TUTKIKIRJASTO
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Matkustus ja ulkoilu
Weg! PlattelandWeg! Platteland

Weg! Platteland

Herfs 2019

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
OSTA IRTONUMERO
3,77 €(Incl. tax)
TILAA
14,12 €(Incl. tax)
4 Numerot

TÄSSÄ NUMEROSSA

access_time2 min.
die begin van’n nuwe era

Daar’s ’n pragtige simboliek aan die feit dat ons net mooi mondig was toe ’n nuwe bedeling vir Platteland aanbreek. Media24, eienaar van die titel, het ons naamlik genoeg vertrou om van hierdie uitgawe af, die 22ste een in jou versameling, die tydskrif onafhanklik te produseer.Wat beteken dit vir die leser? Nie veel nie, ons weet. Maar vir ons werk dinge nou heelwat anders. Ons hoef nooit meer in die Kaap op kantoor te wees nie en die tydskrif se hoofkantoor skuif Koringberg toe. Volledig plattelands, soos dit hoort.(FOTO DONNA LEWIS)Die tegnologie is gewoon verstommend: Hier sit ons op ’n piepklein dorpie in die Swartland, terwyl Sean, ons kunshoof, die man wat die boek so mooi ontwerp, in sy kantoor in die Kaapse Waterfront sit en werk, en ons twee…

access_time5 min.
vertel ons

wenbriefOns móét gehoor wordDit is interessant om te sien hoe sommige mense dadelik beswaar maak wanneer hulle aan ons nare verlede herinner word. Hoe die feite van ons geskiedenis en die onmenslike behandeling van ons medemens ons kriewelrig maak en op die agtervoet plaas.Ons Afrikanernasie het gely onder die Britte. Ons het ’n monument opgerig ter ere van die vroue en kinders wat omgekom het. Ons luister na hulle stories en onthou hulle.Die Jode is deur die Duitsers gemartel en vermoor. Ons het monumente gebou, na hulle stories geluister en hulle onthou.Maar die verhale van ons mede-Suid-Afrikaners wil ons liefs nie hoor nie omdat ons deur ons herkoms geïmpliseer word.Ivor Price het in die Winter 2018-uitgawe ’n hartroerende verhaal gedeel (“Die spook sweef saam die toekoms in”). As dit ons…

access_time1 min.
brood, kaas en sout!

FINALE DATUMS IN DIE WINTER-UITGAWE!Marcelle BothaAnnelien PienaarSommer van vroeg in die nuwe jaar al het die navrae begin instroom: Watter werksessies hou Platteland vanjaar? Kom julle weer noorde toe? Wanneer kom julle ’n slag Oos-Kaap toe? Het julle al datums?Die goeie nuus is dat ons inderdaad later vanjaar weer met ons werksessies begin. En ja, ons het weer ons staatmakers, Annelien Pienaar van Hartbeespoort en Marcelle Botha van Bloemfontein, aan boord. Dit beteken ons mik Kaap toe, Hartbeespoort toe en Bloemfontein toe. (Ons gewaardeerde lesers in ander dele van die land moenie dink ons het van hulle vergeet nie; ons werk aan ’n plan of wat om ook elders uit te kom. Hou hierdie spasie dop…)As Annelien en Marcelle aan boord is, beteken dit ons praat weer broodsake. Ons hier…

access_time13 min.
nuus & dagboek

Het jy geweet?In Afrika word olifantmis al eeue lank as ’n tee gebrou én dit word in tradisionele medisyne gebruik om met enigiets van hoofpyne tot verstopte sinusse klaar te speel.Daar’s ’n wát in my drankie?!Ons weet dit klink soos ’n wolhaarstorie (of ’n meer skatologiese weergawe van die sprokie oor Repelsteeltjie wat goud uit strooi gespin het), maar hierdie is die heilige waarheid: Ibhu se nuwe Indlovu-jenewer word twéé keer gegeur met “botaniese reste” (lees: olifantmis) wat deur kieskeurige olifante “uitgesoek”, gevreet, halfpad verteer en toe uitgeskei is. (Indlovu is in verskeie Afrikatale die woord vir “olifant”.)En vir almal wat meen dit klink net te grillerig vir woorde, het ons 5 brokkies goeie nuus wat jou hopelik tot ander insigte sal bring:1 Platteland het op Kersdag aan huis van…

access_time4 min.
tyd vir boekevat

Bord deur Marlene van der WesthuizenMinstens een bord goeie kos per dag – sonder voor-of nagereg en allerlei fieterjasies – is die een ding waarna ons almal smag. Met Marlene van der Westhuizen se nuutste kookboek byderhand, lieflik in hardeband uitgegee met beeldskone foto’s deur Robbert Koene, kan jy seker maak dié tuisgekookte maaltyd is heerlik én heilsaam – of jy dit net vir jou gesin maak of vriende of familie oornooi vir ete. Bord is in drie hoofstukke – Vleis, Pluimvee en Seekos – opgedeel en bevat slegs resepte vir hoofgeregte, wat wissel van klassieke gunstelinge tot moderne geregte wat invloede van reg oor die wêreld inkorporeer. Volgens die uitgewer is dit ’n puik geskenk vir huisinwydingspartjies of groentjies in die kombuis, maar selfs ervare huiskokke sal hier inspirasie…

access_time6 min.
die werklikheid van moord

Ons het drie jaar permanent op die dorp gewoon toe Platteland in die Somer van 2013 gebore is. Maar dit was al agt jaar tevore, in die winter van 2005, dat ons paaie met Koringberg s’n gekruis het. Kom ons noem dit “liefde met die eerste oogopslag”, al moes ons al ’n keer of wat hoor dié ou miserabele plekkie kan gerus maar soos mis voor die son verdwyn. (In die jare tagtig het die gehuggie inderdaad byna leeggeloop – dit het só beroerd gegaan dat die dorp die voorblad van Die Burger gehaal het: Die NG kerk het, in ’n poging om die plek te red, erwe vir R10 beskikbaar gestel. Ja, jy het reg gelees: ’n volle tien rand, op voorwaarde dat jy binne twee jaar ’n huis…

help