TUTKIKIRJASTO
Matkustus ja ulkoilu
Landbouweekblad

Landbouweekblad

10/1/2020

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Jakeluväli:
Weekly
Lue lisää
OSTA IRTONUMERO
1,22 €(sis. verot)
TILAA
45,62 €(sis. verot)
50 Numerot

tässä numerossa

1 min
hulle het gewen

Vier lesers kon na aanleiding van die artikel “Sakewêreld kan nie langer buite staan” (LBW, 10 September 2020) ’n eksemplaar van die boek Recession, Recovery and Reform: South Africa after Covid-19, geredigeer deur Raymond Parsons, wen. Die wenners is: Andries Radley, Reitz. Wynand van der Westhuizen, Bothaville. M.K. Hume, Sunland. Ockie Marais, Stella. Drie lesers het die boek Veiligheid vir gemeenskappe (uitgegee deur Naledi) gewen, na aanleiding van die artikel “Landelike veiligheid: Omskep wanhoop in hoop” (LBW, 3 September 2020). Michael van Niekerk, Kenhardt. Christa Nel, Bloemfontein. Pieter Oberholzer, Oos-Rand.…

1 min
70 jaar gelede

KINDERS SPEEL TE VEEL EN SWEET TE MIN Dit is lankal hoog tyd dat ’n baie ernstige poging aangewend word om die hedendaagse versotheid op sport en plesier te beteuel. Langer kan dit nie so voortduur nie — dat ons kinders leer speel en nie leer sweet nie. Só het F.A. Steytler, ’n voormalige Vrystaatse inspekteur van skole, uitgevaar. “Dit is ’n pieperige, verwyfde geslag wat nou grootword. ’n Mens huiwer om te dink wat die stand van sake oor vyftig jaar sal wees. “Dertig, veertig jaar gelede was dit darem anders as vandag. Destyds het kinders nog gewerk, maar teenswoordig is die werkgewoonte iets van die verlede. Die bedrywighede van die skool het só uitgebrei dat daar geen tyd vir werk oor is nie. “Toe ek ’n seun van 12-15 jaar was, was…

5 min
foskor – nóg ’n kopseer

KAN die ou storie van voorheen uitstekende staatsbeheerde instellings, wat een ná die ander soos die domino’s op Manie se koffietafel omval, nie nou maar tot ’n einde kom nie? Dit was vir Manie nie ’n verrassing om te hoor dat nóg ’n staatsinstelling nou nie meer sy verantwoordelikhede kan nakom nie. Foskor het vroeër vandeesmaand ’n force majeur uitgereik om homself te beskerm omdat hy nie sy kontraktuele verpligtinge, om fosforsuur en mono-ammoniumfosfaat (MAP) van hoë gehalte aan die plaaslike kunsmisbedryf te verskaf, kon nakom nie. Soos Manie dit van sy kollega verstaan, het Foskor se werksaamhede nou al so verlangsaam dat ’n maatskappy wat die potensiaal het om grondstowwe aan die hele Suider-Afrika te kan verskaf, nou swakker en duur fosforerts moet invoer. Dít net om te probeer vergoed vir…

3 min
meesterplan se dividende strek wyd

DIE groei van 5% in plaaslike braaihoenderproduksie in die eerste agt maande van vanjaar, asook die daling in ingevoerde hoendervleis, is goeie nuus vir die hele graan- en oliesadewaardeketting. Groter plaaslike produksie en beter invoerbeheer is, saam met die bevordering van uitvoer, van die doelwitte in die pluimveemeesterplan wat die regering, die hoenderbedryf, vakbonde en invoerders in November verlede jaar onderteken het. Volgens mnr. Wouter de Wet, voorsitter van die vereniging van veevoervervaardigers (Afma), beteken die groei in produksie vanjaar dat sowat 100 000 ton meer voer en dus mielies en soja in dié tydperk verbruik is. Mnr. De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur van Afma, sê die kombinasie van hoër hoendervleisproduksie en laer hoendervleisinvoer bevoordeel nie net die veevoerbedryf nie, maar die hele graan- en oliesadewaardeketting. Die pluimveemeesterplan is vol-gens hom die voorloper tot…

2 min
vere reggeskud vir oorlog oor invoer

DIE slagordes is opgestel vir wat beloof om ’n warm woorde-oorlog oor hoendervleisinvoer te wees. Die teenstortingsbeweging FairPlay voer sedert Oktober 2016 ’n kommunikasieveldtog teen die storting en roofsugtige invoer van veral hoendervleis, maar ook suiker, en het onder meer die steun van regter Richard Goldstone as sy beskermheer. Nou is ’n forum genaamd ChickenFacts begin wat sê hy wil ’n teenvoeter wees vir “jare se vals inligting en onwaarhede wat Suid-Afrikaanse verbruikers, kleinhandelaars en reguleerders verwar”. Die forum sê Suid-Afrika het “’n geskiedenis van handelsproteksionisme en buitensporige invoertariewe” wat spanning met sy internasionale handelsvennote skep. As Suid-Afrikaanse produsente hul kapasiteit en doeltreffendheid kan uitbrei en hoendervleis kan uitvoer, sal plaaslike produsente volgens die forum meer werkgeleenthede vir Suid-Afrikaners kan skep. Dit sal ook meer werkgeleenthede in die invoer-uitvoer-sektor skep. Op Twitter het ChickenFacts, in…

2 min
waarheen met al die wyn?

DAAR is waarskynlik ’n surplus van 250 miljoen liter wyn tot 300 miljoen liter wyn in Suid-Afrikaanse kelders. Verkope van Suid-Afrikaanse wyn op die plaaslike en buitelandse mark het vanjaar reeds met 7,4% gedaal weens die verbod op drankverkope ingevolge inperkingsregulasies. Die wynbedryf begin oor sowat vier maande weer pars, en daar is groot vraagtekens oor waarheen dié wyn moet gaan en die invloed op die wynprys. “Wit- en rooiwynpryse is nog redelik op dieselfde vlakke as voor die inperking, maar pryse neem gewoonlik langer om na die mark oor te spoel. Die handel bespreek tans kontrakte met boere en beding pryse. Ek vermoed ons gaan oor die volgende ses maande ’n ander prentjie sien,” het me. Yvette van der Merwe, uitvoerende bestuurder van Sawis (die Suid-Afrikaanse Wynbedryfen Inligtingstelsels) op Vinpro se…