TUTKIKIRJASTO
Matkustus ja ulkoilu
Landbouweekblad

Landbouweekblad 8/13/2020

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Jakeluväli:
Weekly
Lue lisää
OSTA IRTONUMERO
1,25 €(sis. verot)
TILAA
47,20 €(sis. verot)
50 Numerot

tässä numerossa

2 min
syfers

4,2% Die prys van kos en alkoholvrye drankies het in Junie die grootste bydrae tot die verbruikersprys-inflasie (VPI) gelewer, en was op ’n jaargrondslag 4,2% hoër. Behuising en nutsdienste was op ’n jaargrondslag 4% hoër; vervoer was 5,9% laer, en algemene goedere en dienste het met 6,1% toegeneem. Die verbruikersprysindeks vir Junie was 2,2%, teenoor 2,1% in Mei. In Noordwes en Gauteng was die jaarlikse VPI 1,9%, en in die Wes­Kaap was dit 2,8%. – Statistieke SA 6 jaar ’n Verdagte in die verkragting en moord van me. Christine Robinson op haar plaas in Northam, is op 30 Julie, presies ses jaar ná haar dood, in Johannesburg aangekeer. Die man is met forensiese bewyse geïdentifiseer ná haar lyk op 31 Julie 2014 gevind is, en is danksy inligting wat aan die polisie gegee…

3 min
dié week in die landbou

AARTJIENASYVAARTJIE Die Boranbul Circle H Ndlovo (voor) van Hurwitz Farming is tydens die boerdery se produksieveiling op 1 Augustus by die Bull Ring-veilingskompleks naby Davel in Mpumalanga vir R900 000 opgeveil. Ndlovo is die seun van die Boranbul Olifant, wat tydens die eerste Hurwitz Farmingproduksieveiling in 2015 vir R320 000 verkoop is. Die Sterkfontein Boranstoetery op Krugersdorp het die bul gekoop, asook die vers Circle H Jasmin vir R280 000, en twaalf semenstrooitjies van die bul Circle H Picasso vir ’n nuwe rasrekordprys van R8 500 per strooitjie. HOË AMBISIE ’n Paar weke nadat Country Bird Holdings (CBH) ’n belang van 30,81% in Quantum Foods bekom het, eis hy nou dat Quantum ’n aandeelhouersvergadering hou. Op só ’n vergadering wil CBH voorstel dat ’n verteenwoordiger van CBH tot die Quantum-direksie verkies word, luidens…

1 min
in ’n blik

KOSTERGROEP WORD 50! Die Koster-studiegroep is vanjaar ’n halfeeu oud, en om die geleentheid te vier het lede stropers, vragmotors en tapkarre geskenk om die groep se plaas van 140 ha in een dag af te stroop. Die doelwit was om sowat 1 000 ton mielies af te stroop en in 40 vragte af te lewer. Die geld wat hieruit gegenereer word, sal gebruik word om die studiegroep se plaas, wat tans gehuur word, aan te koop. Die groep het 23 primêre boerelede en 25 bykomende lede, soos landboumaatskappye en primêre lede se seuns. Hulle bestudeer onder meer die prestasie van verskillende mielie-aanplantings, kunsmispeile, plantdigthede en saadkultivars. Uiteindelik is daar nagenoeg 958 ton mielies gestroop, waarvan 41,57 ton geel- en 916,97 ton witmielies, teen ’n gemiddelde van 6,8 ton/ha oor…

1 min
die ander sê

VETSUG en ander dieetverwante siektes soos tipe 2-diabetes is groot gesondheidskwessies in Suid-Afrika, maar talle in die voedselbedryf is gekant teen stappe wat wêreldwyd aanbeveel word om dit aan te pak, soos perke op die bemarking van gemorskos aan kinders en verbeterde etikettering. Drie navorsers het die strategieë bestudeer wat die voedsel- en koeldrankbedryf gebruik om openbare gesondheidsbeleid te beïnvloed, onder meer die bou van noue verhoudings met staatsdepartemente, beïnvloeding van wetenskaplike navorsing en die borg van gemeenskapsbyeenkomste. In ’n studie van 10 groot voedsel- en bedryfsbelanghebbendes se politieke strategieë in 2018 en 2019 is 107 voorbeelde gevind van bedryfspraktyke gemik daarop om gesondheidsbeleid in hul rigting te swaai. Dié strategieë herinner aan die taktiek wat tabakmaatskappye wêreldwyd gebruik om gesondheidsaanbevelings teen te gaan. Daar was ’n aantal hoëprofiel-vennootskappe tussen maatskappye en sommige…

1 min
het jy gehoor?

‘Jou binneste ruk uit mekaar.’ ME. ELMARIE LEE, ’n boervrou van Tlakgameng, oor haar reaksie toe ’n groep voornemende grondbesetters haar en haar man in hul kinders se teenwoordigheid met die dood gedreig het. Bl. 24 ‘Daardie grond is nou verlore vir habitat- en wildbewaring.’ MNR. FRED CAMPHOR, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging, oor wildboere wat weens die verwarring rondom jag onder Covid-19-inperkings hul wildplase vir ander boerderybedrywighede gaan oorskakel. Bl. 18 ‘In alle provinsies is die personeel van die polisie se veediefstaleenhede blootgestel aan die koronavirus en is sekere eenhede in geheel gesluit.’ MNR. WILLIE CLACK, voorsitter van die nasionale veediefstalforum, oor die toename in veediefstal sedert Covid-19-verwante inperkings begin het. Bl. 15 ‘Sodra die rederye besef dit is weer winsgewend, en hul skepe nie lank hoef te wag nie, sal hulle terugkeer.’ MNR.…

3 min
’n bietjie skaafwerk

Hoe slaap ’n mens as jy Covid-19-hulpgeld geplunder het? Heel maklik, wil dit voorkom. Daar is immers reeds op die droogtehulpgeld geoefen, of hoe? Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het in die parlement beweer daar is R6,3 miljard aan droogteverligting bestee. Regtig? Met so ’n aardige bedrag sou jy nogal ver gekom het om plattelandse gemeenskappe by te staan, maar ’n paar oproepe na boere bevestig die teenoorgestelde. Wit boere is ligtelik geamuseerd dat iemand werklik dink die staat sou hulle help. Swart en bruin boere is net kwaad. Kom ons wees dus maar eerlik — net soos met die Covid-hulpverligting is baie van die droogtehulpgeld eenvoudig verkwis. Dit wat nie gesteel is nie, is só swak aangewend dat dit min of byna geen impak gehad het.…