Kamp en Karavaan June-July 2020

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

País:
South Africa
Idioma:
English
Editor:
Caravan Publications PTY LTD
Periodicitat:
Interrupted
1,22 €(IVA inc.)
12,78 €(IVA inc.)
12 Números

en aquest número

2 min.
welkom

Pas aan of sterf! Niemand weet wat presies met die dinosourusse gebeur het nie; tog sê party mense hulle was net nie in staat om aan te pas in 'n veranderende wêreld nie, en het toe doodgegaan. Dis vir seker 'n gesegde, miskien 'n les, wat van toepassing is op dit wat mense oral in die wêreld nou beleef. Gedurende die tyd dat ons hierdie uitgawe geproduseer het, was almal ingeperk. 'n Klokreëling het ons bewegings buite die huis bepaal. Dit is afgedwing deur 'n weermag van 75 000 en die polisie. Ons kon nie ons hare laat sny nie, maar is toegelaat om 'n mondhigiënis te besoek. Ons is nie op strande toegelaat of om kerk toe te gaan nie. Dankie tog dat ek nie rook nie ... en vir pynappels! Die…

kamkarza2006_article_001_01_01
2 min.
joernalis

"Ouens, vinnig! Dis kobragebied hierdie!" het Johan Marais geskree. Hy was duidelik in sy element. "Waar is die boomstompbreker? En is hier boskobras, voëlslange en mambas? Is dit 'n aaklige nagmerrie? Wel, nee, ek was op pad na een van my geliefkoosde bestemmings op aarde, die pragtige tropiese strande, koraalriwwe en kuswoude van Maputaland, bo naby Kosibaai en die Mosambiekgrens. Toe ek hoor ek kon by 'n span aansluit wat onder andere sou bestaan uit Johan Marais van die Afrika-slangbytinstituut, skrywer van 'n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika en Colin Tilbury, 'n wêreldbekende kenner van verkleurmannetjies, het ek die gedeelte oor slange uit my gedagtes verban! Ek was nie van plan om die ervaring van 'n leeftyd prys te gee omdat ek 'n patologiese vrees vir slange het nie. Al…

kamkarza2006_article_001_02_01
2 min.
kampvuurpraatjies

VALBOOMTYD! Dit is geen goeie nuus vir oornagplekke dat die Coronavirusinperking reis verbied nie. Ons verwag egter dat die reisen-verblyfbedryf 'n bloeitydperk sal beleef wanneer die inperking verby is. Ons kan nie wag om weer ons wonderlike bestemmings te kan besoek nie. Hier is 'n goeie geleentheid vir entrepreneurs in die akkommodasiebedryf om die gaping te vul vir dinge waarvoor daar hier sekerlik 'n groot aanvraag moet wees. Ek verwys na moderne, veilige en maklik bereikbare kampplekke langs die hoofroetes na gewilde bestemmings, spesifiek dié wat privaat ablusiegeriewe bied. Dink hieroor: Die meeste kampeerders het hul eie portapotties, en baie karavane en bossleepwaens is toegerus met vaste of opwip-stortgeriewe. Hulle verskaf ook hul eie beddegoed, en gewoonlik hul eie kombuisgeriewe. Al die toerusting, sleepvoertuie, sleepwaens of karavane kos reeds 'n goeie klomp rande.…

3 min.
wenbrief

KAMP VIRTUEEL Terwyl die landwye inperking aan die gang was, het die Oostelike streek van die Karavaanklub van Suid-Afrika die tyd gebruik om – te kamp! Ja, die lede in die Ooste is baie geesdriftig en passievol oor hulle saamtrekke, dus was hulle van plan om voort te gaan met hul gunstelingaktiwiteit. Lede wat gelukkig genoeg is om ruimte in hul tuin te hê, het hul karavane, tente of kampsleepwaens in hul eie agterplase opgeslaan om virtuele kampnaweke te hou. Welgedaan, dié van julle wat daarin geslaag het om by die huis te kamp. Op 1 Mei het ons voorsitter, Heinz Gezorke, die volgende boodskap gestuur: “Ons kan weliswaar nie saam kamp nie, maar ons kan as 'n streek braai. Saterdag om 16:00 moet ons almal by die huis braai en 'n heildronk instel op…

kamkarza2006_article_005_01_01
3 min.
kontak ons aanlyn

VAN ONS FORUM Elke maand sal die interessantste teks wat na ons Forum gepos is in die tydskrif gepubliseer word. As jy wil hê jou vraag, resensie van 'n bestemming, ens. moet gepubliseer word, sorg dat jy dit na die Forum op ons webwerf stuur. KAMPVUURPRAATJIES Inperkingsprojek Ek het besluit om my eie seiltent te bou wat die volgende sleutelkenmerke het: Ripstop-seil, Vinnig om op- en af te slaan, Baie ruimte en kopruimte, Lae afdak, Waterdig (wind, reën, son en koue). Hier is 'n paar CAD-tekeninge. Wat dink jy van die konsep? RPT Ou Toppies-klub 13 dae na die inperking begin het toe ek verlangend na my nuwe baba, OKTO Villa no. 54, kyk – geparkeer met nêrens om heen te gaan nie, alle planne agtermekaar, maar met geen idee wanneer hulle uitgevoer kan word nie,…

kamkarza2006_article_006_01_01
3 min.
kamptoerusting

Vir die Kampkok Hierdie veeldoelige opvoukookblad van Tentco is 'n nuttige hulpmiddel vir kompulsiewe kampeerders en avonturiers. Dit bevat alles wat jy nodig het om kosmaak tydens jou kampvakansie te vergemaklik. Die kookblad kan ongeveer 30 kg dra, en is 146 cm x 41 cm x 114 cm groot. Dit kom in 'n gemaklike drasak. Prys: R925 BTW ingesluit Vir meer inligting, kontak 011 397 6451/2, e-pos info@ tentco.co.za, of besoek www.tentco.co.za. Dakkonsole Hierdie sterk dakkonsole van Opposite Lock het leesliggies aan die voorkant en 'n monteerplek vir 'n DIN radio, opsionele monteerplekke vir kleiner radio's, 'n mikrofoonkabelhaak, 'n kassie wat met materiaal uitgevoer is vir kleiner artikels en monteerplek vir 'n Blue Toothluidspreker. Die leerafwerking sal goed lyk in jou 4X4. KONTAK VIR PRYS Vir meer inligting, kontak Opposite Lock by 011 697 0001, e-pos info@oppositelock.co.za,…

kamkarza2006_article_008_01_01