ZINIO Logo
EXPLORARMI BIBLIOTECA
Baba & Kleuter

Baba & Kleuter

June - September 2021
Añadir a favoritos

Baba & Kleuter is die enigste Afrikaanse ouerskaptydskrif in die land. Ma's wat net die beste vir hul kinders wil hê maak staat op ons vir raad en inligting. Ons is passievol oor ouerskap en maak ma-wees makliker vir jou. Baba & Kleuter is`n ouerskaptydskrif wat alles dek van swangerskap tot en met graad een. Ons inspireer ons lesers met deeglike, inspirerende artikels om beter ouers te wees en hul kinders met selfvertroue groot te maak. Ons skep `n gemeenskap van oopkop Afrikaanse ouers wat almal glo in heilsame gesinne waar elke gesinslid hom- of haarself ten volle kan uitleef. Lees Baba & Kleuter, en jy sal klaar soos 'n beter ouer voel.

Leer Más
País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
Media 24 Ltd
Periodicidad:
Quarterly
ESPECIAL: Get 40% OFF with code: JOY40
COMPRAR NÚMERO
2,72 €(IVA inc.)
SUSCRIBIRSE
15,34 €(IVA inc.)
3 Números

en este número

2 min.
staan op vir die susters!

Ek en my man deel ’n kantoor hier by die huis. Gewoonlik kan ek te midde van enige geraas werk. Dis ’n ingeoefende vaardigheid wat op kosskool ontwikkel het en toe by die bedrywige dagblad waar ek as joernalis begin werk het, verfyn is. Ek skrik nie vir ’n oopplankantoor nie. Trouens, ek mis dit nogal. Daar is een deel van my man se werk wat my egter noop om die vertrek te verlaat. Hy sit van tyd tot tyd in lang zoom-vergaderings oor nuwe aanstellings. Van die gesprekke oor die verskeie kandidate kan vir ure aanhou en dis eentonig genoeg dat ek niks hoor nie, net ’n gedruis in die agtergrond. Die oomblik as ek egter hoor daar is ’n gaping in ’n CV, en dis ’n vrou, en swangerskap en…

1 min.
#coverstarsearch

WIL JY JOU KIND OP DIE VOOBLAD SIEN? SKRYF DAN IN VIR ONS VOORBLADKOMPETISIE EN KOM IN AANMERKING VIR FANTASTIESE PRYSE! Ons soek 2021 se voorbladsterre. Die inskrywings vir seuntjies en pasgeborenes het reeds gesluit, maar ons het nog twee dogtertjies nodig vir die res van die jaar. Baba & Kleuter verskyn vanjaar drie keer. Ons sustertydskrif Your Pregnancy & Baby verskyn ses keer, maar elke tweede voorblad is ’n swanger vrou. Daar is dus nog twee geleenthede oor vir jou kind om op die voorblad van een van die twee tydskrifte te verskyn, want die twee seuntjievoorbladwenners en die twee pasgeborenes is reeds op die winkelrakke te kry. Wanneer jy inskryf, kom jou kind outomaties vir albei tydskrifte in aanmerking. Blaai na bladsy 14 en 15 vir nog inligting, en…

4 min.
inboks wenbrief

TWEE MAANDE IN DIE NICU Marcus is op 28 Mei 2020 gebore, baie onverwags. Ek het preëklampsie opgedoen en om ons albei te red, moes hulle hom so gou moontlik uithaal. Nooit sou enigiets my kon voorberei op die pad wat voorgelê het nie. Marcus was 68 dae lank in die baba-waakeenheid (NICU). In dié tyd moes hy meestal asemhalingshulp kry van die ventilator of CPAP-masjien. (CPAP is die Engelse afkorting vir aanhoudende positiewe lugdruk.) Hy het meer as een infeksie gehad, longprobleme, ’n bloedklontjie in sy hart, asook bloeddruk- en nierprobleme. ’n Tyd lank was hy ook in ’n kritieke toestand. Daar het soveel dinge gebeur wat ek nie regtig wil onthou nie. Dit was soos ’n wipwarit. Hy het elke dag so hard baklei! Die dag het uiteindelik aangebreek dat ek hom…

1 min.
wen!

BABA & KLEUTER NEEM UMA SE PLEK IN Ek verwag oor twee maande ’n seuntjie en ons liefste dogtertjiepop is 18 maande oud. Ons woon in Katar en waar die plan was om in SA die lewe te skenk, het dinge weens Covid-19 verander. Ek sal hier moet kraam en my ma en sussies sal Boetiebeer vir ’n hele ruk nie kan sien nie. Ek het my nooit kon indink dat my mense nie deel van my babatjie se eerste paar maande sou wees nie. My hart is goed seer, maar ek sien ook uit na die intieme tyd wat vir ons gesinnetjie voorlê: net ek en my man, en ons dogtertjie en seuntjie. Soveel mammas wat oorsee bly moes hul eerste baba in die lewe bring sonder hul ondersteuningstelsel. Moeilike tye. My vriendin…

1 min.
deel & wen!

Die prys gee jou twee maande van elektroniese toegang tot prettige en betekenisvolle tydverdrywing saam met jou kleinding. Die program streef daarna om peuters en kleuters tussen een en vyf in die geheel te ontwikkel. Elke dag is anders en vol pret. Belê in die boustene van jou kind se toekoms. Om deel te neem, stuur jou kind se foto na sharing@ypbmagazine.com. Stuur jou gunstelingfoto na sharing@ ypbmagazine.com Onthou om jou kind se naam, van, ouderdom, kontakbesonderhede en posadres in te sluit.…

3 min.
groete uit die ooste

Ons het nooit beplan om in Singapoer met ’n gesin te begin nie. Maar ek en Lionel het nou drie lieflike klein mensies –Zoey (8), Lana (5) en Ezra (3) –en ons geniet dit om hulle hier groot te maak. Zoey is baie lief vir lees en bak en wil graag eendag ’n hond hê (o, wee). Lana is ’n bondel pret en giggels. Sy is mal oor drukkies en is baie bedagsaam. Ons jongste, Ezra, is weer ernstig, dog spelerig, en is baie lief vir treine en spoggerig aantrek! Ek is Singapoer toe verplaas deur die multinasionale maatskappy waarvoor ek vandag nog werk. Dit het begin as ’n ITpos, maar ek het na aanvraagbeplanning en vooruitskouings geskuif. Lionel het toe ook werk gekry by ’n ander multinasionale groep en is ook nog…