TUTKIKIRJASTO
Liiketoiminta ja talous
Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 9/10/2020

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Jakeluväli:
Biweekly
Lue lisää
OSTA IRTONUMERO
1,44 €(sis. verot)
TILAA
30,48 €(sis. verot)
25 Numerot

tässä numerossa

2 min
die redakteur sê

om volgens ’n reëlmatige tweeweeklikse saktyd te werk, laat ’n mens nogal jou lewe en hoe jy tyd meet in weeklikse blokke opdeel. Sodra ’n saktyd gehaal is, begin jou beplanning vir die volgende een. Telkens merk jy nog ’n week af en begin die proses opnuut. Waar ek hier skryf, is dit die 24ste week waarin die finweek-span van die huis af werk. Die grendelstaat het ons te midde van saktyd getref en ons moes kopkrap hoe om dit van ’n afstand af te haal. Die aard van die tydskrifproduksieproses maak dit onvermydelik dat iets onverwags altyd voorval, al beplan jy hoe sorgvuldig. Gelukkig het ons bitter klein spannetjie goed gekonfyt geraak om krisisse te hanteer. Soos ’n voormalige kollega graag gesê het: “Dis die finweek-manier.” So, ons het daarby aangepas…

5 min
suikersoet en peperduur

ons eet almal te veel suiker. Ek het die afgelope twee jaar hard probeer om my suikerinname te verminder, met heelwat sukses het ek gedink, totdat ’n vriend die suikerinhoud van Mrs Ball’s-blatjang en All Gold-tamatiesous uitgewys het – stapelvoedsel in die Fourie-huishouding. Ons sal hom nie sommer weer vir ete nooi nie! Maar die gevolge van ons oorverbruik is geen grap nie. Die oormatige inname van suiker kan tot ’n groot verskeidenheid dieetverwante siektes lei, soos diabetes, kanker en hartsiekte. In Suid-Afrika is hierdie kwessies veral kommerwekkend. Die SA demografiese en gesondheidsopname van 2016 het bevind dat 68% van vroue, 31% van mans en 13% van kinders oorgewig of vetsugtig is. Die nasionale dinamiese inkomsteopname toon die groot geslagsgaping vir armes: hoewel slegs 4% van mans in die armste…

4 min
kan ek staat met my spaargeld vertrou?

toe ek hoor dat die ANC vra dat ’n depositonemende staatsbank gestig word om met gevestigde kommersiële uitleners mee te ding, het ek gewonder hoe enigiemand by sy volle verstand sy swaarverdiende spaargeld aan dié bank sal toevertrou weens die baie korrupsie en wanbestuur by ondernemings in staatsbesit in die hande van ANC-kaders. Die ANC se beweerde betrokkenheid by die plundery en ondergang van VBS Bank het die publiek se vertroue in die regerende party ondermyn waarvan die leiers nou voor’n openbare terugslag te staan kom weens die inpalm van miljoene rande uit korrupte staatstenders vir toerusting vir persoonlike beskerming in die stryd teen Covid-19. Afgesien daarvan dat ek nie die regering onder leiding van die ANC vertrou om ’n bank eties en bevoeg te bedryf nie, het ek twee belangrike vrae…

3 min
kortliks

“BETALENDE KLIËN-TE SAL OPGESAAL SIT MET HOPELOOS INSOLVENTE MUNISI-PALITEITE WAT NIE HUL UITSTAANDE SKULD AAN ESKOM KAN BETAAL NIE.” – Waarnemende regter Anthony Millar het in Johannesburgse hooggeregshof beslis teen Eskom se besnoeiing van sy elektrisiteitstoevoer aan die plaaslike munisipaliteite van Lekwa (Mpumalanga) en Ngwathe (Vrystaat) weens wanbetaling. Moneyweb het berig dat Eskom die afgelope paar maande die toevoer van elektrisiteit aan hierdie twee en vele ander munisipaliteite in verskillende provinsies beperk het – nadat hy verskeie hofsake oor die afsny van krag verloor het. Millar het gesê Eskom moet probeer om geskille met munisipaliteite op te los voordat hy stappe doen wat groot menslike lyding meebring. “BESKULDIGDE NOMMER EEN.” − President Cyril Ramaphosa het in ’n brief aan lede gesê die African National Congress moet besef sy leiers word van korrupsie beskuldig,…

1 min
skewe kyk

DIE GOEIE Die hotel-en casino-groep Sun International, wat begin Julie 10 van sy 11 casino’s in Suid-Afrika heropen het, sê die verligting van die inperkings het tot beter handelsaktiwiteit gelei. Die groep sê hy is vol vertroue oor sy herstel ná die pandemie. Volgens BDLive was die groepskuld aan die einde van die ses maande tot Junie R15,1 miljard – hoër as Desember se R13,3 miljard, en baie meer as sy markkapitalisasie van R3,3 miljard. Die maatskappy het toegewings van kredietverskaffers verkry, en hy het in Augustus R1,2 miljard deur ’n regte-aanbod ingesamel. Hy gaan ook sy meerderheidsbelang in die Latyns-Amerikaanse onderneming Sun Dreams aan vennoot Nueva Inversiones Pacifico Sur vir R2,7 miljard verkoop. DIE SLEGTE Bestellings deur die Gautengse departement van gesondheid vir persoonlike beskermtoerusting (PBT) mag moontlike korrupte besteding van R500…

4 min
raaiwerk uit boerdery gehaal

james Paterson en Benji Meltzer het Aerobotics in 2014 begin nadat hulle gesien het watter uitdagings op plase met lugfotografie en masjienleer opgelos kon word. Die twee het lugfotografiese en satellietbeeldmateriaal nodig gehad om bedreigings vir oeste te identifiseer, maar daar was destyds nie hommeltuie wat geskik was vir hul behoeftes nie. Waar baie ander dit as ’n terugslag sou beskou, het dié twee hul akademiese agtergrond ingespan om hul eie te bou. Albei het megatroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer. Paterson het daarna sy meestersgraad in lugvaart- en ruimtevaartkunde aan die Massachusetts Institute ofTechnology en Meltzer’n MSc-graad in neurotegnologie aan die Imperial College in Londen behaal. Wêreldwyd was afstandswaarneming in 2014 nog in sy groeiskoene en in Suid-Afrika ’n nuwe konsep; net enkele landbouers in dieWes-Kaap wat toegang gehad het…