ZINIO logo
TUTKIKIRJASTO
Liiketoiminta ja talous
Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 10/8/2020

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Lue lisää
Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Jakeluväli:
Biweekly
OSTA IRTONUMERO
1,49 €(sis. verot)
TILAA
31,54 €(sis. verot)
25 Numerot

tässä numerossa

2 min
die redakteur sê

’n Dokumentêre program oor die Romeinse Ryk waarna ek onlangs gekyk het, het my herinner waar die woord “mylpaal” vandaan kom. Een van die belangrikste elemente in die sukses van dié ryk, was die padverbindings wat na elke uithoek gebou is. Die Romeine het klippale genaamd “obeliske” al langs die paaie aangebring, gewoonlik om die myle af te merk. Mylpale, dus. Op 25 September vanjaar was dit in Suid-Afrika dag 183 van die staat van inperking weens Covid-19. Die amptelike sesmaandemerk. Naas dié “mylpaal” van die grendelstaat, het einde September ook die vierde kwartaal van dié annus horribilis ingelui – met hope data wat daagliks uitgereik word om die impak van die pandemie op ons ekonomie te illustreer. Namate inperkingsmaatreëls egter opgehef word en ons herstelkoers blykbaar op nagenoeg 90% bly terwyl…

5 min
hoe om ’n finansiële borrel te identifiseer

isaac Newton, een van die invloedrykste wiskundiges van alle tye, het ’n fortuin verloor met die South Sea-borrel van 1720. Gevra hoekom hy met sy wiskundige vermoë nie kon voorsien die aandeel sou ineenstort nie, het hy na bewering geantwoord hy “kon die malheid van die mense nie bereken nie”. En wie kan hom verkwalik dat hy honderde of duisende of soms miljoene mense se oënskynlik irrasionele gedrag nie kon verstaan nie – die malheid van die menigtes, soos die joernalis Charles Mackay dit in sy topverkoper van 1841 oor finansiële borrels noem. Mackay se negentiende-eeuse vertolking van waarom borrels vorm, bly die verduideliking wat die meeste van ons sal gee om die skouspelagtige en oënskynlik onstuitbare styging van batepryse tydens ’n borrel te verklaar. Dink byvoorbeeld aan die internet-borrel van…

4 min
’n kragtige oplossing vir xenofobie

toe ekonomiese groei in 2009 in die nasleep van die wêreldwye resessie tot stilstand geknars het, het die mededinging om skaars hulpbronnetussen Suid-Afrikaners en immigrantetoegeneem en tot die weersin in laasgenoemde bygedra, wat dikwels daarvan beskuldig word dat hulle werksgeleenthede by plaaslike inwoners steel. Dié weersin lei tot sporadiese xenofobiese aanvalle, waarvan sommige noodlottig was en die verplasing van buitelanders tot gevolg gehad het. Dié aanvalle, wat in 2008, 2015 en verlede jaar voorgekom het, is algemener in arm gemeenskappe in plakkerskampe, townships en middestede. Dié gemeenskappe gaan dikwels onder ’n hoë werkloosheidskoers, armoede, misdaad, korrupsie en onbevoegde dienslewering gebuk. Die laaste maande het anti-immigrantsentiment egter weer sy lelike kop uitgesteek. Dié keer het dit na ander dele van die samelewing versprei wat nie normaalweg met xenofobie geassosieer word nie. Die ontluiking…

4 min
kortliks

“EDGARS HET ’N NISBESIGHEID BEGIN WORD, WAT DIE KLEINHAN-DELAAR VAN DIE GEMIDDELDE SUID-AFRIKANER VERWYDER HET.” − Norman Drieselmann, uitvoerende hoof van kleinhandelaar Retailability, wat ’n ooreenkoms gesluit het om 130 van Edgars se 194 winkels te koop. In ’n onderhoud met Reuters het hy verduidelik dat die planne is om Edgars te herposisioneer as ’n massamarkhandelsmerk wat mode-en skoonheidsprodukte verkoop en om van sy huiswareafdeling ontslae te raak. Hierdie nuwe strategie sal behels dat die regte balans tussen private en internasionale handelsmerke gevind moet word met erkenning in die plaaslike mark en die regte waardeproposisie. “EK HET NIE GEWEET NIE.” − Mosebenzi Zwane, voormalige Vrystaatse LUR vir behuising, sê hy het nie geweet daar is ’n Wet op Behuising nie, en het dit nooit gelees nie. Zwane het voor die Staatskapingskommissie getuig oor…

1 min
skewe kyk

DIE GOEIE Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het goedkeuring om nuwe elektrisiteitsopwekking by Suid-Afrika se netwerk te voeg in die Staatskoerant aangekondig. Die land sit tans met ’n kragtoevoerkrisis, en die vinnige verkryging van energie in die nasionale netwerk is van kritieke belang om ekonomiese herstel te ondersteun. Hy het gesê Eskom sal van 2022 minstens 6 800 MW son-en windkrag van onafhanklike kragprodusente koop. Die publikasie van die energietoekennings baan die weg vir die opening van ’n langverwagte ronde vyf van die bodvenster kragtens die regering se uitgestelde program vir die verkryging van hernubare energie van onafhanklike kragprodusente. DIE SLEGTE SAL Tegnies, ’n filiaal van die nasionale lugdiens wat kritieke instandhoudingsdienste lewer, insluitend inspeksies wat gedoen moet word voordat ’n vliegtuig kan opstyg, het in ’n brief gesê dat…

4 min
takel die gaping vir bekostigbare residensiële en kleinhandelverhuring

die JSE-genoteerde Balwin Properties is welbekend met die ontwikkeling van groot deeltiteleiendomme. Mooikloof Mega City, sy volgende projek, is egterop buitengewone skaal. Die reusagtige inklusiewe behuisingsprojek ter waarde van sowat R44 miljard oos van Pretoria is dalkdie wêreld se grootste deeltitelontwikkeling en kan 50 000 wooneenhede hê. Op die vraag hoe seker hy is dat die syfer van 50 000 behaal sal word, antwoord Steve Brookes, uitvoerende hoof van Balwin Properties: “100%.” Mooikloof Mega City, ’n groenmodelontwikkeling wat die regering as ’n strategies ineengeskakelde projek ondersteun, is spesifiek vir die gaping in die behuisingsmark ontwikkel. Dit beteken behuisingsgeleenthede vir huishoudings wat ’n gesamentlike inkomste van tussen R3 501 en R18 000 verdien. Dié inkomsteverdieners verdien te veel om ’n gratis huis by die regering te kry, en te min om ’n verbandlening by…