ZINIO Logo
EXPLORARBIBLIOTECA
Weg!

Weg!

June- July 2021

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Llegir Més
País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
Media 24 Ltd
Periodicitat:
Bimonthly
4,42 €(IVA inc.)
19,91 €(IVA inc.)
6 Números

en aquest número

2 min.
ontdek jou plek

Ek het onlangs weer die voorreg gehad om reg oor die breedte van die land te reis – van Lambertsbaai aan die Weskus tot op Morganbaai aan die Ooskus. En toe met ander paaie weer wes, terug Stellenbosch toe waar ek woon. Waar moontlik het ons grondpaaie gery, sonder haas oor bergpasse en deur die dorpies wat ver uit mekaar deur ons binneland gesaai lê. ’n Storie oor dié reis sal later vanjaar in Weg verskyn, maar vir nou wil ek ’n paar dinge deel wat my opgeval het. Julle weet dit reeds, maar mensig, ons land is pragtig! En die uiteenlopendheid van haar landskappe en haar mense maak haar net mooier. ’n Mens vergeet dit partykeer as jy te lank op jou eie molshopie sit. Soos wat verlede jaar die…

2 min.
agter die skerms

H-u jy van Dalene Matthee se b-eke? Ja. Kringe in ’n bos was ’n voorgeskrewe boek iewers in my skooljare. Ek het later Fiela se Kind en Moerbeibos by die dorp se biblioteek gaan uitneem. Kringe in ’n bos se Saul Barnard se deernis vir die bos en sy verhouding met die olifant Oupoot maak sy karakter my gunsteling. Wat was die h--gtepunt van die t-er? Die vroegoggendvlug in ’n mikrovliegtuig saam met Morné Jonker van die Louvain-gasteplaas in die Langkloof. Ek was nog nooit in só ’n tuig nie en die uitsig uit die lug oor die Outeniekwaberg teen sonop was besonders. Het daar enigiets interessants agter die skerms gebeur wat nie die st-rie gehaal het nie? Op pad na Jimmy Zondagh by Belle-Vue het ons op die ingewing van die oomblik…

6 min.
briewe

Kleurryk langs die Kruger Hierdie gewone troupante het lekker gesmul langs die Olifantsrivier in die Struwig-ekoreservaat sowat 40 km van Hoedspruit af. Daar was baie insekte en ons het gekyk hoe dié voëls jag en eet. Die reservaat is reg langs die Krugerwildtuin en ons het een week laat in Maart vanjaar daar gebly. Dis een van my gunsteling- wilde plekke. MIKE VAN DYK, SPRINGS Dagsê, oom Wolf! Die artikel oor Barrydale en spesifiek oor Bob Wolf en sy kolestowe in Weg #195 het my na 1967 teruggeneem. Ek is daardie jaar getroud en ek en my man het met ons Volkswagen Beetle na Durban gereis en vandaar teen die kus afgery vir ons wittebroodsreis. By Port St. Johns het ons met net ’n klein oprolmatras, ’n tweemantent en ’n flitslig kamp opgeslaan. Nie lank…

2 min.
v & a

EDWIN PAGEL van Windho-k skryf: Ek het dié swartrenoster onlangs by die Okaukuejo-watergat in Etosha- nasionale park afgeneem. Het hy drie horings of is dit ’n groot vrat op sy voorkop? Di- wildl-w-k-nn-r L.D. VAN ESSEN antwoord: Dis ’n derde horing en dis ’n rare verskynsel. Ek weet wel van ’n swartrenoster met drie horings wat in 2015 in Etosha afgeneem is, en daar is ook rekords van sulke renosters rondom die Young-meer in Zambië en een wat in 1906 by Elmenteita in Kenia geskiet is. Die derde horing word waarskynlik veroorsaak deur ’n niegenetiese ontwikkelingsafwyking wat ontstaan het toe die renoster ’n fetus was. Die afwyking sal dus nie na die renoster se nageslag oorgedra word nie. Indien die afwyking geneties was, sou verskeie renosters in die gebied drie horings gehad…

1 min.
woef vlieg saam!

Breek jou hart elke keer wanneer jy Sokkies by die hondehotel moet los as jy op vakansie gaan? Goeie nuus! Op ’n LIFT-vliegtuig, Suid-Afrika se nuwe laekostelugdiens, kan Sokkies saam met jou vlieg. “Baie honde-ouers wil nie van hondehokke, familie of vriende gebruik maak om na hulle troeteldiere te kyk nie,” sê die medestigter van LIFT, Jonathan Ayache. “Hulle wil hulle viervoetige familielede saam op vakansie neem. Dit was tot nou toe nie moontlik met Suid-Afrikaanse lugrederye nie.” Ongelukkig moet Pote, die labrador, steeds tuis bly. Slegs klein hondjies word tans toegelaat. Hulle moet in ’n spesiale drasak (28 cm x 20 cm x 45 cm) kan pas. Die sak word dan veilig onder die sitplek skuins oorkant hulle eienaars gebêre. Mense wat allergies is vir hondehare kan ontspan. Daar is net…

2 min.
kom ons gesels oor teengif

Boeddhistiese monnikke was die mediese wêreld honderde jare vooruit toe hulle slanggif begin drink het om immuniteit teen sekere slangbyte op te bou. Slangteengif, soos ons dit vandag ken, is die eerste keer in die vroeë 1900’s ontwikkel en word deur verskillende maatskappye wêreldwyd vervaardig. In Suid-Afrika word teengif deur die Suid-Afrikaanse Entstofvervaardigers (SAVP), wat onder die Nasionale Gesondheidslaboratoriums val, gemaak. Dis ’n tydrowende en duur proses om teengif te vervaardig. Diere soos perde, skape en kamele word vir dié doel gebruik. In Suid-Afrika gebruik ons perde. Hoe werk dit, wonder jy? ’n Perd word met ’n klein hoeveelheid slanggif ingespuit om sy immuunstelsel te aktiveer. Daarna word ’n reeks inspuitings – elke keer met ’n bietjie meer slanggif – oor ’n tydperk van sowat nege maande toegedien totdat die perd immuun…