IN ’N BLIK
NOODHULP. Wingerde reg oor Frankryk is begin vandeesmaand deur lenteryp getref wat temperature in die Champagne-streek tot -9 °C laat tuimel het, berig Mail Online. Dit is die derde keer in ses jaar dat wingerde by Chablis in die noordooste van Boergondië deur erge ryp getref word. Wynmakers is volgens berigte bekommerd oor hoe dit oeste sal raak. Die voorkoms van matige weer vroeg in die jaar gevolg deur lenteryp is ongewoon en skep onsekerheid oor die oesvooruitsigte. In Yonne, in die noorde van Frankryk, is twee derdes van die oes verlede jaar deur lenteryp verwoes.…