ZINIO Logo
EXPLORARBIBLIOTECA
WegSleep Oordgids

WegSleep Oordgids

2021
Afegir a favorits

Met WegSleep kan jy 2016 op ’n hoë noot afskop. Op 9 Januarie is ons nuwe oordgids op die rak. Ons het die WegSleep-oordgids 2016 saamgestel om jou te help om jou volgende kampe te beplan. Dit is ’n gids met inligting oor 197 kampplekke en oorde in al die provinsies en in die Wildtuin. Die gids gee vir jou inligting oor die kampplek se staanplekke en geriewe, hoe om daar te kom en die prys en kontakbesonderhede. Met dié gids kan jy jou kampnaweke en vakansie(s) vir die nuwe jaar en sommer vir 2017 begin beplan. Geniet dit en lekker kamp.

Llegir Més
País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
Media 24 Ltd
Periodicitat:
One-off
COMPRAR NÚMERO
5,96 €(IVA inc.)

en aquest número

1 min.
ons kan weer kamp!

As gevolg van verlede jaar se Covid-19-inperkingsmaatreëls kon ons vir die eerste keer beleef hoe dit voel om nié te mag kamp nie. En hoewel dit nie lekker was nie, het dit wel ’n positiewe nadraai gehad: ’n Mens voel nou skoon uitgehonger om jou woonwa te haak en weer te mik na jou gunstelingkampplek. Of dalk is dit sommer ook tyd om ’n nuwe kampplek te probeer. Dit is net hier waar jy maklik geholpe sal raak met 2021 se Oordgids. Ons begin met 50 bestemmingsoorde reg oor die land – en vanjaar sluit ons ook twee van Sanparke se gewildste reservate in. Dit is natuurlik die Krugerwildtuin en die Kgalagadi-oorgrenspark. Ons vertel jou meer van al 13 kampplekke in die Kruger en van die hoofkampe in die Kgalagadi wat…

3 min.
punda maria

Punda Maria is die noordelikste kampplek in die Krugerwildtuin; hier kamp jy net ’n paar kilometer van die grens met Zimbabwe en Mosambiek af. Punda Maria was omtrent ’n eeu gelede ’n veldwagterspos met kaptein J.J. Coetzer aan die stuur van sake. Van die eerste diere wat kaptein J.J. ná sy aankoms hier gesien het, was sebras. Die Swahilinaam vir ’n sebra is “punda malia”, en die kaptein se vrou, Maria, het ’n voorliefde vir klere met swart en wit strepe gehad; toe noem hy dié plek Punda Maria. Dit is uitgelê aan die voet van ’n koppie, en sodra ’n mens direk ná die hek verby die vulstasie ry, moet jy met ’n steil paadjie uit tot by die kantoor. Maar haak eers af vóór jy na die kantoor toe ry.…

2 min.
shingwedzi

Hierdie kamp staan kop en skouers bo die res uit as dit kom by gelyk staanplekke, en dan is hier boonop ook reusagtige mopaniebome. Shingwedzi was die eerste van al die Krugerwildtuin se kampe wat heiningstaanplekke vooraf toewys, en jy betaal boonop duurder daarvoor. (Shingwedzi s’n is ook die duurste in die Kruger.) Omdat jy in ’n ry staan teen die heining, kamp jy reg op die drumpel van jou buurman, maar dis ’n klein prys om te betaal vir jou onbelemmerde uitsig deur die heining. Die ander helfte van die staanplekke lê agter die heiningstaanplekke en dis opvallend hoeveel ruimte ’n mens rondom jou het, selfs al is die kampplek volbespreek. Die kragpunte is rond en bont geplant, en eers pla dit ’n mens nie, want jy kan vir jou ’n kol naby…

3 min.
tsendze

Tsendze is ’n kampplek waar ’n mens móét gaan inloer, al is dit net om self te sien waarom so baie kampeerders dit uitsonder as hulle gunstelingkampplek in die Kruger. Dié kamp het nie sy eie ontvangskantoor nie, en jy moet ’n paar kilometer verby hou tot by die Mopanikamp om in te teken. By Tsendze is dinge agtermekaar en elke staanplek duidelik genommer. Die amptenaar waar jy inteken, benadruk ook dat jy op die staanplek moet kamp wat hulle aan jou toewys. Tsendze se borshoogte houthek moet jy self oopmaak om die kamp binne te ry. Kyk maar goed rond vóór iemand uit die kar spring om dié takie te verrig, want daar’s dalk wilde diere. Met ons besoek was daar net ’n paar honderd meter van die afdraai na die kamp…

2 min.
letaba

Letaba lê so te sê op die naeltjie van die Krugerwildtuin. Dit is olifantwêreld dié; selfs op Phalaborwa verwys toergidse jou na die “Olifantmuseum” in Letaba. As dié eentonners jou interesseer, sit gerus ’n uur of twee opsy om ’n draai te maak by die Omgewingsopvoedkundige Sentrum net agter die ontvangsgebou. ’n Massiewe veselglasolifant wag jou voor die deur in. Die sentrum voel soos ’n bogrondse begraafplaas van die plooivelle. Hier kan jy sien hoe groot is ’n regte olifanthart, jouself meet teen die geraamte van een van die kolosse, en selfs na hulle eie heldeakker gaan kyk. Ook deel van die tentoonstelling is die ivoor wat behoort het aan van die grootste grootvoete wat nóg die park bewandel het. Onder hulle tel Mafunyane, wat volgens kenners een van die bekendste…

2 min.
balule

Met net 15 staanplekke elk is Malelane en Balule die kampe in die Krugerwildtuin met die minste staanplekke. Balule is net-net kleiner as ’n rugbyveld. Die staanplekke lê al langs die heiningdraad, maar word nie ordentlik afgebaken nie. Hier en daar is ’n staanpleknommer teen ’n paaltjie vasgeskroef, maar dis onduidelik wie waar moet staan. Kampeerders kom binne en kies self ’n kol langs die draad, maar dit lyk nie of almal ewe bedagsaam is nie. Net soos wanneer twee karre weerskante van ’n oop parkeerplek te naby ingetrek het en geen kar dan daar kan inkom nie, gebeur dit ook hier. Dit mors die kosbare plek langs die heining. Heel regs kan jy ’n ent weg van die heining af staan, en dan is daar ook ’n paar kampplekke net ná…