Daar is iets aan hierdie beginmaande van ’n nuwe jaar wat ’n mens laat glo jy het tyd. Tyd waarmee jy later weer kan inhaal, later weer bel en later weer beplan. Dis normaal, want die kalender is eintlik nog relatief oop, die vakansieherinneringe vars en die komende jaar se onafwendbare malle gejaag lê iewers op die horison.
Of dis wat ons dink, want voor jy jou oë uitvee, begin die lewe sommer vinnig weer spoed optel. Die skole maak weer oop, jy is terug by die werk en wanneer jy weer tot verhaal kom, is dit met die besef dat jy weer van saktyd tot saktyd leef.
Dit is dan wanneer jy jou moet dwing om vir ’n rukkie te gaan sit en asemhaal. In daardie oomblik tref dit…
