IN ’N BLIK
DIE NYL KOM AF! Daar was groot opgewondenheid onder inwoners van Bela-Bela, Modimolle, Mookgophong en Mokopane in die Waterbergstreek in Limpopo vroeg vandeesmaand toe die Nylrivier vir die eerste keer sedert 2014 afgekom het. Die rivier ontspring in die Waterberg naby Bela-Bela en vloei noord tot by Mokopane, waar dit die Mogalakwenarivier word. Op die plaas Moorddrift hou me. Tersia Smit getrou boek van die Nylrivier se vloede waar dit oor die familieplaas vloei. Die afgelope 20 jaar was die rivier in vloed in 2014, 2010, 2009, 2004 en 2000. Ander jare is dit net ’n grasvlakte op swaar kleigrond. Die Nyl is só gedoop deur ’n groep diep godsdienstige trekboere wat, toe hulle in die 1860’s op dié breë rivier met sy groot vloedvlakte afgekom het, geglo het dit…