TUTKIKIRJASTO
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Matkustus ja ulkoilu
Weg!Weg!

Weg! September 2018

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
OSTA IRTONUMERO
3,73 €(Incl. tax)
TILAA
42,01 €(Incl. tax)
12 Numerot

TÄSSÄ NUMEROSSA

access_time2 min.
reisverhale

Ek sonder nie gewoonlik een Weg- storie bo ’n ander uit nie… Dis omdat ’n mens bak wanneer jy ’n goeie tydskrif skep – jy kook nie. Wanneer jy kook, kan jy ’n klomp bestanddele bymekaargooi sonder om noodwendig ’n resep te volg. ’n Bietjie hiervan, ’n tikkie daarvan. Jy proe, jy voeg by, jy laat prut dit ’n bietjie langer en jy meet nie juis iets af nie. As jou instinkte reg is, is wat jy ook al gekook het, hopelik lekker wanneer jy opskep. En as dit nie lekker smaak nie, gooi jy sout of tamatiesous of Mrs Balls by om die smaak te verdoesel as jy die kluts effe kwyt geraak het.Maar met bak kan jy nie sulke kanse vat nie. Jou resep moet beproef wees.…

access_time2 min.
die mense langs die pad

Een van die beste dinge daarvan om ’n reisjoernalis te wees is die mense wat jy op jou pad ontmoet. Dis altyd lekker om nuwe mense te ontmoet, en party van hulle laat ’n blywende indruk. Jy’t begroot om net ’n kwartier te gesels, want jy moet tien ander dinge doen, maar as jy jou weer kom kry, is dit ure later en julle gesels steeds! Christo Knox was so ’n mens: vriendelik, geesdriftig oor die lewe en ’n mense-mens. Hy het opgewonde vertel oor sy grootwordjare in die wildtuin, die troues en gesellighede wat hulle in die bosveldkamp hou en die olifante, leeus en luiperds wat gaste sien. Terug op kantoor het ek per e-pos vir hom nog ’n paar vrae gestuur. Ek was…

access_time1 min.
gesels met ons

Skryf aan redakteur@weg.co.za  of Weg, Posbus 740, Kaapstad 8000. Jy ken al die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee asseblief jou voornaam, van én tuisdorp. Weg behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. ■…

access_time1 min.
skryf aan ons en wen!

Lynette wen ’n stel Zartek ZA-748-tweerigtingradio’s met ’n voertuigantennastel ter waarde van R2 900. Die duursame ZA-748 het uitstekende klank en reikwydte. Dis klein en kan pas op ’n gordel of in jou broeksak. Elke antennastel sluit ’n magnetiese antennastaander in wat sorg vir beter opvangs tussen voertuie, ’n luidsprekermikrofoon vir maklike kommunikasie, en ’n motorprop om mee te laai. ■…

access_time9 min.
vooraf

Baklei tot die einde! Ons het by die Tierkop-watergat langs die laer duinepad in die Kgalagadi-oorgrenspark gesit. Twee sekretarisvoëls het ’n entjie weg in die gras middagete gesoek. Skielik spring die een met ’n boog deur die lug, sy pote kap en hy pik vir ’n vale – dis net ’n gefladder van vlerke waar jy kyk! Met die gespook vang die sekretarisvoël ’n slang van 1,5 m, wat lyk soos ‘n Kaapse kobra... naderhand word die slang kop eerste ingesluk. Die slang het nog lewe in hom, en die stert wriemel aanhoudend asof hy aan iets wil anker. Met nog so halwe meter oor, kry die slang sy stert om die sekretarisvoël se nek gedraai. Toe begin die geveg weer met mening. Met…

access_time3 min.
v&a

TONY JAMES van Johannesburg vra: Ons het dié reuse-insek gewaar by die Mabula Game Lodge naby Bela-Bela. Ek het nog nooit so ’n groot stokinsek gesien nie – is dit normaal? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dis die reusestokinsek ( Bactrododema tiaratum ). Die wyfies kan byna so lank soos ’n liniaal word! Die mannetjies is in die algemeen net die helfte so lank. Hulle is van die meer oortuigende stok- en taknabootsers – die lyf is donkerbruin en -grys met ’n growwe basagtige tekstuur en hulle het twee spitse bo-op die kop. Die spesie swaai ritmies vorentoe en agtertoe as hulle gesteur word. Hulle kom eintlik wyd voor in die warmer dele van Suid-Afrika, maar word natuurlik dikwels misgekyk.…

help