyd

Kamp en Karavaan en Coenie Moll van Cederberg 4x4 span saam om 'n bekostigbare avontuur aan te bied wat die hele gesin kan geniet. Coenie is 'n baie ervare gids en buiteleweliefhebber, en hy sal saam met ons fotojoernalis, Richard van Ryneveld, 'n toer na Botswana en die Caprivi lei. Die 14 dae-toer sal in die Junie/Julieskoolvakansie plaasvind, wat dit toeganklik maak vir die hele gesin. Die avontuur begin op 15 Junie 2020 in Ghanzi, en eindig by Khama Rhino Sanctuary naby Serowe op 28 Junie 2020. Dieselfde span sal na twee rusdae, net so 'n opwindende 18 dae-toer na Zimbabwe lei (30 Junie tot 17 Julie). BOTSWANA 14 dae-toer sluit Ghanzi, Okavango-delta, Tsodilo heuwels, Chobe en die Victoria-waterval in.- Die Botswana-toer begin in Ghanzi en gaan daarvandaan na die Okavango-delta. Die…

kamkarza2003_article_010_01_01
3 min.
kontak ons aanlyn

VAN ONS FORUM Elke maand sal die interessantste teks wat na ons Forum gepos is in die tydskrif gepubliseer word. As jy wil hê jou vraag, resensie van 'n bestemming, ens. moet gepubliseer word, sorg dat jy dit na die Forum op ons webwerf stuur. KAMPINLIGTING OOR MALAWI Ek het deur my versameling Caravan & Outdoor Life-tydskrifte geblaai wat ek oor baie jare as lid van CCSA gehou het, en probeer om inligting oor karavaanparke en oorde in Malawi te vind. Daar was baie artikels en resensies oor Namibië (waar ek al verskeie kere was), en selfs een oor Angola, 'n land waarvan ek nie juis hou nie ... maar niks oor Malawi nie. Het julle ooit enige artikels oor Malawi gepubliseer? Julle hulp sal baie waardeer word. Colin Chaplin, KZN GYPSEY ROMANY-RALLYTENT VIR…

kamkarza2003_article_012_01_01
3 min.
kamptoerusting

Staan waterpas! Hierdie waterpas is die topverkoper in die reeks. Die oppervlak het riwwe vir 'n beter greep op die voertuig se bande, en dit bestaan eintlik uit drie waterpassse. Dis liggewig en van roesvrye materiaal gemaak, is maklik om skoon te maak en UV-bestand. Dit is 'n tweestukpakket en in grys afgewerk. Prys: R472.32 BTW ingesluit Vir meer inligting, kontak Fiamma by 011 395 1020 / 021 577 3683, e-pos admin@fiamma.co.za, of besoek hul webwerf www.fiamma.co.za vir hierdie produk en ander uitstekende produkte. Kook mooi Roadque se Mobile Camping Kitchen met 'n gasstoof is van duursame aluminium gemaak wat verseker dat dit nie roes nie. Hierdie stewige eenheid sluit die volgende in: • Eenplaatgasstoof • 16-stuk-melanien-eetstel • 16-stuk-messegoedstel • 4 glase • Braaitang • Roerspaan • Opdienlepel • Bottel-/blikoopmaker • Beskikbaar in verskeie kleure Die mobiele kampkombuis is 450 mm hoog, die totale hoogte…

kamkarza2003_article_014_01_01
5 min.
nuus

BABARENOSTER GEBORE IN AQUILA PRIVATE GAME RESERVE AND SPA Daar wag dalk op besoekers aan die Aquila privaat-wildtuin 'n pragtige verrassing, want hulle kan miskien net gelukkig wees, en die nuwe renosterkalfie sien. Die anti-wildstroopeenheid het die kalf op Valentynsdag vanjaar by sy ma in die reservaat gesien. Aquila is trots daarop dat hulle die eerste was om in 250 jaar 'n renosterkalf na die Wes-Kaap te bring, en in Februarie 2005 die geboorte van die eerste renoster in die Wes-Kaap aangekondig het. Nou, 15 jaar later, bevestig die reservaat se bewaringspanne weer die geboorte van 'n renostertjie op die 10 000-hektaar Aquila Private Game Reserve and Spa – net minder as twee uur se ry van Kaapstad af. Gedurende 'n stroopinsident in 2011 is drie van Aquila se renosters aangeval. Die spanne…

kamkarza2003_article_016_01_01