TUTKIKIRJASTO
Liiketoiminta ja talous
Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 7/16/2020

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Jakeluväli:
Biweekly
Lue lisää
OSTA IRTONUMERO
1,44 €(sis. verot)
TILAA
30,48 €(sis. verot)
25 Numerot

tässä numerossa

2 min
die redakteur sê

wat my altyd verbaas, is hoe daar ondanks die talle kere wat dit al bewys is dat sosiale media nie ’n forum vir genuanseerde gesprekke is nie, Twitter-oorloë nogtans uitbars wanneer iemand dit goed gedink het om binne die bestekvan 280 karakters, of minder, iets verregaande (dikwels kwetsend) kwyt te raak. Sosiale media kan ’n ruimte skep waarin onkunde kritiese denke kan vernietig. Word dit só gebruik, kan dit ’n kragtige en verdelende wapen wees. Vra maar vir Donald Trump. Of Helen Zille. Dis een van die redes hoekom ek nog nooit ’n besonder aktiewe sosialemediagebruiker was nie. Die sinikus in my geniet dié wat bytende, gevatte kommentaar kan lewer, maar ek ignoreer die meer bisarre tekere geganery of rol bloot my oë terwyl ek verby rol, om liewer nie betrokke te…

5 min
die paradokse van pandemies

wanneer ’n krisis voorkom, is ekonomiese geskiedkundiges in aanvraag. Die finansiële krisis van 2008 het navorsers van die Groot Depressie, gewilde kommentators en beleidskonsultante gemaak. Die vinnige en korrekte reaksie van die Amerikaanse Federale Reserweraad was deels omdat Ben Bernanke, destyds voorsitter van die raad, sy doktorale proefskrif geskryf het oor die depressie van die 1930’s en die swak monetêre reaksie wat die krisis vererger het. Die huidige wêreldwye pandemie is soortgelyk. Die historiese analogie is die Spaanse griep van 1918 – ’n grieppandemie wat na raming die dood van 6% (of 300 000) van Suid-Afrikaners en wêreldwyd tot 50 miljoen mense veroorsaak het. Al bestudeerekonomiese geskiedkundiges dit veel minder as die Groot Depressie, sorg Covid-19 en die wêreldwye uitwerking daarvan dat die belangstelling vinnig toeneem. Tientalle konsepverslae het sedert Maart…

4 min
fokus op hewig betwiste townshipmark

sprake dat die regering toelaat dat groot, formele handelaars hul voelers na die spazawinkelmark uitsteek, lei tot verdeling in die swartsakegemeenskap. Twee teenoorgestelde menings oor dié netelige kwessie steek kop uit. Die een kamp steun dit dat kleinhandelondernemings in wit besit tentatief die spazawinkelmark betree, terwyl die ander kamp aanvoerdié kleinhandelaars moet gekeerword voordat hulle die winsgewende mark in Suid-Afrikaanse townships en plattelandse dorpe oorneem. Die kwessie het onlangs ter sprake gekom in ’n tweede aflewering van Lockdown Convo, ’n lewendige paneelbespreking op Facebook, waaraan ek deelgeneem het. Die tema van die bespreking, met MisoTini as moderator, was die vraag: Wat beteken dit vir swartsake as Pick n Pay en Shoprite die spazawinkelmark kan betree? Deel van die paneel wat moes bespreekof dié kleinhandelaars toegelaat behoort te word om in dié sektor sake te…

1 min
finweek

Waarnemende redakteur Jana Jacobs Adjunkredakteur Jaco Visser Medewerkers Simon Brown, Lucas de Lange, Johan Fourie, Moxima Gama, Schalk Louw, David McKay, Maarten Mittner, Andile Ntingi, Brendan Peacock, Timothy Rangongo, Peet Serfontein, Melusi Tshabalala, Amanda Visser, Glenda Williams Subredakteur Maarten Roos Redaksionele assistent Thato Marolen Uitleg David Kyslinger, Beku Mbotoli Advertensieverkope Paul Goddard 082 650 9231/paul@fivetwelve.co.za Clive Kotze 082 335 4957/clive@mediamatic.co.za Tanya Finch 082 961 9429/tanya@fivetwelve.co.za Uitgewer Sandra Ladas sandra.ladas@newmedia.co.za Hoofbestuurder Dev Naidoo Produksie Angela Silver angela.silver@newmedia.co.za Besoek ons by: @finweek finweek finweekmagazine…

5 min
kortliks

“Nie veel om aan te wend nie, en nie die regte hande in die geldlaai nie.” – Kimi Makwetu, ouditeur-generaal van SA, se titel vir sy kantoor se jongste algemene verslag oordie oudituitkomste van plaaslike regerings. Hy sê dit is “om die stand van finansiële bestuur in plaaslike regerings te weerspieël. Miljarde rande wat aan munisipaliteite toegeken word, word bestuurop maniere wat in stryd is met die voorskrifte en algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyke.” In die verslag word gesê dat 8% van die munisipaliteite ’n skoon oudit ontvang het, en dat dit gemiddeld 180 dae geneem het om krediteure te betaal. Onreëlmatige uitgawes was meer as R32 miljard - hoër as die vorige jaar se R24 miljard. “ONS IS DAARTOE VERBIND OM ’N OPLOSSING TE VIND VIR HIERDIE ONGEKENDE WÊRELDWYE PANDEMIE.” – Paul Miller,…

4 min
anglo se plan om van termiese steenkool af te sien

anglo American het homselftwee tot drie jaar gegee om van sy Suid-Afrikaanse uitvoermyne vir termiese steenkool af te sien. Dit strook met sy antwoorde op ’n virtuele algemene jaarvergadering vroeër vanjaar, toe Anglo ook onthul het die disinvestering sal gedeeltelik wees, dit wil sê deur ’n ontknoping vanaf die nuwe maatskappy wat op die JSE genoteer sal word. Die voorneme is egter om in ’n veel kortertyd as drie jaar met die taak te vorder. “As ’n mens eers die besluit geneem het, is dit beter om dadelik aan die gang te kom en uit ons oogpunt was ’n ontknoping die vinnigste roete,” sê Mark Cutifani, uitvoerende hoof van Anglo American, in ’n onderhoud met finweek. Volgens Cutifani is ’n voordeel van die ontknopingsroete dat dit minder rompslomp het as ’n verkoop…