IN ’N BLIK
STOWWERIG! Die Neethlings van Saamstaan-boerdery buite Malmesbury in die Wes-Kaap het onlangs hul eerste plantseisoen afgehandel met dié splinternuwe John Deere 1890-lugplanter en John Deere 1910-saadkar. “Ons het in baie droë omstandighede geplant en byna geen reën gehad nie. Dit was presies soos die situasie in 2017,” sê mnr. Neels Neethling jr., wat die boerdery saam met sy pa, ook Neels, bedryf. Die Neethlings se hoofboerderybedryf is ’n melkery, maar hulle plant ook kanola, koring, hawer en wyndruiwe, asook lusern en mielies op ’n plaas by Colesberg in die Noord-Kaap. FOTO: FRANLI KRIEK…