ZINIO logo
TUTKIKIRJASTO
Liiketoiminta ja talous
Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 10/22/2020

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Lue lisää
Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Jakeluväli:
Biweekly
OSTA IRTONUMERO
1,49 €(sis. verot)
TILAA
31,54 €(sis. verot)
25 Numerot

tässä numerossa

2 min
die redakteur sê

soos ek in my vorige brief geskryf het, was ek onlangs aan die KwaZulu-Natalse suidkus. Terwyl ek daar was, moes ek ’n dokter gaan sien. Danksy my omvattende mediese dekking kon ek sonder om twee keer te dink met die plaaslike dokter ’n afspraak maak. Die konsultasiekoste was nogal hoog en ek moes kontant betaal, maar kon dit terugeis. Die rekening vir die medisyne is regstreeks aan my mediese fonds gestuur. Binne enkele ure was ek terug op my pos, met als wat ek nodig gehad het om gesond te word. Die meeste Suid-Afrikaners is nie so bevoorreg nie. Net sowat 15% van ons bevolking kan tans private mediese sorg bekostig deur hul lidmaatskap van ’n mediese fonds (sien bl. 31 van ons voorbladartikel). Dié dekking word boonop al hoe duurder. Wanneer jou…

5 min
die mag van ’n goeie verwysing

en van die baie verborge take van ’n akademikus is om verwysingsbriewe te skryf – baie daarvan. Amper alle studente het dit nodig vir hul eerste werkaansoek, en wie is meer bevoeg as die professor wat die laaste paar jaar hul werk gelees en hul vordering gesien het? Maak dié briewe ’n verskil? Een sienswyse is dat hulle min bykomende inligting bied by wat ’n potensiële werkgewer reeds – en meerobjektief – uit ’n akademiese rekord en CV kan aflei. Hulle weerspieël ten beste die inligting wat reeds verskaf is en kan ten slegste die baie duidelike sein verwring wat iets soos ’n akademiese rekord bied. In sommige gevalle kan verwysings selfs die beoordelaars se vooroordele toon. Vir ’n artikel wat verlede jaar in die vakjoernaal Journal of Surgical Education verskyn het,…

3 min
kortliks

“DIE WETSONTWERP BIED SEKERHEID AAN SUID-AFRIKA-NERS EN BELEGGERS OMDAT DIT DUIDE-LIK UITEENSIT HOE ONTEIENING KAN GESKIED.” —Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, het die indiening van dieWetsontwerp op Onteiening van 2020, by die parlement aangekondig. As dit aanvaar word om die bestaande Onteieningswet van 1975 te vervang, sal daar van die owerheid vereis word om met grondeienaars te onderhandel om ’n ooreenkoms oor die verkryging van die eiendom te probeer bereik voordat beslaglegging kan geskied. Grond sal in sekere gevalle sonder vergoeding gekonfiskeerword as dit onder meerongebruikof verlate is of ’n veiligheidsrisiko inhou. Die hoofstaatsregsadviseur het die wetsontwerp as grondwetlik gesertifiseer. “HINDERNISSE IN DIE WEG NA VINNIGER HERSTEL IS DIE KRAG-TEKORT EN REKORDHOË REGERINGSKULDVLAK.” – Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê in sy halfjaarlikse monetêrebeleidsoorsig kragonderbrekings en staatskuld is waarskynlik die grootste…

1 min
skewe kyk

DIE GOEIE Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram (WFP) het die Nobelprys vir vrede gekry vir sy werk om honger te bestry en te keer dat dit as ’n oorlogswapen gebruik word. Die Nobel-komitee sê die WFP se werk om voedselsekuriteit te bied, kan help om die vooruitsig op stabiliteit en vrede te verbeter, en noem dat hy die leiding neem om humanitêre werk te kombineer met vredespogings in Suid-Amerika, Afrika en Asië. Die WFP se grootste noodlenigingswerk is tans in Jemen, waar ’n oorlog van amper ses jaar ’n humanitêre ramp veroorsaak en twee derdes van die bevolking (sowat 20 miljoen mense) sonder voedselsekuriteit gelaat het. DIE SLEGTE André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, sê die risiko van beurtkrag sal nie teen September aanstaande jaar uitgeskakel wees nie, maar net verminder wees.…

3 min
koolstofkwessies in mynproduksie

die beleggingsfokus op die interaksie tussen mynmaatskappye en die gemeenskap het die afgelope drie jaar baie verskerp. Die beheer van vrystellings is nou vir fondsbestuurders net so belangrik as produksie. Twee Britse fondsbestuurders vra egter of die huidige formulering vir die meting van vrystellings, veral die vlak 1-tot vlak 3-standaard (“scope een tot drie”), heeltemal toepaslik is. Die omgewings-, maatskaplike en beheerstandaarde (OMB-standaarde) soos dit tans bestaan, het inherente foute, sê hulle. “Die manier wat ons tans OMB doen, is om in elke afleipyp in die maatskappy te kyk en te probeer meet wat daar uitkom,” sê Douglas Upton, ’n beleggingsontleder en vennoot van Capital Group, ’n Amerikaanse fondsbestuurder met meer as $1 duisend miljard onder bestuur. “Maar ek voel ons meet net dinge wat ons kan meet en nie dinge wat regtig…

4 min
die noord-kaap hou die sleutel om sa se minerale rykdom te ontsluit

die gebrek aan eksplorasie vir minerale in die Suid-Afrikaanse mynbousektor strek terug tot by die korporatisering van die sektor meer as 60 jaar gelede, toe Anglo American en sy eweknie, General Mining, tot stand gebring is. Destyds het mynmaatskappye hul eksplorasiewerk intern hanteeren die onderliggende ondernemings, party daarvan genoteerde maatskappye, moes bestuursgeld aan die moedermaatskappy betaal. Behalwe dat dit ondoeltreffend was, het dit ’n beleggingstradisie geskep wat magtige maatskappye aangemoedig en kleinskaalse entrepreneurs ontmoedig het; ironies, as jy dink hoe Johannesburg self as myndorp ontstaan het. Errol Smart, ’n Suid-Afrikaner wat in die mineraal-ontwikkelingsektor in Australië gewerk het waar die sektorvir mineraaleksplorasie deur’n uiteenlopende verskeidenheid dinge en mense gekenmerk word, meen die tyd is ryp om die geskiedenis te verander. Dit sal geleë wees: president Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan smeek behoorlik…