TUTKIKIRJASTO
Liiketoiminta ja talous
Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 6/25/2020

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Jakeluväli:
Biweekly
Lue lisää
OSTA IRTONUMERO
1,44 €(sis. verot)
TILAA
30,48 €(sis. verot)
25 Numerot

tässä numerossa

3 min
die redakteur sê

terwyl die res van die wêreld versigtig uit Covid-19 ontwaak, vind Suid-Afrikaners hulle steeds te midde van die inperkingsluimer. Dit is al bykans drie maande wat ons hierdie bisarre nuwe werklikheid moet aanvaar. En met dieCovid-19-gevalle wat toeneem, gaan ons waarskynlik nog ’n tyd lank met hierdie onsekerheid moet saamleef. Die regering het egter sy deuntjie verandervan die onheilspellende toon van die begin van die inperkingstyd na een van afgemete omsigtigheid. In sy brief van 8 Junie aan Suid-Afrikaners, het president Cyril Ramaphosa dit afgesluit deur ons aan te spoor om nie vreesbevange te wees nie, maar voorbereid. In lig van ons huidige herstelsyfer, is dit nie ’n onbillike versoek nie. Natuurlik saai die sterfgevalle verwoesting – maak nie saak wat die syfer is nie. Daarbenewens staar ’n onafwendbare toename in gevalle…

5 min
belegging om kapitalisme vir almal te laat werk

sedert die term “kapitalisme” in die 19de eeu geskep is, is dit verkeerd verstaan. Dit is oorspronklik gebruik as kritiek op die toenemende inkomstegaping tussen fabriekswerkers en fabriekseienaars. Maar tot in die vroeë 20ste eeu is dit selde gebruik; Karl Marx het die woord slegs ’n paar keer in sy latere geskrifte gebruik. In 1908 het die ekonoomThorsten Veblen verduidelik dit as ’n sosialistieseterm gebruikvir’n “grootskaalse nywerheidsregime” – nie presies soos ons dit vandag gebruik nie. Die term het in die 20ste eeu ontwikkel om baie dinge vir baie mense te beteken. As ek my voorgraadse ekonomiesegeskiedenisklas moet vra vir ’n definisie, sal ek soveel antwoorde kry as wat daar studente is. Party sal dit omskryf soos die Franse sosialis Louis Blanc dit in 1850 gedoen het: Kapitalisme is die doodsvyand.…

4 min
tenderafkamping, eerder as bemagtiging

eloftes is die soetste leuens, lui ’n inskrywing op my dogter se WhatsApp-profielfoto. Sy is net 14, maar dié boodskap het my getref – iets by dié introverte tiener wat my verras het. Die boodskap het my laat dink aan ’n reeks verbreekte beloftes deur ons verkose politici onderdie dekmantel van breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging, wat in die verskeie weergawes daarvan in die afgelope 26 jaar net ’n piepklein swart keurgroepie met politieke bande bevoordeel het terwyl die ongelykheid grotergeword het tussen dié mense wat dit veronderstel was om te bevoordeel. Die beleid se mislukking om die belofte te verwesenlik om swart ekonomiese deelname radikaal te vergroot, word ’n bron van frustrasie en ontnugtering onder die bedoelde swart bevoordeeldes. Gevolglik begin ’n teenoorgestelde siening ontstaan dat bemagtiging heeltemal hersien of geskrap moet…

6 min
kortliks

“DIE ONLANGSE STY-GING IN SASOL SE AAN-DEELPRYS KAN GROOT-LIKS AAN DIE STYGING IN DIE OLIEPRYSTOE-GESKRYF WORD . . . ” —Mohamed Mitha, aandeelontleder by Mergence Investment Managers, sê die vraag-en-aanbod-dinamiek in die oliemark het in ’n mate verbeter met die nuus dat Opul+ ’n verlenging van sy produksieverlagings tot ná Junie vanjaar oorweeg, wat tot ’n styging in Sasol se aandeelprys gelei het. Die aandeel het in Junie op vlakke van sowat R180 verhandel nadat dit in Maart ’n laagtepunt van R21,88 bereik het wat deurdalende oliepryse, probleme by sy LakeCharles Chemicals Project in Amerika en ’n skuldlas van $10 miljard vererger is, volgens Fin24. Benewens die maatskappy se aankondiging van ’n kontantbewaringspakket, wat die verkoop van bates en ’n moontlike regte-uitgifte van tot $2 miljard insluit, berig die publikasie dat…

2 min
covid-19 se impak op werkverskaffing en inkomste in suid-afrika

PERSENTASIE RESPONDENTE WAT WERK HET VOLGENS VERANDERING IN DIE RESPONDENTE SE INKOMSTE HOOFREDE VIR WERKSVERLIES OF TOEMAAK VAN ONDERNEMING TYDENS DIE STAAT VAN INPERKING PERSENTASIE RESPONDENTE WIE SE INKOMSTE AFGENEEM HET VOLGENS HANTERINGSTRATEGIEË OM DIE INKOMSTEGAPING TE VUL SAKE-IMPAK VAN COVID-19 IN SUID-AFRIKA Die belangrikste resultate van Stats SA se tweede peiling oor Covid-19 se sake-impak: • Omset: Nege uit tien (89,6%) van die respondente het aangedui hul omset is laer as wat gewoonlik verwag word, teenoor 85,4% in die eerste peiling. Die volgende sektore het ’n toename ervaar in die persentasie maatskappye wat aangedui het hul omset is laer as wat verwag is: elektrisiteit, gas-en watervoorsiening; mynbou; gemeenskaps-, sosiale en persoonlike dienste; handel; vervoer, opberging en kommunikasie; en vervaardiging. • Werksmag: Net meer as ’n derde (36%) van maatskappye het aangedui hulle lê personeel voorlopig…

1 min
peilings oor impak van covid-19

Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) het twee van drie “golwe” aanlyn peilings gedoen sedert president Cyril Ramaphosa op 23 Maart die nasionale ramptoestand afgekondig het. Dié peilings meet die impak wat die landwye staat van inperking, wat op 26 Maart begin het, op die SA samelewing het. Een van die peilings in die eerste ronde (Golf 1) “het op gesondheidsverwante kwessies gekonsentreer, spesifiek op gedrag, kennis en persepsies rakende Covid-19”. Dataversameling vir Golf 2 was op werkverskaffing, inkomste en hongerverwante kwessies toegespits en het tussen 29 April en 6 Mei 2020 in die sesde week van die landwye staat van inperking plaasgevind. Sommige van die resultate van dié peiling is in die grafieke aan die linkerkant te sien. Die tweede golf van Stats SA se peiling oorCovid-19 se impak op die sakewêreld “verskaf…