TUTKIKIRJASTO
Liiketoiminta ja talous
Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans

9/24/2020

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Jakeluväli:
Biweekly
Lue lisää
OSTA IRTONUMERO
1,39 €(sis. verot)
TILAA
29,46 €(sis. verot)
25 Numerot

tässä numerossa

2 min
die redakteur sê

die afsterwe van George Bizos gee aanleiding tot baie nabetragting. Nie net oor sy nalatenskap en aktivisme nie, maar ook oor die reuse saam met wie hy beginselvas gestaan het. Diegene wat hul lewens gegee het en vreesloos geveg het sodat ons in ’n vrye en regverdige samelewing kan wees. Hoewel ons demokrasie kan spog met een van die mees progressiewe grondwette – opgestel deur dieselfde reuse – lyk dit asof die idee van openbare diens feitlik verlore geraak het. Politiek het werk vir eie gewin geword, en as ’n jong Suid-Afrikaner is dit vir my moeilik om enige politieke party of politikus te vind wat die nalatenskap van diegene wat voor hulle gekom het, waardig is. Ek verwys nie net na die regerende party nie. Die DA het niks gedoen om hom…

4 min
hoe grootdata belegging verander

die wêreld van belegging is vinnig aan die verander. ’n Kombinasie van Covid-19, inperkings, fiskale-aansporingspakkette, groter besparing en meer ontspanningstyd het tot ’n toename in kleinhandelbeleggings gelei. Aanlyn beleggingsplatforms soos eToro, Robinhood en EasyEquities maak dit nou nie net maklikervirgewone mense om in internasionale aandele te belê nie, maar laat amateurhandelaars ook toe om ’n internasionale reputasie en ondersteunersgroep op te bou. Dave Portnoy, beter bekend as Davey DayTrader, staan aan die voorpunt van ’n beweging om die werkswyse van institusionele beleggers omverte werp. Hierdie demokratisering van beleggings bedreig oënskynlikdie bestaan van beleggingsondernemings en hul batebestuurders. Batebestuurders veg terug met beter tegnologie. In byna alle sektore van die ekonomie beteken betertegnologie groter doeltreffendheid; tog word baie nuwe tegnologieë in die beleggingswêreld geblameervir hoër wisselvalligheid, illikiditeit en ondoeltreffendheid. Die rede hiervoor is…

2 min
kortliks

“ONS WAS IN ’N EEN-RIGTINGWEG OP PAD NA WANFUNKSIO-NERING.” − President Cyril Ramaphosa het tydens ’n mediasessie aan joernaliste gesê sy administrasie “speel nie speletjies” wanneer dit by die uitwissing van korrupsie in die land kom nie. Ramaphosa het erken die openbare frustrasie loop diep oor die regering se gebrek aan vordering om korrupsie te pak en stappe deur te voer om die ekonomie te hervorm sedert hy in 2017 president geword het. Hy het verduidelik staatstrukture is tydens die vorige administrasie “stuk vir stuk” afgetakel en die versekering gegee dat, hoewel dit tyd geneem het om dinge reg te stel, “ons nou ’n fase bereik het waar die verandering wat ons almal wil sien, sal begin ontvou” (sien ook die artikel op bl. 36). “DAAR KOM ’N TYD IN ENIGEEN SE…

1 min
skewe kyk

DIE GOEIE Unilever Suid-Afrika sê hy bring ’n nuwe batekomitee vir diversiteit en insluiting op die been, verteenwoordigend van al sy verbruikers, om te verseker toekomstige reklameveldtogte en advertensiemateriaal weerspieël sy waardes. Dit volg nadat die maatskappy beeldmateriaal vir Clicks se webtuiste verskaf het wat swartmense se hare as minderwaardig uitgebeeld en openbare woede ontlok het. Die maatskappy sê hy hersien al sy bemarkingsveldtogte en beeldmateriaal in sy SA portefeulje om te verseker dit strook met sy onderneming om alle skoonheid te vier en diversiteit en insluiting te bevorder. Unilever het met die EFF ooreengekom om TRESemméprodukte tien dae lank van sy rakke te verwyder. DIE SLEGTE Suid-Afrikaanse bankaandele het sedert begin vanjaar met 40% gedaal, reeds dubbel soveel soos die skerp terugsakking in 2015, die sektor se vorige slegste jaar op rekord,…

4 min
bestry honger met digitale oplossings

food Forward SA (FFSA), ’n maatskappy sonderwinsbejag wat oorskotvoedsel herversprei, het sy bedryfsdoeltreffendhede in 2017 aansienlik verbeter deur’n digitale oplossing genaamd FoodShare in te stel. Dié digitale platform maakdit virvoedselskenkers – hoofsaaklik groothandelaars, vervaardigers en kleinhandelaars – moontlik om hul eetbare oorskotkos te skenk aan organisasies wat begunstigdes van die FFSA-netwerk, en in die omtrek, is. Dié begunstigdes gebruik die kos dan om etes vir honger mense in hul netwerkvoorte berei. Andy du Plessis, besturende direkteurvan FFSA, sê voedselskenkers laai kennisgewings van voedseloorskotte op die platform – wat lidorganisasies van eenmalige of gereelde afhaalgeleenthede in kennis stel. ’n Kennisgewing word outomaties aan drie begunstigdes in die omtrek gestuur, en die eerste een wat op die kennisgewing reageer, ontvang die skenking. Die verspreidingsdata word intyds opgedateer wanneer die begunstigdes die kos afhaal. Du Plessis…

5 min
herleef platinum?

die nuwe handelsmerkbaadjie wat platinummaatskappye die afgelope klompie jare aangetrek het om eerderas produseerders van platinumgroepmetale (PGM’e) bekend te staan, gee erkenning aan die toenemende rol wat palladium, en deesdae rodium, in die sektor se prestasie speel. Dié twee metale maak byvoorbeeld die helfte van Impala Platinum (Implats) se inkomste vir sy 2020-boekjaar uit, al is die maatskappy hoofsaaklik ’n platinumprodusent. Tog is daartoenemend tekens dat platinum, wat so lankoordie hoof gesien is, terug is op beleggers se radarskerms. “Baie van die belangstelling wat ons in platinum sien, hetsy deur’n posisie in termynkontrakte of bates in beursverhandelde fondse (EFT’s), is grootliks daarop gegrond dat platinum steeds onderwaardeer is,” het Suki Cooper, uitvoerende direkteurvan Precious Metals Research by Standard Chartered Bank in NewYork vroeër vandeesmaand tydens ’n PGM-konferensie in Johannesburg gesê. Die metaal…