TUTKIKIRJASTO
Liiketoiminta ja talous
Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 7/30/2020

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Jakeluväli:
Biweekly
Lue lisää
OSTA IRTONUMERO
1,44 €(sis. verot)
TILAA
30,48 €(sis. verot)
25 Numerot

tässä numerossa

2 min
die redakteur sê

in middel Julie moes ek’n Covid-19-toets ondergaan as deel van ’n voortoelatingsiftingstoets vir’n roetine-buitepasiëntprosedure. Terwyl die toets self net so bisaren ongerieflik was as wat ek gelees het, was die bedrywighede van die toetsstasie en die werkers in die frontlinie – medies sowel as administratief – ’n ware werklikheidstoets. Ek moet egterwaarsku dat ek’n groot aanhangervan apokaliptiese en postapokaliptiese fiksie is. My ervaring by die toetsstasie was dus beslis hierdeur beïnvloed. Terwyl ons daar in ’n afgebakende gebied van ’n parkeerterrein met die nodige afstand van mekaar op stoele gesit en wag het om een-een by die vraghouertoegelaat te word (en vlugtig en onseker na mekaargekyk het) is dit ’n toneel wat ’n voormalige letterkundige student met ’n neiging tot die distopiaanse heeltemal in ’n verbeeldingryke (lees dramatiese) rigting sal stuur. Behalwe…

5 min
oplossings wat ons nie nodig het nie

an die begin van Julie het ’n groep sosiaal-wetenskaplikes, waarvan die meeste, soos ek, die gemak van die akademiese lewe geniet, ’n ope brief aan die minister van finansies geskryf. Hul versoek was duidelik: bestee meer. Hulle was bekommerd oordie omsigtigheid van die aanvullende begroting en wou hê hy moet besteding verhoog om die miljoeneSuid-Afrikaners te ondersteun wat werkloos is weens die wêreldwye pandemie en die inperkings wat die nekslag vir’n reeds wankelrige ekonomie was. Maarondanks die briefskrywers se goeie voornemens om arm Suid-Afrikaners te help, toon die brief swak ekonomiese denke. Kom ek verduidelik. Eerstens, hoewel hulle meer besteding aanmoedig, beantwoord hulle nie die belangrikste vraag nie: Wat is die perk van hierdie besteding? Die brief lys ’n reeks van behoeftes: basiese onderwys, geslagsgebaseerde geweld, vervoer, hoër onderwys, ensovoorts. Maar dit…

5 min
minder reëls en meer byt

ons het minder staatsregulering in hierdie land nodig. Dis veral die geval indien ons die verbrokkelende ekonomie weeraan die brand wil skop. Twee onlangse gebeure noop ’n mens om te oorweeg of landsburgers, ondernemings en die regering die lewensvatbare koers inslaan in gesprekke oor hoe om die ekonomie weer aan die groei te kry – en daarby teen ’n sneller pas. Eerstens was daar ’n gesprek oor of wit-beheerde ondernemings toegelaat moet word om die township-mark deur spazawinkels te betree. Die tweede was die ANC se Ekonomiese Transformasie Komitee se 31 bladsy-gespreksdokument oor die heropbou, groei en transformasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Albei dié voorbeelde het iets in gemeen: oproepe om groter staatsinmenging. Die regerende party het so vergegaan as om staatsbeheerde broeiplekke voorte stel ten einde investering in die akwakultuursektor aan te…

1 min
finweek

Waarnemende redakteur Jana Jacobs Adjunkredakteur Jaco Visser Medewerkers Simon Brown, Jacques Claassen, Andrew Duvenage, Peter Fabricius, Johan Fourie, Moxima Gama, Mariam Isa, Glenneis Kriel, Schalk Louw, David McKay, Timothy Rangongo, Petri Redelinghuys, Melusi Tshabalala, Glenda Williams Subredakteur Maarten Roos Redaksionele assistent Thato Marolen Uitleg David Kyslinger, Beku Mbotoli Advertensieverkope Paul Goddard 082 650 9231/paul@fivetwelve.co.za Clive Kotze 082 335 4957/clive@mediamatic.co.za Tanya Finch 082 961 9429/tanya@fivetwelve.co.za Uitgewer Sandra Ladas sandra.ladas@newmedia.co.za Hoofbestuurder Dev Naidoo Produksie Angela Silver angela.silver@newmedia.co.za Besoek ons by: @finweek finweek finweekmagazine…

3 min
kortliks

“MEER AS 95% SEKER.” – Britse minister van veiligheid, James Brokenshire, oor Britse sekerheid dat Russiese kuberkrakers wat deur die staat geborg word, Britse, Amerikaanse en Kanadese organisasies betrokke by die ontwikkeling van ’n koronavirus-entstof geteiken het. Op 16 Julie het Brittanje se nasionale kuberveiligheidsentrum (NCSC) in ’n gesamentlike aankondiging met Amerika en Kanada gewaarsku ’n Russiese kuberkrakergroep sit agter’n vlaag kuberaanvalle op mediese navorsingsentrums wat die entstof virCovid-19 soek. Brokenshire het aan BBC Radio 4 gesê die NCSC en sy eweknieë is sekerdat Russiese intelligensie-agentskappe verantwoordelikwas vir aanvalle op mediese navorsingsgroepe. Die Russiese ambassadeur na die Verenigde Koninkryk, Andrei Kelin, het die bewerings op BBC verwerp as “onsin”. “Leierskap is alles, dis nou president Ramaphosa se verantwoordelikheid.” – Colin Coleman, voormalige uitvoerende hoof van Goldman Sachs in Afrika suid van die Sahara,…

4 min
plaaslike tweemanskap verander noodreaksie drasties

brett Meyerowitz het ná tien jaar as die tegnologiehoof van ’n dobbelonderneming in Londen na Suid-Afrika teruggekom en vir ’n bank begin werk. Met meer tyd beskikbaar het hy as ’n vrywilliger-ambulansassistent begin werk – wat hom blootgestel het aan die ernstige ondoeltreffendheid van die noodreaksiestelsels in die land. “Die stelsels was verouderd, met hoë onderhoudskoste, gebruikersonvriendelik en uiters ondoeltreffend, wat onder meer veroorsaak het dat noodreaksiespanne in onbekende omgewings op kaartboeke staatgemaak het – in situasies waartyd dikwels die verskil tussen lewe en dood beteken,” sê Meyerowitz. In reaksie daarop het hy ’n mobiele platform begin ontwikkel om hom en ander vrywilligers te help om die probleem te oorkom. Die eienskappe is uitgebrei namate al hoe meer maatskappye van die stelsel bewus geword en bykomende eienskappe versoek het, soos globale…