TUTKIKIRJASTO
Liiketoiminta ja talous
Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 5/21/2020

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Jakeluväli:
Biweekly
Lue lisää
OSTA IRTONUMERO
1,44 €(sis. verot)
TILAA
30,48 €(sis. verot)
25 Numerot

tässä numerossa

2 min
die redakteur sê

met die skryf van vandeesweek se redakteursbrief voel ek gespanne en senuagtig. Nie weens die gewone onsekerheid wanneer ’n mens 400 woorde moet neerpen wat nie sommer twak is nie, maar omdat ek hier skryf met ’n knop op my maag van angstigheid – en meer as ’n tikkie woede – want dit was sowaar nie ’n maklike paar weke sedert ons vorige sperdatum nie. Als het begin met die nuus dat Associated Media Publishing sy deure toemaak, gevolg deur die skokkende aankondiging enkele dae later dat Caxton besluit het om nie meer tydskrifte uit te gee nie. Die meeste van ons hier by finweek ken mense wat regstreeks hierdeur geraak is – voormalige kollegas, vriende en selfs familie. My ma is een van hulle. Sedert 4 Mei is sy nou sonder…

1 min
finweek

REDAKSIONEEL & VERKOPE Waarnemende redakteur Jana Jacobs Adjunkredakteur Jaco Visser Medewerkers Simon Brown, Peter Fabricius, Samuel Feinstein, Johan Fourie, Moxima Gama, Jessica Hubbard, Mariam Isa, Schalk Louw, David McKay, Timothy Rangongo, Petri Redelinghuys, Melusi Tshabalala, Glenda Williams Subredakteur Maarten Roos Redaksionele assistent Thato Marolen Uitleg David Kyslinger, Beku Mbotoli, Nadine Smith Advertensieverkope Paul Goddard 082 650 9231/paul@fivetwelve.co.za Clive Kotze 0823354957/clive@mediamatic.co.za Tanya Finch 0829619429/tanya@fivetwelve.co.za Uitgewer Sandra Ladas sandra.ladas@newmedia.co.za Hoofbestuurder Dev Naidoo Produksie Angela Silver angela.silver@newmedia.co.za Besoek ons by: @finweek finweek finweekmagazine…

5 min
die argument vir sport

ek mis sport. Ek mis dit om my gunstelingspanne te volg, die nuus oor nuwe spelers te lees, om op wedstryddag na ’n vriend se huis te gaan, die intensiteit van groot wedywering, die ekstase van ’n oorwinning, en, ja, die frustrasie van gedurige teleurstellings (en om eerlik te wees, daar is baie as jy ’n Protea-, Stormers-en Arsenal-ondersteuner is!). Ek besef nou meer as ooit vantevore dat sport ’n sterker manier het om mense saam te bring as enige ander sosiale gebeurtenis. Ek kan op die dag van ’n groot wedstryd dieselfde gesprek met mense in alle kringe, mans en vroue, swart en wit, ryk en arm, in verskeie tale voer. Ek mis daardie interaksie met my mede-Suid-Afrikaners. Ons weet beter as enige ander nasie maar te goed hoe sport…

5 min
gaan vasteland covid-19 inspan om meer mag te gryp?

moet nooit ’n goeie krisis verlore laat gaan nie, soos Sir Winston Churchill (miskien, of miskien ook nie) gesê het. Menige politikus en ekonoom volg nietemin deesdae dié raad en slaan munt uit die Covid-19-krisis om hul eie agendas te bevorder of hul gunsteling teorieë te regverdig. In Suid-Afrika, byvoorbeeld, het Nkosazana Dlamini-Zuma, ministervan samewerkende regering en tradisionele sake, president Cyril Ramaphosa blykbaarop omstrede wyse oordonderom van beleid te veranderen die verkope van tabaken sigarette tydens die staat van inperking te verbied. Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, het eweneens e-handel verbied, deels vanweë “die impak op ander sakeondernemings”. Patel, ’n kommunis, gebruik die regulasies dus duidelik om sakeondernemings gelykwaardigerte kry. In albei gevalle het hul beleidsvoorskrifte min met die stryd teen Covid-19 te make. Aan die ander kant van die kabinet…

3 min
kortliks

“IN DIE AFWESIGHEID VAN ’N SAKEREDDINGSPLAN, IS DIE UITREIKING VAN KENNISGEWINGS WAT ’N KONSULTASIEPROSES OOR DIE VOORGESTELDE AFDANKINGS LAAT BEGIN, UIT ’N PROSEDURE-OOGPUNT ONBILLIK.” − Regter André van Niekerk van die arbeidshof het beslis dat die afdankingskennisgewings wat aan bykans 5 000 werknemers van die SAL prosedureel onbillik kragtens artikel 136 van die Maatskappywet was omdat die lugdiens se sakereddingspraktisyns, Les Matuson en Siviwe Dongwana, nie ’n klinkklare plan voorgelê het oor hoe die lugdiens gered sal word nie, aldus Daily Maverick. Die hof het die sakereddingspraktisyns beveel om die afdankingskennisgewings gevolglik terug te trek. Dongwana het aan Reuters gesê dat die administrateurs teen die uitspraak gaan appelleer. “DAAR IS NIKS SLINKS IN ’N VERANDERING VAN MENING NÁ ’N KONSULTATIEWE PROSES NIE … DIE PRESIESE AARD VAN KONSULTASIE IS DAT VERANDERING KAN…

2 min
skewe kyk

DIE GOEIE SA het sy plek op die Wêreld se Staatseffekte-indeks verloor nadat sy skuld deur al drie die groot graderingsagentskappe as benede beleggingsgraad gradeer is, naamlik S&P, Fitch en Moody’s Investors Service. Die onmiddellike uitwerking daarvan was ietwat gedemp aangesien effekte gestyg en die rand verstewig het. Die opbrengs op die R2030-staatseffek het in die laaste week van April met 1,05 persentasiepunte gedaal, na ’n val van 0,7 persentasiepunte die vorige week, volgens die Buro vir Ekonomiese Navorsing. Kieran Curtis, beleggingsdirekteur vir ontluikende markte by Aberdeen Asset Management, het aan Bloomberg gesê: “Moody’s se afgradering dreig al so lank dat talle fondsbestuurders óf reeds verkoop het óf die buigsaamheid het om voort te gaan met hulle besit en dat hulle gerieflik daarmee is”. DIE SLEGTE Die SA regering sê dat hy party…