EXPLORARMI BIBLIOTECAREVISTAS
CATEGORÍAS
  • Arte y Arquitectura
  • Aviación y Navegación
  • Negocios y Finanzas
  • Coches y Motos
  • Famosos y Cotilleo
  • Comics & Manga
  • Artesanía
  • Cultura y Literatura
  • Familia y Paternidad
  • Moda
  • Cocina y Vinos
  • Salud y Fitness
  • Hogar y Jardín
  • Caza y Pesca
  • Adolescentes
  • Lujo
  • Estilo de Vida Masculino
  • Cine, TV y Música
  • Noticias y Política
  • Fotografía
  • Ciencia
  • Deportes
  • Tecnología y Juegos
  • Viajes y Aire Libre
  • Estilo de Vida Femenina
  • Adultos
DESTACADOS
EXPLORARMI BIBLIOTECA
Noticias y Política
Rapport

Rapport

2/23/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
Media 24 Ltd
Leer Más
COMPRAR NÚMERO
1,61 €(IVA inc.)
SUSCRIBIRSE
68,53 €(IVA inc.)
52 Números

En este número

4 min.
‘maak reg vir vyf jaar se beurtkrag’

‘Dit kan tot vyf jaar duur voordat ons weer ’n stabiele netwerk sal hê.’ Ontwerpfoute by die land se twee grootste kragsentrales is so omvangryk dat die land nog vir jare onder beurtkrag gebuk sal gaan voordat die kragsentrales uiteindelik die elektrisiteit lewer waarvoor hulle ontwerp is. Eskom se nuwe uitvoerende hoof, André de Ruyter, het die afgelope week aan die parlement gesê dié werk sal eers in Augustus 2022 voltooi wees. Dit is amper 12 maande langer as die aanvanklik geraamde 18 maande, maar ’n energiekenner meen dat selfs dié teiken gans te optimisties is. “Ek dink dit kan tot vyf jaar duur voordat ons weer ’n stabiele netwerk sal hê,” het die ingenieur en energiekenner Mike Rossouw die afgelope week aan Rapport gesê. Hy is boonop bekommerd dat daar nie genoeg leierskapsvaardighede binne…

2 min.
suid-afrika is ’n land van twee wêrelde

As jy in ’n relatief goed beveiligde buurt woon in ’n huis met drinkbare water en ’n spoeltoilet, het jy iets wat baie Suid-Afrikaners steeds ontbeer. Plaas jou in die skoene van Terence Manuel en Carmen van Wyk, wat in ’n wendyhuis naby Elsiesrivier in ’n arm deel van die Kaapse Skiereiland bly. Die luukse om hul jong dogter Tazne te sien volwasse word in ’n plek sonder bendemisdaad en dwelms was Manuel en Van Wyk nie beskore nie, al het hulle haar onlangs in ’n skool nader aan die huis geplaas juis uit vrees dat sy die slagoffer van geweld sou word. Van die egpaar se voordeur kan ’n mens nou die gebou sien waar Moyhdine Pangarker van tyd tot tyd kom bly het – die man wat 19 jaar gelede sy…

1 min.
dié sardyne dalk onveilig

Maak seker jou blikkie sardyne in tamatiesous is veilig. West Point Processors het gister aangekondig hy onttrek sekere 400 g-blikkies aan die mark om te verseker sy produkte voldoen aan die standaarde wat verbruikers van hom verwag. Die vervaardiger sê daar is ’n klein moontlikheid dat sommige blikkies se inhoud nie eetbaar is nie weens ’n fout in die blikproses. Die betrokke handelsmerke is Cape Point, Saldanha en Shoprite Ritebrand, asook Checkers en OK se eie handelsmerke. As die kode wat bo-op die blikkie gedruk is met ZST2 of ZSC2 begin, moet verbruikers dit na die winkel terugvat, waar hulle hul geld sal terugkry. Luidens West Point se verklaring is die meeste van die voorraad in sy fabriek of by verspreidingspunte geïsoleer of van winkelrakke afgehaal. Mense met navrae kan die nommer 0861 083 126 bel.…

4 min.
toyotas word ‘doodskisambulanse’

Struktuur van voertuig glo verswak. Die lewens van duisende pasiënte, passasiers en nooddienswerkers landwyd word daagliks in gevaar gestel in driesitplek-paneelwaens van Toyota wat glo omgebou word na ambulanse. Die Valke het aan Rapport bevestig dat hulle besig is met ’n landwye ondersoek na die omgeboude ambulanse. Dit volg ná ’n klag deur die departement van vervoer in 2017. Hennie de Beer, ’n oudbankier wat ’n paar jaar gelede ’n soortgelyke skandaal met lewensgevaarlike omgeboude minibustaxi’s oopgevlek het, sê dié omgeboude ambulanse het reeds tot ernstige ongelukke gelei. Die departement van vervoer het nie gereageer op vrae van Rapport nie. In die geval van taxi’s is goedkoper Toyota-paneelwaens omgebou deur vensters te installeer en dit toe te rus met meer sitplekke. Die prokureur Richard Spoor, wat bekend is vir sy betrokkenheid by die listeriose-groepsgeding, die suksesvolle…

3 min.
joe biden lieg oor sy arrestasie in soweto

Die Amerikaanse politikus Joe Biden, een van die Demokrate wat hoop om pres. Donald Trump by die stembus te verslaan, is besig om kluitjies te bak oor die feit dat hy in die 1970’s in apartheid-Suid-Afrika gearresteer is. Die 77-jarige Biden, wat deur sommige beskou word as die Demokraat wat die beste kans staan om Trump uit die kussings te lig, het die afgelope weke op verkiesingsbyeenkomste te vertelle gehad hoe, tydens ’n besoek aan Suid-Afrika in 1977, hy vir oudpres. Nelson Mandela in die tronk wou besoek, maar gearresteer is omdat die Suid-Afrikaanse owerhede nie van die idee gehou het nie. Biden, wat pres. Barack Obama se visepresident was, vaar tans swakker as verwag onder Demokratiese kiesers wat oor die volgende paar weke hul presidentskandidaat moet aanwys. The New York Times het…

1 min.
bespreek plek vir rapport regstreeks

Durf ons hoop dat pres. Cyril Ramaphosa vanjaar die moeilike besluite sal neem om Suid-Afrika se uitdagings te takel? Ramaphosa sê hy het ’n plan, maar is dit die regte een en kan hierdie regering dit implementeer? Waldimar Pelser, redakteur van Rapport en aanbieder van Verslag in gesprek op kykNET, lei ’n reeks gesprekke met politieke en ekonomiese ontleders oor die president se prestasiegeskiedenis en wat die staats- en begrotingsrede vir ons inhou. Pelser is Vrydagoggend by die Brooklyn-teater in Pretoria saam met Theo Venter, ’n politieke kenner van die Noordwes-Universiteit (NWU), prof. Raymond Parsons, ’n ekonomiese ontleder van die NWU se sakeskool, en Ebrahim Fakir, politieke ontleder en programdirekteur by die Auwal Sosioekonomiese Navorsingsinstituut (Asri). Die gesprek word Dinsdagoggend 3 Maart om 09:00 vir 09:30 in die George Arts Theatre aangebied.…